die Toorts se liggie

Xena het my nou al behoorlik gek gekerm omdat my lighuisie se liggie dood is. Ek HET al verduidelik dat wanneer julle hier lees, die liggie klaar geflits het. Maar kerm is kerm!! Ek het toe by Seegogga wie baie geduld het, ‘n foto gaan leen/steel/what-ever met ‘n liggie wat skyn. So, my “gravatar” wat julle sien, kom van haar af. Baie dankie. sy neem in elk geval fantastiese foto’s.

Intussen daag ek toe vir Xena uit om SELF ‘n foto van die lig te kom neem. Hy flits, let wel FLITS net elke 5 sekondes. En hy flits ook nie heeldag nie! Om hom dus raak te mik met jou mik en druk, is nie altyd so maklik nie. Sy (Xena) was toe so oulik om vir my ‘n paar lighuise met flitsende ligte te stuur, waarvan net een onse eie Toorts is. Maar ek moet erken dat ek nog nooit die lighuis SO sien flits het nie!! Ek gaan soek toe SELF by Google Image en op 3 bladsye VOL foto’s was daar slegs twee met ‘n flitsende lig. Dit laat my nogals wonder…

Vanaand onthou ek toe om ‘n slag op my eie rekenaar te loop soek. Hierdie foto’s het ek SELF geneem met die lighuis in die verte… (nie die beste fotograaf nie, maar trots daarop)

En kyk hier! Die lig flits!!

Met ‘n gewone mik en druk raakgedruk. Die kamera was nie op “burst” gestel nie!! Julle dog ek kan nie, né???

9 thoughts on “die Toorts se liggie

  1. toortsie, ek gee toe, ek het die afgelope tyd ander mense se blogs net “gespoedlees”, so ek vang nou nie heeltemaal wie kameel is nie. dis jy, maar ook nie… of het toortsie nou in die woestyn gaan bly tussen die kamele?
    skuus, ek is bietjie stadig…

    Like

    1. As jy meer wil lees, kan jy gaan lees oor “nuwe bloed” en ook “hier is ek”. Kameel is ‘n vriendin, van wie ek so tussen die lyne gelees het, dalk lus sal wees om op ‘n blog te skryf. Maar nog nie genoeg moed bymekaar geskraap het om haar eie blog te begin en aan die gang te hou nie. Een dag maak sy ‘n opmerking teenoor my en ek nooi haar om sommer hier by my te kom skryf. So, ek is nie Kameel nie. Ek is Toortsie. En Kameel is Kameel, en beslis nie ek nie! In wese en in lewe is ons twee verskillende persone. Die een woon in die suide van SA, die ander in die Noorde!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s