‘n Vriendin vra nou die dag vir my: “Wat is die voordele van blog?” Ek dink ek het al baie van die voordele, volgens my, genoem, maar ek wil sommer weer ‘n bietjie hieroor dink….
Die grootste, GROOTSTE voordeel is die lekker blogmaats wat ek leer ken. Al ontmoet ek julle dalk nooit in lewende lywe nie, voel dit later of ek julle regtig ken. En VRIENDE is ALTYD ‘n voordeel! En dat die blogmaats vir mekaar omgee – die donkie wat moeilikheid met sy donkiekar gehad het, was mos absoluut ‘n bewys daarvan!
Julle is intelligente geselskap, wat ‘n voordeel inhou vir ENIGE persoon wat dalk eensaam is of ver van ander mense af woon.
Dit verbreed my horisonne. Mense skryf oor so ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe. Ek kry te doen met sienings van mense waarmee ek nie in die normale gang van my lewe te doen kry nie.
Dit help my om my gedagtes te verwoord. Ek glo dat ekself ook ontwikkel het deur op ‘n blog te skryf. Jy is verantwoordelik vir dit wat jy uiter. Omdat enige persoon dit kan lees, moet jy ‘n bietjie dink “voor jy praat” sodat jy nie op mense se tone trap, hulle seermaak, of beledig nie. Selfs al skryf ek onder ‘n skuilnaam, is ek steeds verantwoordelik vir dit wat ek skryf, en moet ek kommentaar op ‘n volwasse manier hanteer.
Dit gee vir my ‘n kans om my gedagtes te UITER. Soms het ‘n mens lus om iets te vertel, en daar is niemand vir wie jy dit kan vertel nie. Die voordeel van blog is dat die persoon wat hier lees, en hy hou nie hiervan nie, die rooi kruisie in die regter boonste hoek kan kliek, en ek is vir ewig uit sy lewe uit. Ek sal nie eers daarvan weet nie!
Laastens, die heel grootste voordeel van alles: Dis LEKKER LEKKER LEKKER LEKKER LEKKER!!!!! 😉 🙂 😆 !!!!!
Komaan, maak dit ‘n TAG-speletjie en gaan skryf daar by jou wat, volgens jou, die voordele van blog is. Jy mag NATUURLIK ook sommer hier by my vertel wat dit is. Net soos jy wil! Want in blogland maak ons NET SOOS ONS WIL! 🙂 , solank ons mekaar nie seermaak nie.
Sjoe! Ek WENS ek het meer tyd gehad, dan kon ek sommer heeldag net blog, blog, blog!!!
Blog het eintlik baie toevallig in my lewe gekom. Om ‘n volledige prentjie te kry, moet ek dalk noem dat ek nooit ‘n dagboek kon hou nie. Maar snaaks genoeg is ek heel getrou met my blog.
Voordele – te vlak om aan so iets te dink.
LikeLike
Die ding is, jou dagboek praat nie terug nie!!
LikeLike
Ek bedoel eintlik – ‘n dagboek gesels nie saam nie!! Daar is nie sulke lekker interaksie soos in blogland nie!! 🙂
LikeLike
Hi Toortsie,
Behalwe dat ek blog om my familie en vriende op datum te hou van ons doen en late doen ek dit ook sommer omdat dit heeltemal anders is as my werk. Dit is iets wat my verbeelding aan die gang sit…en vir n rekenmeester is dit nogals n groot taak 😉
Groetnis! L
LikeLike
Dit gee ook baie mense wat ek ken die kans om traumatiese dinge te verwerk waar hulle andersins nie die geleentheid of platform sou hê nie.
LikeLike
Ek het toe hier uitgekom… het ek geweet het hoe om ‘n gesiggie hier te “plak,” sou dit nou ‘n “smile” gesiggie gewees het. ‘n Dagboek praat nie terug nie…. volpunte vir daardie een. Dis miskien goed my dagboek praat nie terug nie….!!! (knipoog gesiggie.)
LikeLike
My tong het geknoop, of my vingers. Het ek geweet hoe om ‘n gesiggie hier……….
