Geheime kinders

Die prys wat Christene betaal in die vervolgde Kerk, is baie hoog. Kinders is egter nog meer kwesbaar.

Volgens ‘n organisasie wat by die vervolgde Kerk betrokke is, wie se naam ek nie so in die openbare media bekend wil maak nie, kry kinders baie swaar. Hulle word afgeknou by skole. Baie kinders se ouers is in tronke wat dit vir hulle as kinders baie moeilik maak om dit te verwerk en om staande te bly terwyl hulle wag om met hul gesinne herenig te word.  Soms word hulle hawelose straatkinders, hulle moet geweld aanskou, terwyl daar baie min hoop op die toekoms is.  Hulleself is ook kwesbaar vir geweld en mishandeling omdat hulle Christene is. Hulle lewe soms ‘n dubbele lewe – by die huis is hulle vry om Jesus lief te hê, maar by die skool mag hul glad nie van Jesus praat nie. Hulle maats verwag van hulle om saam na die moskee te gaan en indien hulle weier, word hulle verstoot en vermy. Hulle verloor hulle vriende omdat hulle Christene is. Soms word ‘n kind wat tot bekering kom uit ‘n ander geloof, word deur sy eie gesin verwerp.  Soms word Christenkinders selfs uit skole gesit.

Hierdie organisasie van wie ek hierbo vertel het, doen baie om die kinders te bemoedig en te ondersteun waar hulle kan. Hulle doen opleiding en ook opheffingswerk om Christene meer te bemagtig.

Die minste wat ons kan doen is om vir hierdie kinders te bid. Ons kan ook Sending-organisasies finansieël ondersteun, of self by hulle betrokke raak. Hierdie organisasie het egter ‘n 48 BLACKOUT-projek waar hulle vra dat ons ‘n opskop veroorsaak deur STIL te bly vir 48 uur. Nie stil dat ons nie praat nie, maar vir enige 48 uur van ons keuse te “Blackout” van enige sosiale media, selfs SMS’se. Ek haal hulle aan: “Bly stil vir miljoene Geheime Kinders wat in van die gevaarlikste dele in die wêreld woon.”

Ekself onderneem om van vanaand, Satrerdag 5 November om 10 nm stil te bly, deur glad nie my blog of facebook te besoek nie. Vir 48 uur. Dus, tot Dinsdagaand 10 nm.  In hierdie 48 uur, wanneer my blog of facebook roep, sal ek aan hierdie kinders dink en vir hulle bid.  Indien jy dalk ook so wil betrokke raak, doen dit! Sodat meer mense bewus raak van die feit dat Christene, veral Christenkinders, wêreldwyd mishandel word vir hulle geloof.

As jy nog nie weet hoe ek oor sending voel nie, lees hier en ook hier.

 

 

One thought on “Geheime kinders

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s