As jy anoniem kon skryf…

Maankind vra…. as jy anoniem kon skryf, wat sou jy skryf?

Vandag staan my kop stil. Kan nou nie dink nie. Son het ‘n hele paar goed genoem wat ek ook dalk sou wou noem. Soos..

Wanneer het dit ‘n reël geword dat ‘n mens vir ‘n padvark moet toegee wat jou van agter af probeer boelie om af te trek sodat hy/sy ons almal se lewens in gevaar moet stel, net om voort te jaag? En as jy eers afgetrek het, kom hulle in ‘n stroom verby, ongeag of daar dalk ‘n stadige voertuig voor jou is en jy op die ou end amper moet stil staan sodat die selfsugtige vinnige lot moet verby kom?  Die ergste is… gewoonlik as jy so geboelie word, is dit nie ‘n geval dat jy ook reeds stadig ry nie, gewoonlik ry jy heel vinnig!

En van die geel streep gepraat. Sommige van die “aftrekkers”  maak my mal! Want hulle trek af teen ‘n bult waar jy nie kan sien wat aankom nie, of daar waar daar reeds ‘n klomp karre van voor af kom op jou baan. Die “aftrekker” ry al hoe stadiger en, in die poging om jou te help, blok hulle die verkeer net meer!

Daar noem ek toe wel iets! Wat ek eintlik wou sê, was dat toe ek begin blog het, het ek gedink dis die ideale plek om te gesels met wie ook al lus het om met jou te gesels. Dat jy onderwerpe kan aanpak wat jy nie noodwendig in ‘n geselskap sal doen nie, bloot omdat die persoon die wit kruisie in die rooi blokkie regs bo kan kliek as ek op sy senuwees werk.  Dit is beslis so, maar ek het gou geleer dat daar onderwerpe is waaroor jy minder maklik skryf. Soos:

AFRIKAANS! Ek het nooit besef wat ‘n vuurwarm onderwerp dit is nie! En dat mense verskriklik sensitief en kwaai is oor hulle taal nie. Ekself is een dag behoorlik ingevlieg omdat ek durf waag om opgewonde te wees oor afrikaanse blogs!

SEKSUELE ORIëNTASIE. Dis die een onderwerp wat ‘n mens nie eers met ‘n tang aanpak nie. Daar is vrae wat ek in my kop het oor gay-wees, oor hoe gay’s dink, omdat ek regtig daaroor wonder, maar ek is SO BANG om dit ENIGSINS te opper!! Anoniem of nie!!

Ek het GEEN respek, geduld, simpatie….. met verneukers nie. Met mense wat hulle man/vrou verneuk nie. Geen. Niks. Glad nie. Punt.

Nouja, anoniem of nie. Julle weet in elk geval wie ek is! Want ek is nie skaam vir wie ek is nie! Bloggers is ‘n “gemeenskap”, ‘n groep vriende, nie ‘n anonieme lot nie! 🙂

Lekker dag!

Toortsie

O ja, skoon vergeet! Dis ‘n tag-speletjie! As jy wil, kan jy op jou blog skryf wat JY sou skryf, sou dit anoniem wees.

 

23 thoughts on “As jy anoniem kon skryf…

    1. Eintlik moet elke persoon maar self die waters toets. Wat vir my werk werk dalk nie vir iemand anders nie. Jy moet skryf waarmee JY gemaklik voel, selfs al is die ander rondom jou ongemaklik!

      Like

  1. Ek dink ‘n mens moet seker maar enige sulke “naby aan die hart” onderwerpe versigtig hanteer. Ek skryf oor godsdiens, maar probeer om nooit aanvallend te skryf teenoor die wie van my verskil nie. Daar is ook baie wie skryf oor politiek, maar ek lees dit nie, so ek kan nie ‘n mening gee nie. Die mense hou van seks-onderwerpe!! :mrgreen: of hoe?

    Like

  2. Ek stem!
    Dis net dat mens op ander webwerwe persoonlik aangeval word net oor ‘n mening. Ek doen nie die anoniem ding nie – bly liewer stil. Grinnik … ek skaam my ook dood as iemand my uitvang en dit sou baie maklik gebeur.

