Huweliksherdenking

Ons het gister ons soveelste huweliksherdenking gevier.  Menslik gesproke was hierdie huwelik van die begin af gedoem tot mislukking.  Ek, stukkend van binne oor die drie kinders uit my vorige huwelik waarmee my eks op vlug was.  My familie wat my eers afgeskryf, en daarna vyandig-gesind was oor my verhouding met ‘n man wat nie hulle goedkeuring weggedra het nie – deels omdat hy Engels was.  My aanstaande man ook geskei, en dan ons negemaande oue baba wat uit die verhouding gebore is – wat deur die familie aan beide kante verwerp is – was nou nie juis jou ideale paartjie nie.  Soos ons daar voor die magistraat gestaan het, was ons lewens in ‘n gemors.  Groter nog as wat ek besef het, want God was glad nie in ons prentjie nie… nie van ons kant af nie in elk geval.

Die dag het dus nie gepaard gegaan met groot opgewondenheid, pragtige rokke, blomme, musiek en feesviering nie.  Nee dit was in ‘n koue magistraatskantoor met ‘n vaderlike magistraat wat oor ons papierwerk gefrons, en met “ek sien altwee van julle was voorheen getroud,?” opgekyk het. Ons het ons koppe instemmend geknik, en toe gaan hy voort: “Is julle seker julle wil trou, ek soek julle nie weer oor ‘n paar jaar hier voor my nie?”  Hy wag vir ons “ja” of “nee,” lees uit die papiere hier voor hom iets af, sê ons kan ons trouringe aansteek, en verklaar ons man en vrou.  My vriendin en haar man teken as getuienisse; sonder veel seremonie is alles verby, en ons stap uit.  Buite die gebou neem ons ‘n paar fotos, gaan drink koffie, en eet koek by my vriendin aan huis, en daardie aand gaan slaap ek met ‘n nuwe van.

‘n Groot deel lewe speel hom af tot ‘n oggend vele jare later toe ek my oë oopmaak – en met die vaste besluit dat ek vandag ‘n prokureur gaan sien om ‘n skeisaak aanhandig te maak – opstaan.  Dit was nie ‘n oornag besluit nie, ek het meer as net myself gehad om aan te dink…. vêr meer.  Een maal tevore het ek ‘n einde aan ‘n klugspel van ‘n huwelik gemaak, en het nogsteeds die bitter vrugte daarvan gepluk.  Die dae waarop ek my lewe na my wil en welbehae gelewe het was ook verby.  Ek het kaart en transport nou aan Jesus behoort, en my “allegiance,” het by Hom gelê.  Terwyl ek bad en aantrek gesels ek met die Here: “Ek weet U haat egskeiding, maar ek is moeg, so vreeslik, vreeslik moeg.”  Stilte.  Ek vertel Hom van die jarelange geestelike oorlog wat in ons huis voortwoed – nie net vir ons huwelik nie, maar ook vir die gesin.  Hierdie huwelik was vir my baie werd, maar ek is moeg.  Dit is nie selfbejammering wat praat nie, dit is ‘n voosgeskiete oorlogsmoë kind van God wat hard baklei het, en nou te moeg is om aan te gaan, wat haar hart voor Hom uitstort.

Handsak in die hand stap ek voordeur toe. In die sitkamer lê my bybel met die “Daily Bread” bo-op.  ‘n Speldeprik in my binneste laat my vassteek; Ek het nog nie my vroeë-oggend afspraak met die Here nagekom, en Sy kosbare Woord gelees nie.  n Afspraak waarna ek elke oggend so uitsien.  Ek gaan sit in ‘n leuenstoel en tel die “Daily Bread” op. By die dag se datum slaan ek oop, en begin lees; “Therefore what God has joined together, let not man separate.” Asof ‘n slang my pik slaan ek die boek toe…. “Here, ek weet – ek het vir U gesê ek weet U haat egskeiding!! Ek kan net nie langer aanhou nie.” Stadig maak ek die boek oop en lees verder:
“When a man and a woman unite in marriage, they are entering a permanent relationship.  They are committing themselves to each other for the rest of their lives.  That’s how God intended it.  His ideal for marriage is a one-flesh union that is binding till death.  In secular society, however, as well as in the Christian community, couples often separate and end the marriage in divorce.  They think it’s easier to quit than to work things out. In his book Strike the Original Match, Chuck Swindoll writes, “During England’s darkest days in the late 1930s and early 1940s, it was a pudgy, cigar-smoking, unimpressive-looking man who held the country together.  While other voices were shouting ‘Surrender!’ Sir Winston Churchill stood fast.  Bombs devastated city blocks, buildings crumbled, bridges fell, but the stubborn Prime Minister refused to budge.  Never once did he consider… negotiating… He operated on a simple rule of thumb when it came to winning a war.  On numerous occasions Churchill stated his philosophy in six words: ‘Wars are not won by evacuations.’ Swindoll comments, “Surrendering is not an option if you plan to win a war – or succeed in a marriage.”  Bombs may be bursting over your marriage right now.  Buildings are crumbling.  Bridges collapsing.  Please PLEASE, don’t give up!  Keep working at it.  Pray together.  Talk.  Seek help.  Trust God, He will help you.  If you want to win, surrender is not an option.”

Daar is by my geen twyfel nie – God het gepraat – en dit is vir my om te gehoorsaam… of Sy stem te ignoreer.  Ek buig my kop, en so ook my gees, en gee my oor aan die Een wat alle Wysheid in pag het.

16 thoughts on “Huweliksherdenking

    1. Dit is wat ons almal nou voor Kersfees nodig het…. so ‘n bietjie soet!!! Sien Reinhardt stuur sommer vir jou ‘n pot suiker 😉 Enjoy!!!

      Like

  1. Kameel, ek voel ek moet iets vir jou sê, ek wil iets sê, maar ek weet nie altyd wat nie. Daar is soveel gedagtes en emosies wat hiedeur ontlok word. Ek waardeer dit dat jy jou lewe met ons deel, en wens ek kon iets doen om die tyd terug te draai en dinge anders laat uitdraai. Ek admireer jou.

    Like

  2. Reinhardt, ek het ook al gewonder as ek die horlosie kon terugdraai – met die wysheid wat ek nou het – wat sou ek anderste gedoen het. 1. Nie op agtienjarige ouderdom my rug op God gedraai, en die beheer van my lewe self oorgeneem het nie. PUNT.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s