Groot wit marshmellows

As jy nou in die Overberg sou rondry, sal jy orals die groot wit marshmellows sien lê. Dis kuilvoer, maar HOE kom die groot bale in die wit sakke?? Dis maklik!! 4 Mans hou die sak vas en een gooi die baal in die sak!

Heel eerste word die graan gesny met ‘n platsnyer en in rye gegooi.

Dan kom ‘n ander trekker en baler en baal die graan.

Hierdie bale word op ‘n vragmotor gelaai en geneem tot die plek waar hulle toegedraai en gestoor gaan word.

Die bale weeg baie swaar en orals moet dit met ‘n trekker en laaigraaf hanteer word.

Nou word dit toegedraai.

Met sorg word die baal op presies die regte plek neergesit, en daar word nie weer aan hom geraak voor hy gebruik word nie. As so ‘n baal wel besluit om te rol…. 😯

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

15 thoughts on “Groot wit marshmellows

  1. Dankie vir hierdie! Ek het so gelag, ons het eenmaal hierdie wonderlike land vol bale met foto-geleenthede langs die N2 gesien, en mekaar belowe, op pad terug van Swellendam af, is die lig sagter en neem ons foto’s. Helaas, die trekker en laaigraaf hte ons voorgespring…

    Like

    1. Dit raak nou oestyd, maar so van November af moet jy dophou. Dan lê die wêreld weer vol strooibale. Die kuilvoerbale moet nog dieselfde dag toegedraai word sodat hulle nie voedingstowwe verloor nie. Maar die strooibale lê gewoonlik lank, en dis fantastiese foto-geleenthede!

      Like

  2. Dankie dat jy ons stadsjapies nou slimmer gemaak het. Ek krap bietjie kop, in die jare dat ons tussen die mielielande in Mpumalanga gebly het, het ons bale in die veld sien le, maar nooit marshmallows nie. Hoekom word die kuilvoer toegemaak?

    Like

    1. Daar is ook baie mense wat “put” kuilvoer maak. Dan word die vars graan/lusern of wat ook al gesny, en in ‘n gat gegooi. Dit word ook toegemaak. Dit is vars graan. Dit sal verlep en totaal uitdroog as dit nie toegemaak word nie. Daar moet minimum suurstof in wees. As dit toe is kan daar niks voedingswaarde ontsnap nie, en daar kan niks van buite af kom om dit te benadeel nie. Binne in die toegemaakte baal vind daar wel een of ander reaksie plaas. Die baal wat uitgehaal word, lyk anders, en die diere is mal daaroor. Jy sou nie die vars produk op ‘n ander manier kon “vars” hou nie.
      Strooi en hooibale word nie toegemaak nie. Strooi is reeds droog, so dit maak nie regtig saak nie. Die hooi is ook gewoonlik op ‘n droëer stadium. (As hier plaasmense lees en ek skryf verkeerd, moet julle my asseblief reghelp!!) Die hooi het pitte in (graanpitte) wat dit baie waardevol maak. Die kuilvoer is gewoonlik nog in so ‘n gevorderde stadium nie.

      Like

        1. Dankie Xena! ek kon net nie die woord onthou nie. Kuilvoer word van GROEN voer gemaak, alhoewel, hooi is ook nog nie eintlik ryp nie. Ag nee! Dis te moeilik vir my! Ek wou net vir julle die prentjies wys!! 🙂

          Like

  3. Die beskrywing is goed genoeg. Daarr is op die oomblik ‘n baie, baie groot nood in die noorde van SA vir hierdie tipe van voer, met die dat die gras, op die veld, byna alles opgevreet is. Sommige plekke, lyk na woestyn en dit is op die punt, om in ‘n baie groot krisis te ontaard, maar wie is ek om julle daaroor in te lig?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s