Ysbrekers….

Jare gelede het ek hierdie ysbreker op ‘n partytjie gebruik en dit het uitstekend gewerk. Jy stel ‘n lys op met verskillende vrae. Die doel van die vrae is om mense te elimineer. Laat almal opstaan. Jy vra die vrae van nommer 1 af en as die antwoord op die persoon betrekking het, moet hy sit. Die een wat die langste staan, wen ‘n prys. Vrae moet lekker laf wees, en as jy jou vrae opstel, dink aan die persone wat kom. Wat sal op hulle betrekking hê?

Vrae soos:

  1. Wie was die afgelope week in die Kaap/Johannesburg/Pretoria…
  2. Hou jy van afval? (of sal dit te gou ‘n klomp laat sit?)
  3. Wie het die afgelope week geswem?
  4. Wie het ‘n kind in graad 7 (of waar ook al)
  5. Was jy al teen die Eiffeltoring uit?
  6. Wie het vergeet om ‘n pantie aan te trek?
  7. As jy ‘n rooi bra aanhet…
  8. Wie was gister by die haarkapster?
  9. Rook jy?
  10. Verkies jy rooiwyn?
  11. Het jy ‘n tweeling?
  12. Wie is swanger?

Groetnis,

Toortsie

Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt! 

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekpage

12 thoughts on “Ysbrekers….

  1. Ek staan nog Toortsie 😆
    Ysbrekers help baie, ek het een maar dit moet gedemonstreer word. Eenkeer by ‘n vyf dae konferensie het die spreker ons dit op die eerste aand laat doen… na ons almal lekker saam gelag het is die “ys gebreek,” en het ons vir die volgende vyf dae lekker saam “gekuier.”

    Like

Gesels saam, asseblief!