Hoe lyk my dag?

Laviga, die mooiste en slimste heks wat ek ken, eintlik die enigste heks wat ek ken, het bewys dat sy die heel slimste heks is! Want sy was so slim om vir MY huiswerkies te gee!! 🙄 En ek is ‘n tannie wat my huiswerkies doen!!

Sy sê ek moet beskryf hoe lyk my dag. Viga, kan ek maar so effens anders vertel? Nie twee dae lyk by my dieselfde nie! 😉 Neeeee….. ek is ‘n aanpasbare tannie Tossel en ek moet sommer vinnig by die planne kan aanpas. Ek gaan vir jou vertel wat gebeur in ‘n week by my.

Sondagoggende is dit kerk toe. Dan is daar 2 daggies in ‘n week wat ek dorp toe gaan. Daar op die dorp leer ek die kindertjies klavier en kitaar speel. Maar so tussen die leerdery doen ek nog al my dorpdingetjies ook. Soos om vir die oumas in die ouetehuis te gaan kuier, kossies te koop, te kyk dat ek nie kwaad word by die lisensies nie, ek gee papiere af by die oom ouditeur. Soms gaan loer ek of tannie Skuimborrel soos jy haar noem nog lekker koffie het. Ek moet maar wikkelwikkelwikkel om al die dorpdingetjies klaar te kry, want ek kan  nie WEER dorp toe gaan nie!!

Maandagaande vertel ek vir die ooms en tannies bybelstories. Partykeer kuier ‘n klompie tannies ook saam op ‘n ander keer en dan vertel ons vir mekaar bybelstories.  En so twee of drie keer in ‘n week kom speel al die kindertjies wat by ons op die plaas woon, by my. Dan speel ons blokkies, ons sing, dans, enige ding! 😆

As die oom in die middag by die huis is vir ete, moet ek darem sorg dat daar kossies is vir hom. Ek maak self my bedjie op, gooi die vuil klere in die wasmasjien en hang dit op. As van die boeties of die stoute sussie huis toe kom, bak ek koek!! njam! O ja, en ek gaan stap met my Woef! In die middae werk ek op my rekendingetjie. En as ek gelukkig is, kom ek sommer baie naweke see toe!

O ja, en ek is altyd op die uitkyk vir SPINNEKOPPE wat orals wegkruip en my wil skrik maak!!

Sal Kameel en die donkie vir ons vertel wat julle in ‘n tipiese dag doen???  Elke diertjie kry sy beurtjie!!

Advertisements

11 thoughts on “Hoe lyk my dag?

  1. Jy is ‘n baie bedrywige vrou Toortsie, ek sal definitief nie by jou kan kers vashou nie. Sê mos gereeld die Spreuke 31 vrou gee my skoon ‘n kompleks 😆 Ek sien ek is getag – laat my dus aan die werk spring.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s