Heerlike somerslaaie

Al hierdie slaaie is heerlik saam met braaivleis of enige ander kos.

Anne-Marie se pienk noedelslaai

Sous:

325ml kookolie

250 ml wit asyn

1 blikkie tamatiepuree (410g)

half kg gekapte uie

Sout, peper, Sweet Basil

500 ml suiker

Kook sous 15 min tot sag. Verdik met 2 tl maizena. Voeg 100 ml mayonnaise by. Gooi oor 500 g skulpnoedels, net sag gekook.

Bottel warm.

Die vrou wat die Tupperware verkoop het, se Appelring

4 groot groen appels, geskil en gerasper (werk vinnig, dit word bruin!!)

30 ml suurlemoensap

2 pakkies groenpruimjellie

1 blik fyn pynappel

kersies en neute

Maak jellie aan met pynappelsap en vul aan tot 500 ml kookwater. Laat afkoel. Voeg res van die bestanddele by en meng deur. Giet in Jel-ring en laat stol.

………………………………………………………………………………………………………….

DSC08086

DSC08088

My skoonma se Beet Blatjang

500 ml asyn

750 ml suker

6 k gaar beet, geskil en in blokkies gesny

2 groot uie, fyn gekap

15 ml kerriepoeier

5 ml sout

45 ml maizena, aangemaak met ‘n bietjie koue water

Meng suiker en asyn saam in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte, roer totdat suiker opgelos is voor dit begin kook. Bring tot kookpunt en voeg beet en uie by. Laat prut vir 10 minute. Voeg die kerriepoeier en sout by en laat prut vir nog 5 minute. Voeg Maizena by en kook goed deur.

Bottel warm.

Dis nou eers genoeg. Lekker eet! Eet is ALTYD lekker! (Vra my, ek weet!) 🙂

Loer by Pinterest vir meer resepte waarna ek verwys.

O ja, net so ‘n na-gedagte. Ek het ‘n koerant gehaal. Die Suidernuus, plaaslike koerant van ‘n klompie dorpe hier aan die Suidpunt. Oor my skryfsel oor die ontstaan van die Voet van Afrika-Marathon.   Darem niks leliks nie, ek is net aangehaal.  Dog ek wou net sê, dis nie iets wat aldag met my gebeur nie. 😉 ❗ 😆 🙂 YES!!!

Groetnis,

Toortsie

Ns. Al bogenoemde resepte kom uit my lewe VOOR BANTING. Nie een van hierdie resepte is geskik vir die Bantingleefstyl nie.

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekpage

12 thoughts on “Heerlike somerslaaie

  1. My dogters kan die resepte uitprobeer – maar dan is nie een se naam Julia of Julie nie. Geluk dat jy die koerant gehaal het… bly dit was nie ‘n moord wat ‘n opskudding veroorsaak het nie 😉

    Like

  2. klink heerlik gaan beslis die Appel een probeer en die beet een 🙂 die noodle een ken ek maar ek sit net soetrissie by maar bottel nie , ek maak dit vars, dit is regtig heerlike resep baie dankie 🙂

    Like

  3. ek is vir die volgende twee weke alleen by die huis, en het eintlik beplan om net slaai te eet, want ek kook nie graag net vir een nie, hehehe. maar as jy ‘n lekker sopresep het mag ek dit dalk net probeer… sonder vleis natuurlik!

    Like

Gesels saam, asseblief!