Karoo-tot-Kus fietswedren

My man het gister deelgeneem aan die Karoo tot Kus Fietwedren vanaf Uniondale tot Knysna en ek is baie trots maar ook verskriklik dankbaar dat hy dit voltooi het sonder ‘n skraap of val. Al wat ek van die roete weet, is dat dit selfs met ‘n motor maar rof is. Dis mos die pad wat hulle gebou het in “Fiela se kind” en ek het dit die heel eerste keer gery (of saamgery) die dag toe ons huweliksbootjie op die sand geloop het.

Van die wedren kan ek nie veel vertel nie omdat ek nie self gery het nie, maar ek kan van my aandeel vertel. Ons was ‘n groepie vriende wat in 2 voertuie tot op De Rust gegaan het en daar vir die naweek oorgebly het. Ons was twee vrouens, my dogter en 5 fietsryers. Alhoewel daar meestal gebraai is, het die dames darem so ‘n “effense” ogie oor die kosdinge gehou. Saterdag het ‘n De Rust vriendin vir my en my dogter geneem op ‘n uitstappie deur die Dorp Van Die Jaar 2011.

Sondagoggend half 5 het die fietsryers begin roer en hulle almal is toe daar weg in een voertuig, ingepak soos sardiens tussen fietse. Daar was darem ook ‘n waentjie wat hulle kon sleep met ‘n paar van die fietse. Die dames kon laat slaap en ons het toe later met die ander voertuig gery tot by Uniondale waar ons die bussie gekry het. Ons moes toe weer sorg dat ons so om en by 2 nm by die eindpunt by Knysna is om die manne in te wag.

Ek het intussen by ‘n hotel gaan aanklop en ‘n kamer gehuur, net vir ‘n uur, sodat toe al die mans veilig in is, hulle elkeen kon gaan stort. Ons ander het solank in die voorportaal van die hotel heerlik op sagte stoele ontspan, pizzas en drankies bestel en lekker gesels. Soos dit vir my klink, kan mens regtig ‘n glasie klink op elkeen wat dit voltooi het. Dit is nie ‘n wedren wat ‘n onfikse persoon sommer kan aanpak nie, dis oor berge en dale en die pad is maar rowwerig. En soos ek elke dag as ek in my motor klim en die N2 betree, sien hoeveel kansvatters daar is, klink dit vir my dat daar ook baie kansvatters was. Mense wat by afdraende afjaag asof dit ‘n snelweg is. Gelukkig kry die meeste van hulle dan wel die draaie, maar elkeen van die manne kon getuig van hoeveel lelike valle wat daar was. Ek kom nie gewoonlik by die eindpunt van so ‘n wedren nie, en dit was vir my ‘n geweldige gesig, al hierdie honderde mense met fietse. En tog, tussen al die baie mense, gebeur dit nog dat jy iemand daar raakloop wat jy ken!!

Solank ons daar op die pawiljoen gesit het, het ek darem so ‘n paar foto’tjies geneem.

Hiermee dan, harlik geluk aan elke persoon wat hierdie wedren voltooi het. Ek dink julle kan trots wees!!

4 thoughts on “Karoo-tot-Kus fietswedren

  1. Toortsie! My man het ook gery en ek was daar met my twee klein Yorkies!! Kannie glo ek het nie geweet nie, hoe lekker sou dit nou nie gewees het om te ontmoet nie! Ons het ‘n camper gehuur en in Oudshoorn geslaap die eerste aand en toe op die skou terrein op Uniondale die tweede aand. Gisteraand het ons by die Rex Hotel geslaap, hondjies en al en vanaand slaap ons miskien in Swellendam. Ai tog!! My man se dit was sy laaste ry – Karoo to Coast is nou te intens vir hom!

    Like

  2. My beter helfte het dit ook gery. Hy en 3 vriende kamp elke jaar die aand voor dit uit, doen die race terwyl ander vriend afry Knysna toe met hulle bagasie. Daar is gesonde kompetisie tussen die 4 en dit maak vir groot vermaak. Dit klink na ‘n jol en ek oorweeg om dit volgende jaar te doen dv. Hoop jy’s weer volgende jaar daar. Wel gedaan aan jou mense.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s