    Like

    1. Dis tragies dat grootmense soms so ongeskik kan wees en mense persoonlik aanval net omdat jou mening verskil! Is dit dan nie juis een van die lekkerte van blog dat mense MAG verskil en daaroor kan gesels nie? Op ‘n volwasse manier?

      Like

  3. Ek dink ons is regtig heeltemal te PC. Dis elkeen se demokratiese reg om te praat oor hoe hy voel en vrae te vra oor iets wat hy of sy nie verstaan nie. Ek gun elke persoon sy eie mening, solank dit nie beledigend teenoor iemand anders is nie. En mense wat ander mense aanval soos op LitNet, dit is vir my ‘n saak van opvoeding. Ek kan nie dink dat iemand met ‘n goeie opvoeding so sal te kere gaan soos wat ek al gelees het op LitNet se blogs nie. As iemand anonimiteit gebruik om ander mense te vloek en af te kraak, dink ek daardie persoon het ‘n ernstige sielkundige probleem.

    Like

    1. Opvoeding en Respek! Toe Kommunisme nog ons almal bedreig het, het die Westerlinge nog geleef om die Weste teen die Groot Rooi Gevaar te beskerm. Ons het saamgestaan, mekaar gerespekteer. En toe, skielik, is daar geen gevaar meer nie, niemand worry nie, en saam met dit als het opvoeding, respek, selfrespek, wat nog by die venster uitgewaai.

      Like

  4. Ek dink nie daar is genoeg plek op die hele WWW vir my om my sê te sê oor alles wat ek sou sê as ek dit anoniem kon doen en nie mense se gevoelens in ag moes neem nie.

    Waardes (gebrek aan), verkeersreëls (verontagsaming van), common sense (tekort aan), ens . . . laat my bloed menige dae kook.

    Like

  5. Ek dink elkeeen het die reg om sy/haar se te se net soos dit die lesers se keuse is of jy daar wil lees of nie. As jy nie saamstem nie hou jou gedagtes vir jouself en moenie comment. Ek leer liewers ‘n persoon met ‘n naam ken in wat en waaroor hy skryf as wat ek met iemand anoniem wil “verskil”. Ons almal is “versigtig” om ander se gevoelens seer te maak, maar partykeer moet mens maar bold wees in dit waarin jy glo :-).

    Like

      1. Alta Cloete http://skrywerontwikkeling.wordpress.com/2012/04/09/goeie-lesse-uit-n-vreemde-oord/ het hierdie skakel gegee: http://sarahcpilon.wordpress.com/2012/03/22/3-things-tattoos-taught-me-about-writing/, wat regtig interessant is.
        Maar die een les wat sy my leer, wat hier van toepassing is, is: Lesson: This industry hurts. Sometimes like the small scrape and often like the knife. Writers and illustrators have to learn how to develop a thick skin. There are tough critiques, rejections and deals that fall through. The good news? If you can withstand the pain and keep striving to reach your goals, it will be worth it. I have never heard a published author or illustrator say that the hard journey wasn’t worth it. Have you?

        Like

  6. Ek seg my sê soos ek maar voel die dag – doer langs my vuur. Daar is bitter min kommentaar, dus kry ek die idee dit is onderwerpe wat niemand regtig oor wil gesels nie ? Of te bang is om hulle spreek te spreek. 🙂

    Like

    1. Jagter, wat vir my werk (eintlik wil ek nog ‘n blog daaroor skryf): Skryf gereeld. Lewer kommentaar by ander blogs. Op so ‘n manier weet mense van jou en besoek hulle meer, en gesels hulle meer saam. Dis maar ‘n klein klein deeltjie van lesers wat wel kommentaar lewer. Sterkte!

      Like

    2. Jagter, daar’s nog iets. Jy moet skryf oor dinge waarin JY belangstel, dinge wat JOU na aan die hart lê, want dit is waaroor jy passievol is. Kyk maar, daar is altyd ander wat ook daarin belangstel!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s