met ‘n ander se kalwers ploeg…

Terwyl Seegogga so lekker kerjakker in Holland, hou ons lot hier by die huis die fort, net soos wat ander weer die fort hou as ek kerjakker! Sy vra my toe om in haar plek die “voorgesette onderwys” waarby sy betrokke is, waar te neem. Ek kon nie al haar klasse waarneem nie, maar wel op ‘n Donderdag die Afrikaans en EBW. Die Afrikaanse klas moet ‘n koerant maak. (Besef sy dat ek nie eers koerant lees nie? Wat weet ek van ‘n koerant af?) EBW is een van die vakke wat ek, uit die aard van my opleiding, behoort te kan gee…. maar….  ‘n sakeplan? Watse ding is dit???

‘n Deel van die opdrag is dat hulle elkeen ‘n koerantberig moet skryf, wat hulle vandag saamgebring het. Hulle het toestemming gegee om hul foto asook hulle beriggies te publiseer.  Ek is nie seker of dit kwalifiseer vir ‘n koerantberig nie, daaroor moet Seegogga besluit, maar die insig wat hulle getoon het, het my diep geraak.

So lyk Jacobus Jaers (heel links) se berig:

Hendrik Abrahams:

Kosbaar, né? Die dame het net so mooi geskryf, maar sy wil nog eers ‘n bietjie skaaf.

Dankie, Seegogga dat ek so ‘n bietjie met jou kalwers kon ploeg!

Mnr Nel het by my skrywe van gister so ‘n mooi kommentaar geskryf, maar onder andere skryf hy: “As ek soms deur die dale van die skaduwee gaan dan kies ek gewoonlik ‘n kind in my skool wat sukkel. Ek sit saam met hom vir twee dae, elke pouse. Ek werk vir hom ‘n studierooster uit en dan kyk ek met watter afdeling van ‘n leerarea hy/sy sukkel en dan teach ek dit. Die resulterende punte en glilag en aha oomblikke glo ek is meer werd as ‘n houtkruis vir dracula en ‘n muis vir ‘n olifant as ‘n teengif vir die laaglande. ” Net so, Mnr Nel, Net So!!

Toorts

 

11 thoughts on “met ‘n ander se kalwers ploeg…

  1. Ek lees ook nie koerant nie. Die beriggiess het my egter ‘n n knop in die keel gegee,… wonder hoeveel volbloed koerantberigte dit sal regkry.

    Like

    1. Alle eer aan Seegogga wat dit haar werk maak, om dit die hele jaar te doen. My geduld was sommer op toe die persoon wie laas week nie eers daar was nie, vra oor die goed wat hy nou nie laas week geleer het nie, en toe ek daaroor praat, sy selfoon lui en hy kliphard op die foon begin praat. So, ek is nie SO heilig nie!! (oeps)

      Like

    1. My man is ook daaraan verslaaf. Dit bewys ek kan met sulke mense saamleef!! 🙂 Dankie tog dat hy verslaaf is daaraan, toe het ek ‘n klomp koerante gehad om saam te neem klas toe!

      Like

  2. Jacobus Jaars se skrywe is baie treffend.Dit laat ‘n mens net besef,hoe dankbaar ons elke dag moet wees,en die genade wat ons elke dag ontvang.Dit laat my ook dink aan die jare toe ek my op leiding in die Vloot gehad het,waar ek elke dag saam met bruinmense gewerk het en die manier van hoe hulle dinge gedoen het en dinge gese het.Hulle het ‘n humor wat jy net by hulle kry.Dit was kosbare tye gewees.
    Groetnis.

    Like

  3. Ag, Liewe Toortsie, ek was nou ‘n hele paar dae nie naby ‘n rekenaar nie, en nou ook net skrams. Dankie, dankie dankie vir jou harde werk en dat jy hulle so geinspireer het!Jacobus Jaars se ingesteldheid is ‘n voorbeeld vir ons almal.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s