mondeling

Mense! Ek kan nie sit en blogs lees en skryf nie! Ek vlieg Vrydag oor die water, maar voor dan moet ek nog eers die sewe bergies van die sewe dwergies oor!!

Maar Annemarie Coetser en haar boererate het nou weer my kop aan die gang gesit. Oor mondeling! Ai tog, hierdie mondeling wat ons altyd moes praat! Ons moes een keer ‘n “dialoog” doen oor enige onderwerp. Ek en ‘n vriendin kies toe “boererate”, want daar was ‘n hele boekie daaroor by ‘n huisgenoot ingesluit. Dit was net een gegiggel, ek kan nie dink dat ons enigsins kon punte kry nie!

Een keer moes ons iets demonstreer. Ek was van die eerste in die klas wat moes praat en besluit om “batik” te demonstreer. Die hele naweek “batik” ek toe en kom vertel vir die klas hoe dit werk. Daarná het die kinders met die wonderlikste goed vorendag gekom, en my tuisgemaakte batik het maar swak afgesteek. Een keer het die juffrou se punte-boekie oopgelê en toe loer ek daarin! 🙄  En ek sien dat sy my punte verminder het!! 😯

Van die Huisgenoot gepraat. Dit was die bron van almal se mondelinge. Niemand het nodig om die tydskrif te koop nie, jy moes net mondeling luister. Ek wou vertel van ‘n keer wat ek oor Gesinsmoorde moes praat, maar ontdek toe dat ek dit alreeds vertel het.

Dis nie net ‘n batik wat ek al voorberei het vir mondeling nie! Lees bietjie wat ek met ‘n bobbejaan gedoen het! Nou wonder ek net… hoekom was ek dan so moedeloos as my kinders met GROOT PLANNE vorendag gekom het?

Waaroor het julle mondeling gepraat?

Advertisements

13 thoughts on “mondeling

  1. Toe loop haal jy sowaar die bobbejaan agter die berg 😆 Ek lief, lief, lief skool take, speaches, etc. Jy kan jou verbeelding vrye teuels gee, en dan nog “creative,” ook wees. Jy kan my in ‘n wip met ‘n taak of mondelingse praatjie vang… net solank ek nie self die praatwerk moet doen nie, net die voorbereiding. 😯

    Like

  2. Hoe lekker lag ek vir jou mondelingstories. En toe leer jy my sommer ook iets van ‘n ping. Dis die eerste keer wat ek dit teekom.

    Ons het nooit mondeling op skool gehad nie, maar my kinders het wel. Ek onthou nog hoe lekker ons gelag het toe ons my een dogter eendag gehelp het met haar mondeling. Sy sou kastig rugby uitsaai en dan allerhande spreekwoorde gebruik. Lekker dae …

    Like

  3. Oor mondeling op skool kan ek boeke skryf.Ek het veral nie van engelse mondelings gehou nie.Ek onthou hierdie geval baie goed,toe ek in standerd 6 kom,toe die engelse juffrou eendag vir ons ‘n storie lees, en ons meedeel dat ons hierdie storie terug moet vertel.Sy het toe die klas lys voor haar en sy maak haar oe toe en druk dan op enige naam,en as dit jou naam is,moet jy vertel.Die name om my naam is gekies.Gelukkig het die klok my gered wat aandui die periode is verby.Dit was vir my ‘n groot verligting gewees.Ons het afrikaans groot geword,en my engels was maar swak gewees.Dit was in die jare voor televisie gewees.Ek het wel engelse vriende gehad,maar ons het afrikaans met hulle gepraat.
    In standerd 7 sit ek en ‘n maat toe heelagter in die afrikaanse klas en die juffrou vra toe op ‘n stadium ‘n vraag vir my maat.In so ‘n geval kyk almal gewoonlik agtertoe.My maat besluit toe om ook agtertoe te kyk.Die klas begin toe te lag,want my maat kyk toe agter teen die muur vas.Die juffrou het natuurlik nie gedink,dit is snaaks nie.Enige skool stories is ook vir my baie interessant.
    Groetnis.

    Like

    1. Toortsie sit oor die groot water, en sal sekerlik kom kommentaar lewer wanneer sy terug is. Mag ek intussen so ‘n ietsie kwytraak. Ek en jy het basies dieselfde gevoel oor die speaches en Engels. Al waarin ek “uitgeblink,” (as ek so voorbarig mag wees,) is om gedigte voor te dra. Die klas en juffrou het verdwyn en dit was net ek en die passie vir hierdie mooi woorde. 😯

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s