Die Voet van Afrika marathon is nou nog op my brein en in my lyf, my ligamente, my heupe, my voete!! 😉 Daar was so ‘n ligte onsekerheid of ek dit wel 10 keer gedoen het, en dit maak toe dat ek die medaljes uitsorteer en seker maak. Intussen het ek bevestiging van die Voet-kantoor gekry dat ek dit wel 10 maal gedoen het.
Die eerste 2 keer was in 1979 en 1980. Toe was daar nie medaljes uitgedeel nie, maar slegs ‘n materiaal-wapen wat op ‘n sweetpak vasgewerk was. Die twee wapens is nog iewers in my huis, maar waar op aarde het ek dit weggepak??? 😯
So lyk die ander:
Ja, ek weet! Die som klop nie! Want 2 + 7 = 9! Hier is die 10e een:
Hoekom is hierdie medalje dan geraam? Wat maak dit spesiaal? Die Voet van Afrika was in 2005 op 8 Oktober. Op daardie stadium was iemand baie naby aan my alreeds vir meer as 2 weke in ‘n koma en sy kanse op herstel uiters skraal. Die hele gemeenskap het vir hom gebid. Ek het daardie dag “vir hom” gestap. Die medalje sou syne wees. Indien hy sou lewe, sou ek dit vir hom gee, as hy sterf, sou dit nog steeds syne wees. Daardie middag, 8 Oktober 2005, op sy ma se verjaardag, het hy sy oë oopgemaak! Prys die Heer! Ons eie Seegogga het die medalje vir my geraam en Kersfees het ek dit vir hom gegee. Hy het volkome herstel.
Ná sy dood so twee jaar later, het sy kinders vir my die medalje teruggegee. Agterop staan in my handskrif geskryf: “Aan die wonderlikste, oulikste, beste vasbyter in die Hele wêreld!! – Kersfees 2005”
Dis lank gelede…
Ek onthou daardie raampie. Dit was ook vir my spesiaal om dit te doen. Ek dink jy gaan lag-lag noe 10 doen . Bring maar al die ander medaljes ook, hoor!
LikeLike
As jy vir my gaan wag soos gister, doen ek dalk nog!! Dit was regtig spesiaal dat jy dit gister gedoen het! My pa het altyd kom kyk waar ek trek, maar ek het gister niemand langs die pad of by die eindpunt verwag nie!
LikeLike
Sodra ek nou wel my permanente nommer kry, sal ek dit saam met die ander bring om in een groot raam te sit.
LikeLike
Ek lig my hoed vir jou, by wyse van spreke natuurlik, ek dra nie hoed nie. Dit wil gedoen word toortsie, baie geluk.
LikeLike
Genugtig! Jy sê nie ‘n WOORD hiervan vir my man nie, netnou verwag hy ek moet ook!
LikeLike
My mond is gesnoer! Want dalk voel hy ek moet dit volgende jaar saam met jou doen, en ek weet nie of ek dit weer gaan wil doen nie!
LikeLike
Ons is baie trots op jou! Baie goed gedoen… ek sal om Tafelberg kom fietsry, maar daai hardloop dêng is nie vir my nie…
LikeLike
deesdae is daar nie meer hardlopery betrokke nie…. net stap stap stap… vinnig stap
LikeLike
Party mense MOET stap omdat hulle afval van fietse!! 😯 Ek ken fietsryers wat die hele Spanje platstap, ken jy hulle ook, Bileamdonkie??
LikeLike
Dit is ‘n baie mooi storie.
LikeLike
Ek is stom van bewondering! Die naaste wat ek aan jou prestasie kom is dat ek
‘n hele paar mense ken wat ook stap en hardloop.
LikeLike
Dankie Annemari, ek moet eerlik wees dat ek dit nog nooit as ‘n prestasie gesien het nie. Onthou, ek is van daai wat HEEL LAASTE by die wenstreep kom…. Dis meer ‘n geval van genade!
LikeLike