Bloghulp – hoe verander ek ‘n skrywe, en kategorieë; Reblog

Iemand het vir my twee vragies gevra, en gelukkig ken ek toe die antwoord !! :mrgreen:

Maar, voor ek jou antwoord, wil ek eers ‘n klein stukkie raad gee. As jy kommentaar lewer, en jy het ‘n blog, is dit baie belangrik om die adres van jou blog in te vul by die lyntjie wat vra vir jou URL. Op so ‘n manier weet ek dan ook hoe om by jou blog uit te kom, want ek kliek net op jou naam, en siedaar!! 🙂

Hoe verander ek aan ‘n reeds gepubliseerde stuk?

Ek neem aan dis ‘n gepubliseerde stuk van jou eie op jou eie blog. Jy kan nie aan iemand anders s’n verander nie. 😉 As jy kyk onderaan die stuk wat jy geskryf het, staan daar as volg: This entry was posted in Blogging, Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink. Wysig

Kliek net op Wysig, en dan kan jy verander wat jy wil. Onthou net om dit dan weer te “update”.

Jy kan dit ook verander in jou instrumentepaneel.  Aan die linkerkant van die skerm is daar mos ‘n lysie met “icons”. Derde van bo af is so ‘n aansteekspykertjie. Kliek op dit, op All Posts. Dan maak al jou skryfsels oop, en jy kan dan daarby ook op wysig kliek.

Kategorieë

As jy in die funksie, New Post, is, kan jy sien daar is ‘n afdeling “All Categories”. Jy kliek net op die blou +Add New Category. Daar sal dan ‘n blokkie verskyn waarin jy die naam van jou kategorie invul. Regs daarvan is “Add New Category” wat jy net kliek.

Sou jy alreeds so ‘n kategorie hê, merk jy eenvoudig in die blokkie. Onthou, as jy reeds ‘n skryfsel gepubliseer het, sonder ‘n kategorie, sal daar ‘n blokkie wees by uncatogized. Sodra jy dit dan wel kategoriseer, onthou om die merkie uit te haal.

Klaar gepubliseerde skrywes se kategorie kan baie maklik sommer in die instrumentepaneel verander word. All posts. Kliek op post. Quick edit. Verander kategorie daar. ‘n Nuwe kategorie kan ook daar geskep word. By die aansteekspeld is die funksie Categories.

Repost
(‘n derde vragie wat bygekom het.)

Dis ‘n funksie wat ek nog nooit gebruik het nie. Soos ek verstaan, kan jy as jy ‘n WordPress blog lees, dit repost deur eenvoudig die “repost” bo-aan die blady te druk. Dit behoort dan by jou te verskyn. As jy in ‘n ander blogruimte (?), soos Litnet geblog het, sou ek voorstel dat jy dit “copy”, en hier “new post” kliek en dit eenvoudig “paste”. Jy sal wel hier en daar nog iets self moet doen, soos die titel van die skrywe, en foto’s weer oplaai.

Toortsie

Ns. Nog steeds die lang ou uitgerekte skrywe oor hoe om ‘n blog te begin.

16 thoughts on “Bloghulp – hoe verander ek ‘n skrywe, en kategorieë; Reblog

    1. My kind het vir my verduidelik dat ek dit nog altyd verkeerd gebruik. Dat wat ek by kategorie invul, eintlik by “tags” moet kom. Maar dit is hoe ek dit doen en dit werk vir my.

      Like

    1. Jy voel maar presies nes soveel van ons ook gevoel het!! (Veral ons oues!!) 🙂
      As jy reageer staam daar onder die kommentaar blokkie mos: toortsie: You are commenting using your WordPress.com account. ( Log Out / Change ) (by jou sal staan doulien) As jy op Change kliek, vra hulle jou epos-adres, URL of webadres en naam. Maak seker dat dit die volledige adres is. soos myne: toortsie.wordpress.com Wat is jou web-adres? of blogadres?

      Like

  1. Nou hoop ek , en die hoop beskaam nie …..dat my URL reg ingevul is…skielik kan ek nie onthou waar het ek die ou kodekie gesien nie…. voel soos 2 jaar terug toe ek eerste keer begin blog het!!! Dankie vir jou liggie

    Like

  2. Gee moed op !! Wat de hoeners is die gravatar.com/ en dan my naam!!! Het ek iewers die kat aan die stert beet…ek weet onkunde is nie verskoning…. maar dalk het ek verkeerde url beet …ek skaam my al in ‘n toestand in !

    Like

    1. Geen rede vir skaam nie. Die gravatar gooi my ook uit. As ek dit reg verstaan, is dit jou foto’tjie. en hoekom is dit nou weg? Jy het dan so ‘n mooi blou gesiggie. As ek nou op die blou doulien tik, kom ek by jou uit. Moenie moed verloor nie, jy’s amper daar!

      Like

        1. Die blougesig ….Suurstof tekort !! Brein gaan daaronder lei/ly !! Da begin die suurstoftekort reeds!!
          Nee tog….sal later weer hier kom sit en my naam met plank slaan ………

          Like

          1. Nog net gou vir oulaas. Ek sien jy skryf in http:woordeliks.wordpress.com. Om een of ander rede kom mens dan nie daarby uit nie? Ek stel voor jy skryf net: woordeliks.wordpress.com Verder doen jy als PERFEK!! 🙂
            Ek is mal oor die blou gesiggie!!

            Like

            1. Dankie Toortsie vir jou vertroue in my. Ek dink ek sal ‘n daadwerklike poging moet aanwend om aan ‘n erfenis vir hierdie kleingoed na te laat. Ouma sal maar haar laptop eenkant toe moet skuif, en meer stories vertel 😆

              Like

Gesels saam, asseblief!