Xena raak ‘n baie teer puntjie aan in haar skrywe oor onderdanigheid. Jy kan dit gerus lees, want sy raak baie goeie punte aan waarmee ek volmondig saamstem.
Sy haal die baie gewilde teksvers aan wat ook, dink ek, by my troue gelees is. Ef 5:22. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.”Die Boodskap stel dit so: “Laat ek eers met die vroue praat. Jy moet die leiding van jou man aanvaar soos ons die leiding van die Here aanvaar.”
Soms kom die krieweling in my eie hart en wil ek skop teen hierdie opdrag. My skoonpa het die standpunt gehad dat die man “die baas in die huis is”, tot ek hom eendag prontuit gesê het: “Pa, ek is net so goed soos my man gekwalifiseer, indien nie beter nie. ‘n Deel van die grond waarop ons boer, is myne. Ek is ‘n volle vennoot in ons besigheid. As ek ‘n baas wou hê, sou ek gaan werk het. Dan het ek immers ‘n salaris ontvang.” Skoonpa het nie geantwoord nie.
Wel, hierdie versie staan beslis in die Bybel, maar ook hierdie een: Ef 5:25: “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.”
As ons als stroop, alle redenasies hieroor, is die feit van die saak dat mans floreer op eer, terwyl vrouens liefde soek. Ja, ons vrouens soek ook eer, en die mans ook liefde, maar as ons diep diep diep kyk, is dit regtig so.
Ekself kan getuig dat dit in my huwelik begin beter gaan het toe ek ophou kompeteer het met my man, hom begin eer en komplimenteer het. Ja, soms het ek gevoel: “Waar is die eer wat MY toekom?”… Maar met tyd en baie vasbyt, het die eer en die liefde begin kom! 🙂
Wat dan van mý opleiding? Wat van mý kwalifikasies? Wel… Ek hét mos gekies om voltyds vrou en ma te wees, en net soms die voorreg te hê om my in my rigting uit te leef. Maar… in plaas daarvan om in “onderdanigheid” die vloerlap te word, het ek aangehou om myself te ontwikkel, en my kennis gebruik om my man op te bou, te eer, sy arms hoog te hou, ook hom te help ontwikkel, soveel dat dit nie vir my moeilik is om hom die eer te gee nie! In die proses het ons altwee gegroei. Ons huwelik het ook gegroei. Ons geluk het gegroei.
Of dit aldag maklik is? 😉
Ja, dit is maar ‘n moeilike vers. Maar dit staan in die Bybel. Beslis nie sonder rede nie!
Terloops, die oumense het gesê: “As jy soos ‘n koningin behandel wil word, hou die kroon op jou man se kop.” Hoe voel julle daaroor?
Die man is die Beskermer van die huis, die vrou die Versorger. Man = hunter, vrou gatherer; a la Tim Plewman in Defending the Caveman.
Dit is so, dat as jy jou man se ego streel, dit hom baie goed voel. Selle anderkant om. Ons vrouens kry net nie altyd die erkenning en bewondering wat ons toekom nie. Dis nou maar ‘n feit soos ‘n koei.
En partykeer word hierdie koei so ‘n bietjie gatvol daarvoor.
LikeLike
Ons moet ons manne maar leer om ons te bewonder, lief te hê. Want die voorbeeld wat hulle gehad het was dalk nie so eervol nie.
Stem saam met jou hele opmerking, veral die laaste sin!! 😉
LikeLike
Ek het net gister die pragtigste preek geluister oor die “agt koei vrou,” Insiggewend.
LikeLike
jy sal MOET vertel!
LikeLike
Laat ek dink…… 🙄
LikeLike
Ek dink dit het baie met respek te doen… grinnik… en soms een van die partye ‘n figuurlike gatskop nodig.
LikeLike
🙂
LikeLike
Jy deel ongelooflike insig hier Toortsie, ek kon nie meer met jou saam stem nie!
LikeLike
Dankie Reinhardt
LikeLike
Toortsie, ek het nou weer die stuk gaan sit en lees… jy raak soveel waarhede aan. Baie goed geskryf vrou.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ek het eendag die vergelyking gehoor. God het die vrou nie uit Adam se kopbeen geskep nie. Sy kan dus nie op sy kop sit nie. Netso het hy haar nie uit die voetbeen geskep nie. Sy moet dus nie op getrap word nie. Hy het haar uit die ribbebeen geskep. Om die man se maat te wees.
Ek het vriendinne wat die onderdanigheid storie ernstig opneem en ander wat vennote in die huwelik is. Die eers genoemdes wil my laat kots. Die ander laat my dink dat dit tog die moeite werd kan wees.
LikeLike
Ek kies ook die tweede groep. EN DAN IS DIT DIE MOEITE WERD!
LikeLike
Toortsie – kort jou opinie – goeie vriende van ons is 11 jaar getroud, en gister het hy uitgetrek … ons het niks sien kom nie, ek meen almal het maar hulle verskille. dink jy as iemand uittrek is dit noodwendig die einde? dit kan mens seker of ‘n nuwe perspektief gee of die gaping net nog groter maak. sulke goed laat my my huwelik baie meer waardeer!
LikeLike
Oeeee ek hou nie van ‘n huwelik wat nie wil werk nie!! Seker omdat ek my lewe lank so moes veg vir my eie huwelik! Nee jong, ek kan jou nie antwoord nie. Ek wens net altyd die mense wil vir hulp gaan. Dit voel vir my dat baie huwelike tog gered kon word as hulle net ‘n bietjie met iemand gesels. Alle huwelike kan seker maar nie gered word nie. ‘n Familielid van my het ook in die jaar “uitgetrek”. Toe begin hy naweke by haar “kuier”… as ek dinge so bekyk lyk dit my hulle is weer bymekaar! So, mens weet nooit. Maar ek sal veg en veg en aanhou veg VIR die huwelik.
LikeLike
Ja, is van twee meninge – aan die een kant lewe mens net een keer, en dis beter om die sprong te maak om nie meer ongelukkig te wees en heeltyd te baklei nie – soos jy sê, nie alle huwelike kan gered word nie. Maar ek sal ook eerder veg daarvoor, niemand is perfek nie. Hulle is eintlik ook baie verskillend, en hoe hulle groot geword het is so verskillend. Dink haar man is helaas heeltemal te hardekop en eiewys om met iemand te praat. Maar wie weet, dalk (daai gevreesde woord ;), vind hy dis die moeite werd. Gelukkig het hulle nie kinders wat die saak nog ongemakliker gaan maak nie.
Hoop sy uittrek neem die verloop van jou familielid s’n!
LikeLike
Ek dink maar net dat baie van ons dalk in die hitte van die styd dinge sê wat anders uitkom, of meer steek in het. En as ons afgekoel het, weet ons dalk nie hoe om net eerste weer die hand van vriendskap uit te reik nie. Dan wag albei vir die ander een en dan is dit op die ou end dalk makliker om sommer net te tjaila. Of dink ek verkeerd?
LikeLike
O ja, ek dink jy’s heeltemal in die kol met daai een. Mens se trots is soms moeilik om te sluk, en om om verskoning te vra. Sy werk is baie stresvol op die oomblik en hulle is nie gewoond om mekaar onder sulke omstandighede te ondersteun nie. Dit maak natuurlik die wêreld se verskil. In elk geval, ek sal later laat weet wat toe gebeur het … Dankie vir die gesels!
LikeLike
Ek het ‘n onnatuurlike belangstelling in huwelike en die sukses daarvan. So, al ken ek nie die mense nie, sal ek graag wil hoor wat gebeur het.
LikeLike