Leënes-sindroom

Wanneer iemand na leënes-sindroom verwys, is dit gewoonlik met ingehoue lag. So asof dit net swakkelinge is wat dit kry. Of mense wat niks vir hulleself te doen het nie. Maar niemand kon my voorberei vir watter aanpassings ek op hierdie stadium van my lewe moes maak nie…

In die afgelope paar jaar het baie dinge gebeur. Eers is die seuns uit die huis uit, maar meisiekind was nog daar en sy hét my tyd met mening opgeëis. Ons het gery, Kaap toe vir ‘n uitvoering, Stellenbosch, Hermanus, Gansbaai, Riversdal toe vir eistedfodds, Heidelberg toe vir dwarsfluitles, vir meestersklasse, skool toe, Worcester toe vir musiek-eksamens, en en en … Intussen begin die boetas hulle eie potjies krap, nooit ‘n vervelige oomblik nie!

Behalwe my besig wees met die kinders en hulle dinge, het ek ook my “pos” op die plaas. Dis administratiewe werk en opheffingswerk en wat nog. Toe ons ons een melkstal verlede jaar toemaak, en my werk gevolglik minder sou raak, maak God ‘n ander deur oop en ek kan weer vir twee dae gaan musiek gee! So, ek is besig, besig, besig. Daar sal nie tyd wees vir leënessindroom nie. Nee! Daarvan het ek mos darem seker gemaak!! 🙄 Ek hou my mos besig met dinge waarvan ek hou!

Of so het ek gedink!! Ek het nooit besef wat dit emosioneel aan ‘n mens doen om jou kinders te laat gaan nie. Hulle het nou hulle eie lewens, het my amper nie meer nodig nie. Speak when you are spoken to. Ek het emosioneel wipplank gery soos nog nooit tevore nie. Dingetjies waaroor ek in die verlede sensitief was, is skielik massief! My arme man weet nie waar hy staan nie – die een oomblik is ek liefdevol, die volgende het hy al weer skeef getrap! Dan snik ek op sy skouer dat dit nie maklik is dat die kinders groot word nie. Skielik voel dit of my taak afgehandel is …

In die week is ek besig, kan nie ‘n minuut mors nie, maar naweke!! Naweke is my huis stil.

Maar dankie tog, die Here se genade is groot, en dit gaan soveel beter. Ek ervaar ondersteuning van my man soos nog nooit tevore nie. Sies tog, hy het nou ‘n hand vol om die mamma van die huis besig te hou, hy moet nou al die tyd wat die kinders gebruik het, vul!!

Eintlik gaan dit goed, dankie!! 😆

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding and tagged , , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Leënes-sindroom

  1. Ja mens dink altyd dit sal nie so erg wees tot dit jou tref, gelukkig is dit darem ook net tydelik … daar lê nog lekker tye voor wat mens nooit sal ruil vir die verlede nie.

    Eish… dit klink ernstig na ‘n preek.

    Like

  2. MaanKind sê:

    Wag maar, jy gaan nog die stilte geniet! Ek moet egter bieg, lief soos ek vir my kinders is, het ek ook die vryheid baie geniet van sonder hulle. Dat my lewe myne en MaanMan s’n was en is.

    Like

  3. Sandra sê:

    Weet waarvan jy praat :-). En daar is nie eers vir my ‘n naweek of April vakansie om op te maak nie.

    Like

  4. Kameel sê:

    Wat is ‘n leë nes? Toortsie, die wipplank ry en sommer kwaad en baklei het ek gehad toe my oudste dogter uit die huis uit is, om te gaan leer… maar daar was nog vier kuikens in die nes. Daarna was dit makliker om te laat gaan. Maar dit woel en werfskaf nog so om my met van my kinders, en kleinkinders dat ek nie dink ek gaan ooit ‘n leë nes hê nie. As ek so na MaanKind luister, klink dit my ek mis uit. 😯

    Like

  5. Henrick sê:

    Ek kan my so vereenselwig met als wat Toortsie geskryf het! Hierdie jaar is ons laaste enetjie uit en ook ver van die huis af weg, ek sukkel steeds om hieraan gewoond te raak! In die week is mens besig maar naweke bly maar moeilik.

    Like

  6. Terug pieng: Middeljarekrisis | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s