Wegbreek

Soms kom jy en jou huweliksmaat net nie meer by mekaar uit nie. Daar is niks meer om oor te gesels nie, en as julle praat, is dit oor probleme wat net nie uitgesorteer kan word nie. Soms is die probleme regtig groot en het julle ‘n onafhanklike persoon nodig om julle te help om die probleme uit te sorteer en uit te kommunikeer.

Maar soms is daar ‘n baie makliker uitweg!

Ek glo met my hele hart dat ‘n paar dae weg, net julle twee alleen, wondere verrig. ‘n Naweek wat julle mekaar bederf (dit hoef nie duur te wees nie), maar wat julle aan mekaar se diepste behoeftes aandag gee, gesels, stap langs die see sonder inmenging van kinders of wie ook al, wat jy saam piekniek maak as jy nie ‘n uit-eet kan bekostig nie, wat jy sommer net op jou maat se goeie hoedanighede konsentreer en weer onthou hoekom julle vir mekaar lief geraak het. Wat julle seks het met mekaar en so sommer ‘n klomp hartseer verwerk. En dan, as die hormone teenoor mekaar weer meer positief is, is mens ook meer geneig en gewillig om na mekaar te luister.

So ‘n naweek mag beslis nie gebruik word om probleme uit te sorteer nie, maar om mekaar te vind…. DOEN DIT ASSEBLIEF!!! Vertel mekaar hoe julle mekaar mis, hoe lief julle mekaar het, hoe nodig julle mekaar het.

Onthou net, resultate kom nie altyd dadelik nie, so besluit vooraf dat jy nie gaan teleurgesteld word met die eerste terugslag nie, omdat die vertroue weer opgebou moet word. Sy reageer dalk nie heeltemal soos jy dit wou he nie, maar byt vas, ignoreer dit. As julle mekaar eers weer in julle liefde en saamwees vertrou, dan kan daar begin werk word aan die ander groot probleme.

En nog steeds lê een van die grootste geheime verskuil in saam Bybel lees en bid. “Those who pray together, stay together.”

10 thoughts on “Wegbreek

  1. Toe lees ek jou bybelaanhaling verkeer… “Those who PARTY together, stay together.” Is dit nie maar wat jy bedoel het nie…. as ons alles nie so ernstig opneem nie, en ‘n bietjie meer saam “party,” kan dit net goed wees vir ons verhouding 😉

    Like

    1. Ek het eers doodseker gaan maak of ek nie ‘n spelfout gemaak het nie, maar ek het reg gespel. Ek wou skryf dit wat ek geskryf het, maar wat jy sê, is ook waar. Maar dan moet hulle SAAM party en nie net saam na een gaan en elkeen op sy eie partie nie!! Ja! Ons MOET saam plesier ook hê, anders raak die verhouding darem NET TE ERNSTIG!

      Like

  2. ja nee, tyd dat ek die meisie bel wat na ons katte kyk, en iets beplan vir ‘n sneeuerige naweek in die berge …
    dankie dat jy ons herinner aan die tyd vir mekaar, ons raak so maklik vasgevang in werk en swottings.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s