om te laat gaan….

Vandag het ek my dogter, my enigste dogter, my laatlam, op Stellenbosch gaan aflaai.

Verlede jaar alreeds het ek hoeveel kere so ‘n benoudheid oor my voel kom. Gaan sy regkom? Gaan sy veilig wees as sy saans laat moet oefen en dan in die nag dalk alleen terugstap?

‘n Mens het sulke gemengde gevoelens. Sewe jaar terug het ek die seuns gaan aflaai, dit was sleg, maar hulle was twee bymekaar, en daar was nog ‘n dogter by die huis. Gemengde gevoelens? Ja. Want as ma is dit moeilik om te “let go”, maar aan die ander kant is ‘n mens so trots, so dankbaar vir die pragtige kind wat jy die lewe instuur. Ek weet sy is reg, net soos haar broers reg was toe hulle moes gaan. Sy weet wie sy is, sonder om selfversekerd te wees. Sy studeer dit wat sy die graagste in die lewe wil doen.  Waarheen haar paadjie gaan loop, sal die toekoms wys. Maar sy is reg. En eintlik is ek ook reg. Dis mos waarvoor ons ons kinders grootmaak, of hoe? Om self eendag hulle plek in die lewe vol te staan?

Ek het vandag ‘n gelukkige, stralende kind op Stellenbosch afgelaai. Sy was op pad na ‘n kerkkamp, en nadat die predikant met ons as ouers gepraat het, voel ek gerus. My kind is in goeie hande. Al is daar ‘n knop in die keel, is ek tog stilweg ook opgewonde. Wat sal tog van hierdie kindjie word? Kom ons kyk! :mrgreen:

Lank gelede het ek  die volgende op my ou blog geskryf…

Moederskap gaan oor “Let Go”. Al sommer baie vroeg leer jy as ma dat daar baie ander mense is wat ook graag insette wil lewer in jou nuwe bloedjie se opvoeding. Ag, en dan kom die pre-premêr, en die mamma moet let go!  En dan praat ek nie eers van die Sub A-juffrou nie – haar woord is WET! En soos hulle groter word, is daar maar keer op keer let go-insidente – mamma ek kan self, toemaar mamma ek sal regkom, hou op interfere in my besigheid.

Ek kon nie altyd verstaan as my skoonma so tranerig was as ons daar weggery het nie – ons is mos nie land-uit nie, dis net 2 en ‘n half uur se ry van ons af! Die trane oor die Aussie-kinders kon ek nog verstaan!  Maar een dag, voor jy nog jou oë uitvee, staan daar ‘n Corsa-bakkietjie GEPAK! My kind gaan die LEWE in! En ek dink aan my skoonma. God sal kyk.

Mooi ry my kind! Geniet ELKE oomblik!

Ons wil mos net die beste vir ons kinders hê en as dit met hulle goed gaan, gaan dit mos met ons ook goed! Dankie, dankie, dankie, dit gaan regtig goed met my kinders. Aan God al die eer!!

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Toortsie by Finesse: Malgas se pont

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to om te laat gaan….

  1. 😉 Wat is verkeerd daarmee om selfversekerd te wees?

    Universiteit is ‘n opwindende tyd wat ook ‘n ontsettende vinnige groei tyd is.

    Like

  2. Kameel sê:

    Nou gaan ek vir jou sê soos ‘n baie wyse dame vir my gesê het toe ek by haar huil omdat ons oudste dogter so goed op “college,” en daarna in die lewe reggekom het (ek het skoon oorbodig gevoel.) “Wees baie dankbaar dat jy haar so selfstandig grootgemaak het. Ek weet van kinders wat nie op univeriteit regkom nie, en kort-kort huistoe bel met een of ander probleem. Hulle ouers sit met hulle hande in hulle hare oor die bloedjies.” ‘n Lekker nuwe pad wat vir jou dogter voorlê 😉

    Like

  3. Gister myne in Pretoria gaan agter los, en ek voel presies soos jy! Dis toe baie erger op my as wat ek gedink het dit sou wees, gisteraand was glad nie pret in my kop nie!

    Like

  4. Jo-Ann sê:

    Ons kinders word groot en ons raak oud…. sterkte met die nes wat al leër loop.

    Like

  5. Sandra sê:

    Hierdie week my beurt ook. Soos jy, is ek ook opgewonde sommer namens my dogter vir al die wonderlike dinge wat voorle, maar vir my as ma gaan dit maar moeilike dae ook inhou 🙂

    Like

  6. Charms sê:

    Dis darem maar vrek moeilik om te laat gaan. Sterkte vir jou en ek is seker jou meisiekind gaan ok wees.

    Like

    • Toortsie sê:

      Dis moeilik, ja. Maar dit gaan goed. Met my en met haar. Eintlik was ek mos maar al lankal gewoond aan ‘n koshuiskind. Sy is net nou ver en sy moet op haar eie haar eie ding doen. Maar sy sal kan. Ek weet dit!

      Like

  7. Eintlik lekker om te sien ander ouers ervaar dieselfde emosie. Ek dink Pa’s kry ekstra swaar om hul dogters te laat gaan – het self twee op Maties en dus ver van huis!

    Like

  8. Corniette sê:

    Voel ook maar broos vandag nadat ons ook ons meisiekind gister by TUKS moes aflaai.Maar ai, daardie opgewondenheid en afwagting wat uit haar wese straal! Gaan jou goed my liefkind, ek mis jou liewer voordat jy dalkies iets mis!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s