Wisselende “headings”

Hierdie is deel van die skrywes vir ons “ouer” mense, ons wie nie grootgeword het met rekenaars nie. So asseblief jonges wie met rekenaars gebore is, blaai maar hierdie een!

Ek reageer op ‘n vraag van Seegogga. Hoe kry mens dit reg dat die foto’s bo-aan jou blog verander.

Eerstens moet jy ‘n tema kies wat ‘n “custom header” het. Een wat toelaat dat jy jou eie foto mag opsit.  Jy kies “Appearance”, dan “Themes”.  Ek gebruik “Twenty Ten by the WordPress Team.”

Kies dan “Header”. Onthou om jou foto wat jy bo-aan wil sit eers kleiner te maak.  By “upload image” kies jy Browse en kies jou foto. Upload.  Op dieselfde manier laai jy al die foto’s op wat jy as “headers” wil gebruik. En dan kies jy “random” en al die foto’s wat jy opgelaai het, maak beurte om te verskyn. So maklik!!  😆

As daar ‘n foto is wat nie so mooi is nie, kies jy in die kantlyn “media” en “library”. Kies die foto’s wat jy wil afhaal en “delete”.

Om stap vir stap te sien hoe om ‘n blog te begin, kliek hier.

Groete, Toortsie

Advertisements

4 thoughts on “Wisselende “headings”

  1. Kyk Tootsie dat jy jou pad op die rekenaar ken- die kan ek sien. Maar hier gaan jy nie vir my die lig kan aanwys nie. Ek wonder dan hoe op aarde tik jy “seegogga,” en dit kom blou uit, en ek glo as ek daarop gaan kliek, gaan dit my na haar blog toe vat. Mooi man!!!!

    Like

  2. Dame, as jy in hierdie skrywe kyk, is daar ‘n laaste, amper allerlaaste sin: Om stap vir stap te sien hoe om ‘n blog te begin, kliek hier. As jy op die “hier” hierbo kliek, gaan dit vir jou neem na ‘n skryfsel wat vir jou baaaiee goedjies gaan verduidelik. Soos om Seegogga se naam pers te kry en dan as jy daarop kliek, dit soontoe te neem. As jy nie regkom nie, praat weer.
    O Ja, van WordPress het eers my seun, maar veral Xena Phobia, oftewel Herriemerrie my BAIE geleer.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s