flashdisk

Ek neem die flashdisk na my man se rekenaar om die melkprogram op te gradeer. Ek buk af, my neus teen die skerm, druk die flashdisk op die regte plekkie in…. en sien ‘n paar millimeter van my neus af sit ‘n ….. BOBBEJAANSPINNEKOP/REëNSPINNEKOP!

Hulle het my baie ver daarvandaan gehoor!

11 thoughts on “flashdisk

  1. Ek dink die berig dat ‘n sekere Toorts skuitbang is vir spinnekoppe, het reeds die “web” in Spinnekopland bereik. Lyk my hulle het afgevaardigdes gestuur om te gaan seker maak. :mrgreen:

    Like

    1. Sonlig, hulle is maar gereeld in my huis. Ek is altyd op die uitkyk vir hulle. Ek vertel nou hier ‘n klomp spinnekopstories, maar dit gebeur darem eintlik nie so kort op mekaar nie, behalwe vir verlede week wat ek in 2 dae se tyd 2 groot skrikke gekry het. Ek wonder weer hoekom hulle nie die boodskap kry dat dit vir hulle lewensgevaarlik is om in my huis te kom nie???

      Like

      1. Miskien is dit die “emo’s” van Spinnekopland wat daar by jou uithang. Ek is mos nou die trotse moeder van ‘n tiener en het onlangs met hierdie groepie van die samelewing bekend geraak. Hulle hang dalk maar daar uit en kyk of die lewe (of die mêrem) hulle so ongenadiglik gaan behandel dat daar net ‘n nat kol bly sit. 😉

        Like

  2. Terug pieng: My dag « Herriemerrie

Gesels saam, asseblief!