Sewe skandes…

Dankie, Son, dat jy ons hele blogland nou omgooi en ons nou almal se skades en skandes gaan hoor en natuurlik lekker saamlag!! Ek is mos nie eintlik een wat ‘n geheim kan hou as ek van myself ‘n GAT gemaak het nie, so, eintlik dink ek julle weet alreeds ALLES van my af!

15 Mense nomineer om dieselfde te doen??? Is hier ooit 15 bloggers?? Ek sal benoem so ver ek kan, en as jy dalk deur twee mense gekies word, WEET dat jy jou skades en skandes MOET vertel!! 😈 Sal die volgende mense asseblief ook julle 7 skades en skandes vertel en onthou om weer nog mense te benoem!

Senings; Seegogga; Chess; Demoerin; Jan Twak; Jagter (hoog tyd dat jy ‘n slag weer skryf!!); Klippie; Olga; Roer; Maankind; MurphySlakkelak; Ons Vee-arts; en natuurlik Kameel!!

Sjoe! Stokflou! Na ek al hierdie mense ge”tag” het, dink ek nie ek gaan verder skryf nie, maar eerder net op my bed lêêêê…….

Van op my bed lê gepraat – my eerste doodsonde – ek staan swaar op in die oggend. En dan vat dit nog twee ure om wakker te word. Dis gewoonlik in daardie twee ure wat ek kom sit en staar na blogs en facebook. Vir die nie-bloggers en nie-facebookers is dit super kommin!!

Oeeeee, ek HAAT ‘n kerkbasaar! Ekskuus, Donkie, maar ek hou regtig nie van daardie massa-histerie nie. Daardie gestorm vir die vleis en die vies omdat tannie Tertjie die koek gevat het wat ek wou hê….  😳

Ek het GEEN ball-sense nie. (Oraait, nie wat my MAN aanbetref nie!! 🙄 ) Ek koes as iemand vir my ‘n bal gooi.  baddddd sheep!!

Ek haat HAAT H A A T  rugby!  😦 Ek kan net nie dink dat een mens drie wedstryde in ‘n ry kan sit en kyk voor ‘n TV nie, terwyl al die gordyne toe is nie, en baie beter weet as die spelers nie!! Ek wonder altyd hoekom hulle nie hierdie mens in die span het nie??

Al skryf ek so baie oor liefde en vergewe en vergeet is daar iemand wat ek regtig nie van hou nie. Glad nie van hou nie. Ek gun haar als wat mooi is, solank ek net niks daarmee te doen hoef te hê nie. (Ek het haar regtig al vergewe, hoor! Ek wil net graag my eie lewe leef en sy’s welkom om hare te leef soos sy graag wil.)

Ek kan nie swem nie. ❗ Wel dryf op my rug, en effens hondjie-swem. Maar klipswem – GLAD NIE! , want ek hou nie van water in my gesig nie! :mrgreen:

Ek het al kleintyd van afrikaanse musiek gehou, toe NIEMAND anders daarvan gehou het nie….

ek is grys. en ‘n people-pleaser (bad bad bad!!!)

(‘n skaam toortsie!!)

Advertisements

26 thoughts on “Sewe skandes…

  1. Sjoe, julle dink of ek het baie om te vertel – of daar is nie veel ander emnse om te tag nie 😆 Ek belowe ek sal hieroor gaan dink. Ek kan weer gladnie verstaan dat iemand nie van rugby hou nie. Weird.

    Like

    1. Ek dink nie hier is al êrens op hierdie blog geskryf dat die Toorts NIE weird is nie…. 😉 miskien is HAAT dalk te kras? Ek hou net regtig NIE daarvan nie!! Hoop JY geniet dit! 🙂

      Like

  2. Eish Toortsie… Jammer ek blog maar min die laaste tyd. Is besig met ‘n Level 5 Etdp kursus wat my erg besig hou, EN dan nog trou en vakansie relings… MAAR aangesien ek “getag” is sal ek gehoor gee op jou bevel. 🙂

    Like

  3. Maankind, so bly ek is nie al een wat weird is nie!! Nog iemand wat nie van rugby hou nie. Ek ken nog EEN so ‘n persoon, maar ek sal haar nie hier blootstel nie.
    Seegogga, met 15 wat genomineer moet word, sal elkeen van ons seker 10 keer getag word!
    Jagter! DIS DIE GEES!! 🙂

    Like

  4. Eish! se ekke ook. Daardie ‘chess’ van die Chess Rivier – se blog is lankal dood. 🙂 Toorts, Chess het by jou vasgehaak, ek is bly daardie blog het so indruk op jou gemaak, miskien moes ek dit tog gehou het. Die rivier vloei nogal sterk hier waar ons bly. Net jammer dis nou bittttttter koud hier by ons. Iewers het ek ‘n baie mooi foto, sal dit vir jou moet blog. 🙂 Jong, ek sal moet gaan dink oor hierdie ‘skandes’ – die opdraggie sal na volg week voltooi kan word, dan het ons weer ‘n kort vakansietjie. ek ek LIEEEEEEEEEEEEFFFFFFFFFFFFF rugby!! my studente-dae boyfriend het vir 2 clubs gespeel: Adelaars en Harlekyne [Pta-Oos] en dan het ek beide oefeninge bygewoon [soos ‘n soet meisie daardie tyd gedoen het! 🙂 ] en elke Saterdag op Loftus. My pa het self gespeel – en ook ‘n rits ooms. 🙂 Rugby en krieket, man, dis my kos! [en F1]

    Like

    1. Nikita, of eintlik Krista, ek het regtig ‘n probleem om ‘n naam te onthou. ‘n Ernstige probleem. Ek het al my eie naam vergeet!! So, as ek jou op EEN OF ANDER manier onthou, wees maar bly, hoor!! En ek gee nie om as ander van rugby hou nie, hulle kom kyk selfs in my huis ook!! Ek sal jou nou nie daarom afskiet nie! My pa het nie rugby gespeel nie, ook nie ballsense gehad nie! Maar my broer en my man het! En as dit Vrydae koshuisrugby op Stellenbosch was, het ek altyd die 2e helfte gaan kyk as hy speel. Sy pelle het altyd vir my gewaarsku as hy die bal het of iets doen, dan het ek mooi gekyk, die res het ek eerder die toeskouers bekyk! Intervarsity was FANTASTIES!! Al die mannewales langs die veld het my so besig gehou, ek het soms nie geweet wie wen nie!! “oeps”!!

      Like

  5. Toorts – raak en nou lekker deurmekaar met jou en kameel se blogstukke vir kommentaar (min slaap is my einde!). Wou se jy het niks om oor skaam te voel nie!! Het dit geniet en om nie van rugby te hou nie is ‘n pluspunt TENSY jy in Springbok land bly 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s