Eentonig die is ons nie

Ons dogters het besluit dit is tyd dat hulle pa ‘n bietjie bederf word, en watter beter manier as om hom vir’n “Full Spa French Pedicure,” te stuur. 😆 Hulle weet hoe lief ek vir enige pamperlang ding is, dus word ek in die bederf ingesluit. 🙂
So beland ek en hy in ‘n kamer vir twee…. en daar lê ons, elkeen se voete in ‘n voetbadjie. Die prentjie is klaar vir my skreeusnaaks, en telkens wanneer ek sy kant toe kyk, bars ek uit van die lag – en so begin die pret.  Elloise, my masseuse bring ‘n kleurkaart om van te kies – en net daar besluit my man sy toonnaels moet ook geverf word – “Enjoy life while you can,” sê hy aan die verbaaste twee dames. 😯  Hulle “yippee!” en verklaar al laggende dat dit nou hulle dag gemaak het.  Entoesiasties soek almal na die regte kleur vir die seldsame geleentheid.  Dit is kersfees, dus moet dit skitter, is nog een van my man se vereistes.
Na kerswas en rome, word ons toonnaels al laggende geverf – en ja, dit skitter!!  Deur die dag bel ons dogters om te hoor of pa dit darem geniet het.  Hy se “ja” maar bly doodstil oor die geverfde naels.  Wanneer ons almal saamtrek vir die kersnaweek, kan die meisiekinders sien wat gebeur as hulle hul pa in so ‘n plek loslaat.

Op die skitterende noot wens ek elkeen van julle ‘n geseënde Kersfees toe.  En toortsie, ‘n spesiale dankie aan jou – jy het so baie vir my beteken die afgelope paar maande.  Vrede vir jou en jou familie… geniet elke oomblik van julle kosbare tyd saam.

10 thoughts on “Eentonig die is ons nie

      1. Kaneel, jou man het die gees! Ek like dit ek like dit ek like dit!!
        Baie dankie vir die mooi woorde en wense. Jy besef nie watter inspirasie jy weer vir my is nie! Ek is so bly jy het by my aangesluit! Dis elke keer so ‘n heerlike verrassing as ek die blog oopmaak en hier is iets nuuts van jou. Dankie vir jou, en ‘n baie baie geseënde Kersfees!!

        Like

    1. Reinhardt ek het ‘n foto probeer laai, maar die ding het nie so lekker gewerk nie. Sukkel mos met “cyberworld.” Ja, die liewe man van my en sy baie streke 😆

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s