Om ‘n splinternuwe woonstel in te rig is mos maklik, so ‘n dag se werk. Of hoe?
Toe nie! Die blindings neem so 10 dae om te kom. Ek het gedink dis die grootste oponthoud, maar ek het gou geleer!! Matrasse vir die beddens tot my beskikking moes bestel word. Volgende week, mevrou. Tot ek later ontdek het dat ek vir verkeerde beddens matrasse bestel het!! Was DIT nou ‘n proses om dit omgeruil te kry! Daar is natuurlik niemand anders te blameer as die uwe nie.
Die koopkragmeter moet nog opgesit word. Ek bel die munisipaliteit en hulle belowe 14 dae en niks gouer nie. Toe die 14 dae om is en ‘n paar oproepe verder, is die probleem dat daar een of ander sertifikaat uitgereik moes word (ek neem aan deur ‘n elektrisiën). Die persoon wat daarvoor verantwoordelik is, is in Nieu Zeeland. Die dierbare man by die munispaliteit doen toe regtig baie moeite en spoor die man op, hy verklaar dat die krag veilig is en hulle kan voortgaan om die meter op te sit.
Die stort moet ‘n deur kry, en net mooi op daardie oomblik is die regte persoon besig om in die woonstel langsaan te meet vir ‘n deur. Maaaar die opening is 10 cm groter as ‘n standaard deur. Mevrou, so 10 dae… wat ‘n bietjie langer geduur het en toe is die deur sowaar verkeerdom opgesit. Genadiglik was onsself so ‘n paar weke gelede in ‘n gastehuis met ‘n verkeerdom deur en ek weet toe watter gemors dit is. Die deur is darem weer reg!
Van die plaas af moet twee stoele kom. Eintlik nog ‘n bank by, maar my meisiekind oortuig my gou dat die ander bank oorbodig is. Want sien, dis die bank waarop sy voor die TV lê!! Van TV gepraat. Daar is gelukkig ‘n skottel in die kompleks, so daar is net ‘n dekodeerder nodig. Die persoon wat die dekodeerders aktiveer, moet eers een bestel. Die ander moontlikheid is om by iemand anders ‘n dekodeerder te koop, maar wie installeer dit dan? Die uwe probeer toe self, maar druk toe die draad in verkeerde gaatjie. So, R150 verder vir 2 sekondes se werk, was dit darem ook reg! Maar ek was nog aan die vertel van die banke. Elke moontlike man op hierdie plaas werk op die oesland, so ek en my huishulp laai toe die twee stoele. Sommer so lossies agterop die bakkie. Toe ek op die land aankom, kry manlief amper stuipe, want hulle gaan stukkend skuur soos ons dit opgelaai het! Die tou is sommer so losweg vasgemaak en die klap van die bakkie was oop! Maar weer eens kan ek op die Genade staatmaak, en die stoele het net vol stof, maar sonder ‘n nuwe skrapie daar geland. 🙂
Beddegoed. Als wit, als dubbeld. Maar ook daarvan moet bestel word, so 10 dae!
Toe die kragboks toe UITEINDELIK aangesit is, kon ek gaan krag koop. Maar daar is ‘n fout met die dorp se meters en geen koopkrag is beskikbaar nie. Toe die krag egter werk, was dit net tjoeftjaf en als is gedoen! Die Handyman het gou gekom en als opgesit en vasgeskroef wat nodig was en siedaar!! Wat ‘n plesier, ten spyte van al die frustrasie!
So, as jy in die laaste helfte van 100 jaar is en jy wil in Bredasdorp blyplek hê, HIER IS JOU GELUK!!
https://toortsie.wordpress.com/2011/08/10/plekke-waar-ek-al-lekker-gebly-het/
Bredasdorp: Selfsorg 2-slaapkamer woonstel VIR PERSONE OUER AS 55 JAAR, kontak Anne-Marie by 028 425 2724 of 082 897 4737. Vra spesifiek vir SUIKERBOSSIE!! 🙂
Hoekom eers laaste helfte van 50…?
LikeLike
Lyk pragtig! En watse deursettingsvermoë om alles klaar te kry. Baie geluk!
LikeLike
Waar is die skakel? Jy moet wys, suster.
(En toemaar, mens is eintlik nooit klaar ingerig nie, want nes als klaar is, pak ‘n TV op. En dan pas die nuwe bv nie in die oue se plek nie, dan moet jy… Of iemand vang iets aan met jou mat soos ‘n strykyster… Wat jy dan moet vervang (Was terloops ‘n gawe Afrikaanse tannie van 70)
LikeLike
Dis in n kompleks vir ouer mense. Dit staan in die titelakte. Ek dink die doel is ‘rustiger’, nie n spul hoetende, toetende motorfietse, ens…
LikeLike
Partykeer is dit nie so bad om in die wille stad te bly nie.
LikeLike
gaan dinge gouer daar??
LikeLike
Ek glo so ja
LikeLike
In die “moederstad” neem dinge ook glo 9 maande om te gebeur!! 🙂
LikeLike
Ek wil my al verbeel ek het die woorde erens gehoor “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.” 😉 Mag jou mat ‘n strykyster vryspring!!
LikeLike
😉
LikeLike
En sommer so tong in die kies…. jy druip jou “jack of all trades,” met daardie dekodeerder. Wat is ‘n dekodeerder? 😆
LikeLike