Wat word van ons mense?

Iets waaroor ek soms dink, is, “Wat word van ons mense op geestelike vlak as hulle emigreer?” Die vraag kan natuurlik op baie maniere vertolk word. Wat word van hulle as hulle in ons land van dorp na dorp verhuis? Ek dink net dit is baie maklik om in SA weer by ‘n kerk in te skakel. Maar hier beland jy vreemd in ‘n vreemde land. Skakel jy by ‘n kerk in? Of is jy in die begin te vreemd en weet nie waar om in te skakel nie, en later is jy so in die gewoonte dat jy nie meer die behoefte kry om ‘n kerk te soek nie? Ek wonder net, ek was mos nooit in daardie situasie nie.

Jare gelede het ‘n predikant by ons in die kerk kom preek. Hy was in ons studentedae een van ons predikante in die studentekerk. Op daardie stadium was hy in Washington en het gewerk onder die Suid-Afrikaners. Hy het vertel hoe omstandighede daar is en ek was toe nog te jonk om werklik te besef hoe fantasties dit is dat daar iemand is wat na ons mense omsien.

Wat my tot hierdie skrywe gedwing het, was ‘n artikel wat in Die Kerkbode verskyn het. (Hoop die skakel werk!!) Hulle is in die proses om ‘n vierde Suid-Afrikaanse gemeente in Perth te stig! Ek is hartseer dat daar so baie van ons mense is, maar so dankbaar, SO DANKBAAR dat daar geestelik na hulle omgesien word! Sjoe! 4 gemeentes NET IN PERTH!

So ‘n rukkie gelede het ek ‘n persoon ontmoet wat in ‘n Arabiese land jeugwerk doen onder ons Suid-Afrikaanse kinders. Kinders van Suid-Afrikaners wat daar werk. Sy reik regtig uit na hulle en hulle doen groot werk. Fantasties!

Van watter plekke weet julle???

4 thoughts on “Wat word van ons mense?

  1. Ek weet nie van ander lande nie, maar na 21 jaar in een gemeente het ons dit ontsettend moeilik gevind om weer ‘n kerk te kry wat vir ons reg was. Dit is mos jou geestelike familie, nie net ‘n kerk nie, en ‘n mens pas nie sommer by ‘n ander “gesin,” in nie.

    Like

  2. Perth is eintlik ‘n “slegte” (met respek) voorbeeld. Ek het ‘n vriendin in Perth. Daar is so baie Suid-Afrikaners daar dat hulle amper nie eers Engels hoef te praat nie. Daar is selfs Afrikaanse skole.

    Ons het ‘n paar jaar terug aan ‘n baie bekende gemeente in Kemptonpark behoort. Ten spyte van ‘n paar probeerslae om in te skakel, kon ons dit nie regkry nie. Die klieks was nie oop vir nuwe jong lidmate nie. Gelukkig het die Here ander planne met ons gehad en ons het verhuis. Ons is nou in die hartjie van Johannesburg en baie gelukkig. Ek het sommer van dag een af welkom gevoel. Ons dominee maak ‘n punt daarvan om elke Sondag nuwe intrekkers welkom te heet en dan “groet” die mense naaste aan hulle hulle sommer ook. Dit maak dit soveel maklik om agterna saam ‘n koppie tee te gaan drink en behoorlik welkom te sê. Dit het vir my ‘n groot verskil gemaak.

    Ek weet nie wat maak mense in die ooste of in ander kleiner plekke nie.

    Like

    1. Sondag in die kerk toe ons by die “groet die om jou,” gedeelte kom, sê my dogter wat van nature maar stil is, “Here we go, my “favorite” time,” bedoelende natuurlik dat sy nie daarvan hou noe. Ek dink weer dit is goed, veral omdat dit so ‘n groot kerk is.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s