Die mag van Facebook

Ek het in die afgelope tyd twee keer die mag van facebook ontdek. As ek dink hoe ‘n mens vroeër dae gesukkel het om iets te reël. Toe plaaslyne nog die in-ding was, moes mens eers luister of iemand anders nie die telefoon gebruik nie. Dan moes jy deur ‘n sentrale gaan om uiteindelik deurgeskakel te kom na die persoon wat jy soek. Dis te sê as die persoon daar is. Die tweede persoon wat jy bel is negatief en by die derde een gee jy moed op.

So ‘n rukkie gelede sit ek die foto van ons familie-saamtrek in 1996 op facebook, en vra dat almal mekaar sal “tag”. Ek is mos nie fb-vriende met almal op die foto nie!! Sommer dieselfde dag nog word daar op fb besluit dat dit tyd is vir nog so ‘n saamtrek en teen die aand is die saamtrek gereël en die meeste mense weet reeds daarvan, sonder enige moeite van enige iemand! En die lekkerte daarvan is, dat as enige iemand van die klomp aan iets dink en dit intik, almal die boodskap onmiddellik ontvang! Wel, gister het ons toe weer ‘n familiesaamtrek gehou waar 4 geslagte teenwoordig was, ongeveer 40 persone. Ons is maar ‘n kleinerige familie, maar selfs al is ons min, kan mens mekaar gou verloor. WAS DIT ‘N FEES!! En waaroor ons almal natuurlik verskriklik bly is, is dat die jongeres onder die groep, die tussen 18 en 25 mekaar so lekker gevind het. Ek glo daar is weer nuwe bande gesmee.

Die ander plek waar ek die mag van fb gesien het was toe ek bespreek het vir die Walvisroete iewers in volgende jaar. Die probleem van dié roete is dat ‘n mens vir 6 of 12 mense moet bespreek en vir almal moet betaal sodra jy bespreek. In die verlede het ek al ‘n groot verlies gely omdat ek nie ‘n volle groep bymekaar kon maak nie. Ek waag dit toe maar en bespreek vir 12 persone en sit dit op fb dat ek plek het. Binne 4 ure was die groep vol bespreek, met ‘n waglys ook nog! Vir ‘n ou mens soos ek…. ongelooflik!!

Ek weet baie mense hou nie van fb nie, kla dat mense te veel skinder, als verkondig, wat ook al! Wel, ek geniet fb, steur my nie aan die geskinder nie, en sit dit op wat ek graag wil! Dis vir my HEERLIK om kontak te hê met mense wie ek ken!

Toortsie

11 thoughts on “Die mag van Facebook

  1. Facebook is great. Ek dink dit hang van jouself af wat jy daar verkondig (ek verstom my ook oor wat sommiges opsit) en gelukkig is hulle provaatheidsinstellings nou so gevorderd dat dit maklik is om redelik privaat te bly.

    Like

    1. ek hou ook van facebook , ek het sommer `n hobby file daar `n kook file en ag sommer ietsie van alles , nie almal is te mal daaroor omdat ek so baie “update” nie maar hulle kan my mos maar “block ” of iets hehe 🙂

      Like

  2. Dit is ‘n lekker manier om vir ander wat ons nie sien… of gereeld sien nie, op hoogte te hou deur fotos op Fb te sit. Ons gesin gesels mos deur middel van fotos…. dus dreig ons mekaar grapsgewys met fotos wat ons op Fb gaan sit 😯

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s