Die agt koei vrou

In die kort fliek Johnny Lingo (1969,) speel Johnny ‘n Polenesiese handelaar wat na ‘n eiland toe kom om vir ‘n vrou te onderhandel.  Mahana, nors, lelik en onbegeerlik; word deur die plaaslike mense, asook haar eie pa na min waarde geskat.  Die onderhandeling gaan begin; vroue van die eiland staan daar rond en spog onder mekaar hoeveel koeie hulle mans vir elkeen van hulle betaal het.  Hulle slotsom is dat Mahana se pa gelukkig sal wees as hy een koei vir haar kan kry.

Die adviseur raai haar pa aan om die openingsprys drie koeie te maak, sodat hy ten minste een koei kan kry wanneer die prys afgebring word.  Die onderhandeling begin, en Moki (Mahana se pa,) begin dan ook die onderhandeling met drie koeie.  Die eilanders lag spottend en wag vir Lingo om sy teenoffer te maak.  Lingo, bedink die saak en sê dan dat drie koeie baie is…. “maar nie genoeg vir my Mahana nie!”  Dan maak hy die ongehoorde offer van agt koeie vir haar hand.  Die volgende dag bring Johnny die koeie, en hy en Mahana vertrek op ‘n handelsreis.  Met hulle terugkeer na die eiland is Mahana tot groot verbasing van almal, ‘n pragtige gelukkige vrou.  Mahana se pa beskuldig Johnny dat hy hom verkul het deur net agt koeie vir ‘n vrou wat minsters tien koeie werd is, te betaal.

‘n Prediker het die storie geneem en sommer so ‘n klompie vrae rondom dit begin vra.  “Hoe praat jy met jou huweliksmaat… hoe sien jy hom/haar; as ‘n agt koei of ‘n een koei mens?  Mense is geneig om te steig of te daal na die waarde wat jy aan hulle heg.  “Wil jy ‘n agt koei huweliksmaat hê?  Praat dan agt koei taal.”

En dan hierdie baie belangrike vraag.  “Praat jy agt koei of een koei taal oor jouself.?  Laat jy toe dat mense van jou ‘n een koei mens maak, en ook so behandel omdat jy jouself nie na waarde skat nie?  Onthou vir God is jy ongelooflik kosbaar; Jesus het agt koei taal met almal wie sy pad gekruis het gepraat.  Laat ons dan nie onsself en ander minderwaardig ag nie.

11 thoughts on “Die agt koei vrou

  1. Ek sal 10 koeie betaal vir die mense in my lewe, hulel is daar omdat ek hulle daar wil hê.
    Partykeer voel mens maar soos ‘n 1/2’e koei, ander kere soos 5, soms soos 20.

    Like

    1. Baie waar Butternut…. party mense laat mens soos ‘n 20 koei vrou voel… en party!!! So bly God sien ons altyd as ontsaglik kosbaar 😉

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s