Of hierdie ‘n toonbeeld is van die algemene Switserse melkstal, kan ek nou nie sê nie, maar dis die een wat ons gesien het.
In 2008 het ons ‘n week lank in ‘n ski-dorpie, Leysin, hoog in die Switserse Alpe gebly. Die naaste groot stad is Lausanne. My man het vermoed dat daar ‘n melkery is net buite die dorp. En hy was reg! Ons stap toe in die rigting wat hy dink, en die eerste wat ons gewaar, is die twee mans met die waentjie voer wat by ons verbyry, en die vrou met die baie groot perd. Ons het maar so met die paadjie aangestap toe ons die man sien wat die beeste bymekaar maak.
Dit het baie lank geneem, want die 32 beeste, die bokke, en hoenders moes eers almal in die stal ingebring en versorg word vir die nag. Elke koei word op sy spesifieke staanplek vasgemaak, waar ‘n bordjie is waarop al die nodige gegewens aangeteken word. Eers toe elke koei op haar plek was, is al die diere versorg. Al die bokke, al die hoenders, al die koeie se kos word toe gegooi.
Die volgende stap: Die sterte word gewas! En toe dit klaar was is die koeie gemelk! Kyk die pikante stoeltjie!!
Die eienares wys ons foto’s van die een besonderse dag in ‘n jaar wanneer die koeie opgetooi word en deur die dorp stap. Dan word daar fees gevier!!
🙂 Ek’s so siek soos ‘n hond, lê en bibber en kook in die bed met wat ek hoop net ‘n verkoue is … En toe lees ek jou blog en vergeet ‘n oomblik van die suis in my ore en my toe neus. Dit lyk omtrent soos ‘n standaard koeistal, daar is natuurlik beter en slegter, ouer en nuwer en meeste boere kyk mooi na hulle beeste. Kan nie glo ons het nog nooit na die “Alpfahrt” of “Alpaufzug” gaan kyk nie. Dit vind in April/Mei plaas, wanneer die beeste na die lang winter op stal uiteindelik weer buite kan wei. Dis inderdaad ‘n groot fees. Dink die jaar moet ons verseker gaan. Sal bietjie tussen my foto’s kyk vir nog melkstalfoto’s. Dankie, dit was nou lekker!
LikeLike
Op n manier het die tannie agtergekom ons ken melkery, toe bel sy n amerikaner wat in die dorpie woon om te kom tolk!
LikeLike
Hoop jy is gou gesond!
LikeLike
Ag daardie rituele is so feestelik – oulik!
LikeLike
As dit by ‘n melkery kom tel ek altyd my ore op! Kaasmaker was my beroep en my passie, so ‘n melkery is altyd vir my mooi! Die fees klink na ‘n wonderlike ‘celebration’ van die nuwe seisoen. Ek het die wonderlike geleentheid gehad om deur Italië te toer en het ‘n klomp plase, melkerye en fabrieke besoek. Van bokke, skape, koeie tot waterbuffels. Hierdie deeltjie wat jy geplaas het laat my nou sommer terug verlang!
LikeLike
Ek kliek op jou skakel, en sien dat ons twee gemeenskaplike vriende het! Esmarie en Solene!
Lekker dag!
LikeLike
Ek ken net van die outydse manier, koeie in die kraal, kalwers in ‘n ander. Die riem om die agterpote, ‘n driebeenstoeltjie, en ‘n emmer. Die roep dat die hek oopgemaak mag word vir ‘n kalf of twee om te kom suip aan mamma 🙂
Daardie feestelike blomme in die “hare,” klink vir my na iets om te aanskou!!!
LikeLike
Ek sou self nie omgee om die feestelikheid te kan beleef nie. Ek is MAL oor Switserland!
LikeLike
Ons ou pastoorspaar bly daar…. miskien is dit tyd vir ‘n kuier 😯
LikeLike
Waar in Switserland bly hulle??? Wanneer het jy gedink moet ons gaan kuier?? 😉
LikeLike
Nie seker waar nie; hulle het ‘n gemeente daar, en geniet dit gate uit. Ai, kon ons maar klim en gaan en vandaar sommer aangaan en die wêreld gaan bekyk 😆
LikeLike
Ag, jullde maak my nou mos lus! Vir Switzerland, vir Heidi, vir Kaas……maar ek gaan nie kla nie, ek gaan mos Holland toe! Miskien moet ek daar ‘n Hollandse melkery gaan soek en foto’s neem.
LikeLike
Ja, doen! Dan kan jy dit opsit en ek kan nog vertel van ‘n SA melkery ook!
Dan kan die persoon wat eenkeer by my gevra het “skooltaak oor melkery” regtig ‘n verskeidenheid hê om te gebruik!
LikeLike