Wat is die kans?

Ek ontmoet ‘n vriendin van ‘n vriendin. Sy het deur die nag van die Transvaal af gery Mosselbaai toe. Haar motor gaan staan by Colesberg, half 1 die nag en sy is stoksiel-alleen…

Nou wil ek by julle weet… ‘n meisie wat stoksiel-alleen gaan staan langs die pad…. wat is die kans, wat is die KANS… WAT IS DIE KANS…. dat ‘n motorwerktuigkundige van alle mense die persoon is wat by haar stop, haar motor regmaak, agter haar aanry tot verby die laaste padwerke en seker maak dat sy veilig is? Julle weet hoe die nuwejaars verkeer was op die N1!! En sy naam is “Micheal”???…. baie toevallig sou ek sê…

Dit laat my so aan Seegogga se storie dink…

Al wat ek weet, is dat God na Sy kinders kyk!! 😆

Advertisements

9 thoughts on “Wat is die kans?

      1. Kort weergawe :-). Ek het eenaand vanaf Dubai in verskriklik digte mis gery, die paaie was nog in aanbou en ek was nuut in die dorp. Verkeersman trek my af om te kyk of ek visa en lisensie het en ek bid erg. Terug in die motor is daar ‘n trok voor my met klomp liggies op (lyk soos ‘n aanloopbaan) en ek volg hom heelpad tot in Abu Dhabi. Veilig daar trek die mis weg en daar is geen trok in sig nie ~ verstaanbaar want trokke was nie op die pad toegelaat nie ~ spesiaal vir my om my nie net die pad te wys nie, maar ook voor te ry en my motor teen ander jaagende motors te beskerm :-). Nie toevallig nie.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s