‘n Voël verander…

‘n Voël verander van veer maar nie van kleur….. Dis die opdrag wat Seegogga eers net vir Xena, maar ook later vir Maankind en my gegee het. Skryf hieroor!!

Ek kon nou vir julle ‘n lekker “horror”-storie oor hierdie onderwerp skryf, maar nee wat!! Ek is nie lus nie! My skoonma het een keer die spreekwoord, “Jakkels verander van kleur, maar nie van streke nie”, gebruik.

Dit is beslis so dat daar dinge is wat in ons “natuur” is om te doen. Nie altyd mooi dinge nie. Ons almal het sulke goed in ons mondering, gelukkig is die lelike goed in ons mondering nie altyd SO lelik nie! En dis die mees natuurlike ding om, al wil jy dit dalk nie doen nie, dit tog soms te doen, in ‘n oomblik van swakheid. En al vra jy hoeveel keer om verskoning, is die kans daar dat jy dit wéér sal doen…

Maaaaaarrrrrrrrr…. Ek praat uit ondervinding dat ‘n mens tog swakhede in jou mondering kan afleer. Daarvoor is daar twee dinge nodig. Eerstens, ‘n baie sterk WIL om dit te verander. Want as jy nie regtig wil nie, kan jy regtig maar op jou kop staan, dit SAL nie verander nie. In samewerking met daardie WIL moet jy regtig alles in jou vermoë doen om dit af te leer. En ook hulp gebruik, sou dit byvoorbeeld ‘n verslawing wees.

Maar al het jy AL die hulp in die wêreld, al het jy al die WIL wat menslik moontlik is, as jy nie dit in die hande van die Heilige Gees plaas nie, is dit ‘n verlore stryd. Daagliks voor Sy voete lê. Elke keer as jy misluk, dit WEER vir Hom gee. Daaroor bid.  Eers dan sal jy oor tyd besef dat jy dit bemeerster of oorbrug het.

Dit IS moontlik…. Die voël kan van kleur verander… met baie moed, geduld en gebed.

Nou moet ek die stokkie aangee. Die idioom waaroor Laviga en Kameel moet skryf, is: “Elke hond kry sy dag”  Onthou om die stokkie weer vir iemand anders aan te gee, saam met ‘n nuwe idioom!! 🙂

Groete, Toortsie

Advertisements

3 thoughts on “‘n Voël verander…

  1. YES!!!! ‘n Voel kan van vere verander sowel as van kleur… dit word genoem wedergeboorte. Jy is nie oornag ‘n heilige wese sonder sonder foute nie, maar deur die krag van die Heilige Gees wat daagliks in jou werk (as jy Hom toelaat,) verander jy.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s