Akteur se versoek

Iewers het iemand die volgende woorde by ‘n soekenjin ingetik en by my blog uitgekom: Watter werk kan ‘n akteur van die huis af doen?” In my onkunde kan ek sekerlik nie help nie. Maar dis ‘n vraag wat my bybly, want my musikant-kind kan dalk oor 5 jaar met dieselfde vraag in haar kop loop. Die kunste word nie versorg soos sport nie. Borgskappe bestaan amper nie. So, hierdie mense raak al hoe meer op hulleself aangewese om te sorg vir ‘n inkomste.

Ek het een keer in die algemeen geskryf oor werk van die huis af. Maar wat kan ‘n akteur doen? Julle moet asseblief saam help dink, want my liggie brand flou!! Soos in enige ander werk is dit hier seker nog meer belangrik dat jy moet NAAM MAAK. Mense moet van jou WEET!!

As jy naby die groot stede woon, kan jy seker vryskutwerk doen en jouself aanbied by sekere produksies? Wat al hoe meer gewild raak, is eenmanvertonings. Maar ook hier is dit sekerlik belangrik dat jy moet GOED wees, sodat jou naam jou vooruit kan loop en mense gaan kom kyk.

Wat van ‘n dramaskool begin? Waar jy mense van enige ouderdomme laat “drama” doen. Toneeltjies opvoer. Maak jouself by skole bekend deur byvoorbeeld vir ‘n kwartaal lank een gratis periode per week die kinders besig te hou en hulle belangstelling so te prikkel dat hulle lus gaan wees om te kom “saamspeel’? Nooi ook volwassenes, daar is soveel van hulle wat ook lus is vir toneelspeel. Skryf ‘n fantastiese toneelstuk waarin jy die hele gemeenskap betrek. Jy is dan verantwoordelik vir die afrigting van die mense. Help rig die skool se revue af (teen betaling~!!)

Ek kry die indruk dat daar al hoe meer ‘n behoefte kom by kinders vir “eekstra klasse“. Is akteurs nie gewoonlik ook taalvaardig nie? Leer iemand ‘n taal aan, soos ‘n engelssprekende kan leer of afrikaans goed te praat of anders om. Dalk ken jy nog ‘n ander taal ook? Rig kinders en volwassenes af vir die eisteddfod. Daar is soveel afdelings – prosa, gediggies, ens. Niemand het gesê jy moet dit gratis doen nie!!

Is daar nie ‘n plekkie in jou huis wat jy op ‘n gereelde basis in ‘n tuis-teater kan omskep nie? Dis juis die knus en warm gevoel wat dit gewild maak!! Begin klein en groei….

Watter raad het my blogmaats??

8 thoughts on “Akteur se versoek

  1. Raad? Om maar soos us mere mortals ‘n alternatiewe beroep te beoefen? Hoeveel van ons moes nie maar om den brode iets anders doen as wat ons passie was nie? Hoeveel mense kry werklik die geleentheid om ‘n lewe te maak uit dit wat vir hulle werklik lekker is?

    Like

  2. Ag nee wat. Ek volg my eie alternatiewe roetes om kos op die tafel te he. Ek wil nie nog vir iemand anders ook dink nie. Gelukkig is Toorts bereid…

    En Maankind is reg, wie van ons verdien regtig ons brood met dit wat ons passie is? In die sweet van ons aangesig sal ons ons brood verdien.

    Om jou passie 100% te kan uitlewe is seker een van die grootste bonusse wat jy kan kry in die lewe.

    Maar alles wat ek doen, het ‘n invloed op my denke, lewensbeskouing en groei.En daarom loop ek my pad soos wat hy kom, ek gaan SOEK nie noodwendig alternatiewe nie.

    Like

  3. O jinne raad die het ek nie. Ek sien meeste van die akteurs het maar iewers anders ook ‘n werkie. Een van die meisies wat drama geswot het hier, het haar spesifiek op klein kindertjies toegespits vir ‘n “inkomste”. Klein teater vir opvoerings ja, ouers laat hul kinders graag klasse loop, se nou net hulle word ‘n filmster en waarmee sy die meeste gewild was …. ‘n poppekas wat stories vertel wat sy self geskryf het. Maar ek dink nie mens kan groot geld daarmee maak nie, net jou passie uitleef

    Like

  4. Soos Maankind en Slakkelak sê – soveel van ons doen maar nie wat ons wil nie, of waarvoor ons geleer het nie. My eie lewe het ook al snaakse draaie geloop. Maar dis juis waar die ouens met die lewens-ervaring moet help!! Dis juis ons/hulle wat weet van moontlikhede of alternatiewe wat die jonges wat nou begin werk, nog nie weet nie. Maar ALMAL wil mos maar graag as jy lank geleer het, werk in die reigting waarin jy studeer het, tensy jy DAN uitvind jy hou nie daarvan nie.

    Like

  5. As fotograaf het ek vir ‘n toneelagentskap portfolio fotos van die jong akteurs en aktrises geneem. Vir een uur lank het ek elke emosie van die mens deur my kamaralens bekyk en op film vasgele. Pragtige talentvolle mense… maar hartseer is die feit dat nie elkeen die talent sal uitleef nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s