Familie

Potjiekos en Muskadel, la la la!! Wat is lekkerder as familie (en vriende) om ‘n heerlike skaapnekpotjie?? Dit het ek maar net weer gisteraand besef toe ons, my getroude kinders, my broer met sy kinders en my neef en sy vrou so heerlik saamgekuier het. Wat is kosbaarder as familie?

Ja! Soms kan ons ook maar mekaar verkeerd verstaan. En ja, as jy teruggaan in die geskiedenis, kan jy dalk kriewelinge bespeur. Maar dis die wonder van familie. Bloed IS dikker as water. Soms groei sekere familielede dalk ‘n bietjie weg van mekaar, en dan ontdek hulle weer mekaar soos omstandighede verander of die lewe aanloop.

Ons is nie heeldag op mekaar se voorstoep nie. Ek gaan een maal per week gou vinnig by my broer se kantoor aan om papierwerk vir hom te gee. Ons bel mekaar baie min. Maar die paar kere in ‘n jaar wat ons saamkuier, is dit heerlik.

Kersete is ook ‘n familiefees. Hoe dan anders?

Maar ons het vanjaar NOG ‘n familiefees. Ons het ‘n herdenking van ‘n fees wat gehou is in 1996, en iewers, nog in hierdie jaar, gaan ons saamtrek. Hoeveel ons gaan wees, sal ons maar sien, dit klink darem of daar ‘n hele klompie gaan opdaag.  Ons hou net een lekker bring en braai, so….. 😆

So het ons in 1996 gelyk:

Toortsie

12 thoughts on “Familie

  1. Eerste!! 😉

    Jy moet tannie Gypsy se definisie van familie hoor. Iets van familie is iemand wat jy een keer ‘n jaar moet sien – verkieslik op ‘n baie ou foto.

    Persoonlik het ek nie juis ‘n probleem met my familie nie, maar ek dink wel van hulle het ‘n probleem met my. 😆

    Like

  2. Weet jy wat is lekker van familie vandat ons by die see bly? Hulle kom een-een kuier, en ons het mekaar nou eers behoorlik leer ken. Groot kuiers is vir my te oppervlakkig en ek geniet niks

    Like

    1. Een een of ‘n klomp gelyk, altyd is dit lekker! Ek is ‘n familie-mens en die kriewelinkies is maar min. Ek het maar net geskryf van kriewels omdat ons beslis nie ‘n Perfekte FAMILIE is nie. maar ons sal deur die modder loop vir mekaar.

      Like

  3. Familie is een groot seen, al is daar af en toe “kriewelinge.” As daar in jou bos begin kap word, besef ‘n mens eers hoe waardevol elkeen regtig is.

    Like

Gesels saam, asseblief!