Van Ursula tot ‘n plaasaanval…

Ek het die afgelope paar dae al ‘n hele paar stories in my kop gehad wat ek hier wou kom vertel, die meeste daarvan natuurlik al weer lankal vergeet. Ursula, wie nogals ‘n hele ruk redelik stil was, was verlede week só bedrywig, ek kon ‘n hele inskrywing net oor haar maak. Toe weer, gaan gister se preek oor Jesus se naam wat Immanuel is, wat beteken God met ons, en ek wou vertel hoe ek Hom in my daaglikse handel en wandel ervaar. Ek kom sit toe gisteraand by my rekenaar, reg om die storie te skryf…

Toe word daar oor ons plaasradio’s ‘n noodsein uitgestuur dat hier naby ‘n plaasaanval was en al die boere moet kom help, paaie moet geblok word….chaos…vrees…angs!!! WAT doen jy? Daardie mense is tien teen een gewapen!! Die boere staan saam. Die polisie werk ook saam. Dan roep ‘n ouerige tannie op die radio – wat moet hulle doen? Moet hulle man-alleen ‘n pad blok? Twee voertuie jaag soos “wit lig” by van die boere verby…. Hulle moet uitkyk vir ‘n Fortuner (tien teen een gesteel). Dit was by die huis waar ook net ‘n ou oom en tannie bly, maar niemand kan nog sê wat die toestand daar is nie. Al wat ek kan doen is om op facebook te vra dat my vriende sal bid vir ons boere se veiligheid, dat plaasaanvalle sal ophou en veral dat die skurke gevang word. My bene is LAM. Lam is eintlik nie die woord nie. Jou hart klop wie weet waar… ‘n Vriendin uit Italië bel omdat sy besorg is oor ons situasie… Toe hoor ons die mense is gevang, als het goed afgeloop…. en so ‘n rukkie later…. dit was ‘n skyn-aanval, net ‘n oefening.

My eerste reaksie is om kwaad te wees. Maar sekondes later is ek net dankbaar. DANKBAAR. D A N K B A A R ! ! !  En ja, hulle MOET ons toets, om te sien of ons paraat is. Maar ek is so dankbaar dat dit nie ‘n regte aanval is nie, dat die oom en tannie veilig is, dat die boere saamgestaan het, dat die polisie saamgewerk het. Dat God my gebed gehoor het! Want HY HET!! En ek glo dat dit veroorsaak het dat ‘n hele klomp mense skielik vir ons land se situasie gebid het.

Dis die realiteit van lewe op die plaas…..

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake, Ursula and tagged . Bookmark the permalink.

8 Responses to Van Ursula tot ‘n plaasaanval…

  1. Kameel sê:

    Ek kan net dink hoe ‘n angswekkende tyd dit vir julle was. Bly om te hoor alles is reg, en dit was ‘n skynaanval. Dit is darem nie ‘n grap om so te leef nie. Het eenmaal in ‘n gebou gewerk waar daar ‘n “bomb scare,” was. Daar van die sewende vloer af LOOP ons, soos hulle ons gevra het trappies toe (hysbakke ‘n “no go,) en begin met ons harte in ons kele afklim. ‘n Vrou onbewus van die gevaar, kom teenoorgestelde rigting aangeloop, en vra wat gaan aan…. baie bang se ek vir haar “there is a BUM in he building.”

    Like

  2. Toortsie sê:

    Die angswekkendheid daaraan was nie dat ek bang was dit sou weer gisteraand gebeur nie, maar die besef dat dit al hoe nader en nader kom. In hierdie jaar was hier al 3 aanvalle nie te ver van ons af nie. Dit raak aan jou vel. Genadig is die skelms nog elke keer gevang.

    Like

  3. Terug pieng: Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur

  4. Terug pieng: Daar was weer ‘n plaasaanval | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  5. Ek weet nie of jy nog onthou van aanvalle op Sasol II in Secunda 1979-80. Dit was juis die tyd wat ek getroud is en my man het daar gewerk. Dis angswekkend veral met nagskof gewees. Gaan hy weer tuis kom of…. So naby aan n mens. Die skole wat beskerm moes word was ook die verantwoordelikheid van ons as onderwysers gewees. Dis alles net partymaal te veel. Tog met geloof het ek(my familie) oorleef.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s