LikeLike
knipoog gesiggie is ‘n kommapunt ; en ‘n hakie ) so bymekaar, nie met ‘n spasie. ; ) 😉
glimlag gesiggie is ‘n dubbelpunt met ‘n hakie, sonder ‘n spasie : ) 🙂
sommer ‘n lekker lag is ‘n dubbelpunt, lol, dubbelpunt, sonder spasies : lol : 😆
Dit wys eers as jy klaar die comment gemaak het en op “reply” gedruk het.
Lekker aand!! 🙂
LikeLike
Nou gaan ek slaap. Goeienag, mense!!
LikeLike
Dankie….. gaan dit probeer 😉 🙂 😆 hier gaan ons.
LikeLike
Jy kry dit reg!! 🙂
Daar is nog, ek moet net die papiertjie gaan soek.
Ongelukkig : ( 😦
Groot oë : shock : 😯 (hoop dit werk!)
LikeLike
Hallo, wat ek wil weet is, buiten al hierdie voordele hierbo genoem, maak blogging ooit geld? Hoe?
LikeLike
Hello Lily. Ons maak nooit geld hier nie. Ek weet ook nie wat die reëls is as jy dalk iets wil doen wat geld maak nie. Maar loer gou hier: http://keramiek.wordpress.com/ Dis ‘n dame in Nederland wat keramiek-goed maak en dit wil vir my lyk of sy die adverteer op haar blog.
So, as jy iets het wat jy op jou blog wil doen waarmee jy kan geld maak, is dit seker moontlik?
LikeLike
Ek weet ook van ‘n vriendin wat haar boek wat sy geskryf het, hier “bemark” het. Maar ek dink nie dit tel as geldmaak nie. Ander bloggers sal dalk vertel van ‘n besigheid wat hulle het en met ‘n skakel jou soontoe lei.
LikeLike
Hier is ‘n skakel na “hoe om geld te maak met jou blog”: http://www.problogger.net/make-money-blogging/
Dis nou te sê, as jy sou wou geld maak!!
Die meeste van ons hier doen dit sommer net vir die lekker.
LikeLike
Ja dankie, ek sal daarop ingaan. Maar dit lyk my baie professioneel en hulle spits hulle toe om bemarking te doen ensovoorts. Ek was onder die indruk mens kry geld met elke “hit”?
LikeLike
Dit sou baie lekker gewees het as ons geld kon kry met elke “hit”, maar helaas…..
LikeLike
Seegogga se antwoord: http://seegogga.wordpress.com/2011/09/30/die-taal-van-blog/
LikeLike
Ek dink nogal baie oor hoekom ek blog. Of begin blog het. Destyds was dit ‘n lekker wegkruipplek toe ek in ‘n ongelukkige huwelik was. Ek het nie oor die huwelik gepraat nie, maar die blog was my geselskap. Ek het ook in ‘n eenmansaak gewerk en dae het verbygegaan wat ek stoksielalleen op kantoor was sonder om ‘n siel te sien en daar het die blog ook ‘n leemte gevul.
Ek lees terug op my blog en sien ons het omtrent geklets. Dit het my beslis gehelp om my ma se dood te verwerk. Nou het ek weer begin na lang afwesigheid omdat ek weer tyd het en iets het om oor te gesels. Wat die blog nou doen is om my besig te hou om goed oor die dorp waar ek grootgeword het uit te vind. Glo my, daar is nie veel geskryf nie. Toe ek jonk was, het ek in ‘n kokon geleef en nie om my rondgekyk nie. Nou waardeer ek elke klein dingetjie wat ek sien.
Ek wil ook graag iets van myself agterlaat wat my kleinkinders eendag kan lees as hulle my dalk nie geken het nie.
LikeLike
Dit wat jy nou vir en oor Walvisbaai neerskryf, is prysloos!! Ek geniet my blog nog steeds baie. Moet myself keer om nie heeldag by hom te sit nie, daarom, van vandag af, probeer ek weer elke 3 dae skryf… sal sien of dit nie weer daagliks raak nie. Dis deur die jaar wat ek ander werk het om ook te doen.
LikeLike