Biegtyd

Ek wil bieg. Eintlik wil ek oor my liefde vir sekere skoene bieg, maar dalk oor meer as dit. Die ding staan so: Ek is ‘n Plain Jane wat soms sommer net “natuurlik”, “my self” wil wees, sonder grimering, maar NOOIT sonder oorbelle!! 😉 My ma het hard probeer om die politoer te smeer, maar ai-jai-jai!!

Oor die skoene: Eintlik het ek as kind verkies om kaalvoet te loop. Maar as ek dan nou MOES skoene dra, was dit….uhm…ja, oraait…. Dit was VISPLAKKIES! 🙄  Mag ek ter versagting sê dat ek op ‘n baie jong ouderdom al baie groot voete gehad het en in daai jare het ‘n mens gesukkel om vir ‘n standerd 3-kind met groot voete ‘n kinderskoen te kry?? Visplakkies was lekker. Net die ding. Gemaklik. Goedkoop. Is my ou paar opgeloop, het ek eenvoudig sommer uit my sakgeld ‘n nuwe paar gekoop… Ek dink my ma-hulle was baie keer erg skaam vir my. Maar nou ja…. jammer om te hoor! 😉

Ek is darem al baie jare genees van hierdie voorliefde. Of is ek???

Toe kom die veredelde visse in die vorm van…. krokodille ❗  Daar het darem BAIE jare met ordentlike skoene verloop tussenin. Ja, dit het lank geneem voor ek gebyt het aan die eerste, nare, gaatjieskoene. Ek sou graag ‘n storie oor ‘n paar pienkes wou vertel, maar wil nie op tone trap nie. CROCKS. Regte Crocks. Nie namaaksels nie. Vandat ek dit ontdek het, verkies ek dit. Daar is mos darem deesdae mooies op die rak. Ek is nog steeds vol nonsens dat my skoene eerder gemaklik moet wees as mooi… ek het immers ‘n RUG!!

Dink jy ek is kommin? Huh?

Maar ek bly wonder…. is dit nie maar net gekamoefleerde visplakkies nie???

Toortsie

23 thoughts on “Biegtyd

  1. Ek hou niks van visplakkies nie – dit maak my voete seer. Dit dra net vir my ongemaklik. Ek sal nie dood met crocs gevang word nie. Ek is plein en agtertangs, maar dit is waar ek die streep trek. 😉

    Like

  2. Skoene was nog altyd my grootste kopseer… groot voete, krom tone 😯 Ek loop kaalvoet, vandat ek kind is tot nou op my oudag. Dink nie ek het ooit ‘n paar visplakkies gehad nie… wel ‘n paar crocks (op die sypaadjie in Port Shepstone gekoop vir op die rotse loop.) Die het nou tuinskoene geword. Gemaklik is die wagwoord; solank jy gemaklik is.

    Like

  3. Ek was ook mal oor visplakkies en nou die mooierige croccs (laat my ook dink aan visplakkies) en wil ook nie sonder oorbelle wees nie.

    Like

  4. hi daar , ek gaan spesiaal vir jou ook oor my crocs blog , ek het onlangs vir my ook die regte crocs gekoop, ook nie namaaksels nie en ek doen nou my powerwalk saam manlief juis in een van my ou pare want kyk ek slaan mos neer met my duur oefentekkies en met die crocs loop ek lekker , ek het sulke croccies wat soos skoene lyk dit het so bandjie om die hak en my nuutste paar wat amper R400 gekos het , het selfs sulke bling op die kante , dra jou crocs vriendin want ons mag en ons mag gemaklike voete en rue he :), ek het al shocking pienkes gehad en sulke helder bright groenes , nou koop ek net swartes vir my want dit wys die vuilheid nie so baie gou nie 🙂

    Like

  5. O ja ek het ook vis plakkies as jong kind gedra maar nou kan ek dit nie dra nie al wou ek , ek is diabeet en om een of ander rede as ek skoene dra wat tussen my tone is , skaaf dit stukkend en nou wil footsies niks weet van visplakkies nie, ai dit is so jammer xx

    Like

  6. Daar is ander plakkies waaroor ek mal is. Dit word Bayete Sandals genoem en mens kon dit by stalletjies langs die strand en in Kaapstad koop, maar deesdae kry ek dit verdomp nerens nie! My laasta paar het ek nog in Kleinmond gekoop. As dit klaar gedra is, weet ek nie wat gaan ek maak nie. Dalk begin crocs dra? 😆

    Like

  7. Ek het ook visplakkies gedra. Kaalvoet doen dit nie vir my nie. Ek GRILLLLL vir stof tussen my tone. Ek het nog nooit regte crocs gehad nie. Maar die skel oranje moonwalkers wat ek gehad het, het 5jr harde arbeid gedoen. Toe het hulle sole gedisintergreer. Hulle het net een keer in die dorp uitgekom en dit was pure per ongeluk. Ek het nou ‘n bandjie paar vir stap. Het ook groot voete, dus is skoene ‘n stryd. Ek sien egter vanjaar is die kurk tipe weer volop in winkels. Hulle is nie heeltemal plat soos vis plakke nie, maak dus nie die rug seer nie. Ek gaan weer ‘n goeie voorraad inlê. Dis nou, as ek size kan kry.

    Like

  8. ek sal regtig moet gaan opsoek of die help button moet gaan druk , want kan jy dit glo ek het nie idee hoe jy mense tag nie en ai tog julle moet maar almal wat van oorbelle hou my daarvan se want ek maak die mooiste oorbelle en dra dit nie self nie want ek het drie gate in die een oor en een in die ander oor en nipple piercings en hou maar van my staal oorbelle in of die silver met die blou steentjies in wat manlief vir my gekoop het , so ek sal jou tag as ek blog oor die crocs, wil juis nou fotos gaan neem van hulle sodat ek bloginskrywing kan begin 🙂 xx

    Like

  9. My lekkerste skoene is ‘n paar verskriklike gemaklike Colombia stapskoene waarmee ek oral in die veld kan loop (teen groot afslag gekoop). Dan my New Balance tekkies. En dan my Pepstores plakkies. Nie Crocs nie en ook nie hogere hakkies nie.

    Ek het ‘n paar plakkies gehad wat ek vir amper-amper 20 jaar gedra het, Kan nie die maak onthou nie. GEDRA het, totdat ‘n blik$%%% dit gesteel het, anders kon ek nog 20 jaar gaan. Dit het ‘n dikkerige rubbersooltjie gehad, met ‘n lappie tussen die tone (soos vissie-plakkies). Meeste van die tyd was dit maar net plaasplakkies.

    Like

  10. Ek is een van daardie mense wat swart skoene in die kas het. Een paar vir winter en een vir somer. Ek hou niks van skoene koop nie want ek sukkel altyd om iets te kry wat lekker sit en mooi lyk. Ek dink daar lê so drie paar mooi skoene in my kas wat een-dag-skoene is. Eenkeer gedra en van net na tee gebid vir die einde van die dag en dan is dit agterin die kas. My froggies is die gemaklikste paar somersandale met ‘n hakkie wat ek nog ooit gekoop het. Vir huisdra het ek so lekker paar leersandaaltjies met die hoepeltjie oor die groottoon. Die sole is amper nie meer daar nie. Scholl het die mooiste paar denimsandaaltjies met ‘n kurkwighakkie wat ek oor wik. Maar ek dink nog bietjie… iets sê net die bandjies oor die tone gaan dit een-dag-skoene maak.

    Like

Gesels saam, asseblief!