Tannie Tossel se Trolstorie

Die blokmaatjies hou eintlik nie van baklei nie. Dis net soms dat hulle geen ander plan het nie, soos die dag met die trol. ‘n Dag of wat later het hulle begin bekommerd raak oor die trol…

Adoonsie en sy maats het lekker in die bome rondgeswaai toe hulle die vreemde gedrog sien lê. Hy was heeltemal in ‘n beswyming. So iets het hulle nog nooit gesien nie! Behalwe dat hy verskriklik lelik is, vol puisies en vratte soos Slakkelak beskryf, was sy vinger af en dit het so ‘n nare roof op gehad. Sy liggaam was verskriklik gekneus, sy lip geswel. Sy hand was vol etter van al die turksvydorings, sy oor potblou. En sy lip het sommer dik gestaan! Gelukkig was Jagter daar in die rondte en hy het besef dat die arme ding hulp nodig het. Bileam het hom op sy donkiekar gelaai en hospitaal toe geneem.

Aanvanklik het hulle hom net probeer red teen die vergiftiging, hy was vir weke in ‘n beswyming terwyl hy die vreemdste geluide gemaak het. Hul het ook dadelik die vinger verbind. Toe hy egter herstel het van die vergiftiging, het hulle ontdek dat hy ‘n paar rugwerwels seergemaak het. Toe moes hy sowaar nog ‘n diskusvervanging ook kry! Sies tog! Hy was lank in die hospitaal!

Maar…. daar is NOG ‘n nadraai.

Eers wil ek vir julle vertel hoe dit in Trolleland werk. Elke keer wat jy iemand seermaak, of ongeskik is kry jy nog ‘n puisie of eelt of vrat by. Hoe meer eelte en vratte jy het, hoe ‘n belangriker trol is jy. As jy egter goed doen, verdwyn van hierdie vratte en dit wil trolle ten alle koste vermy!!

Terwyl die trol toe so in die hospitaal lê en homself bejammer, het die blokmaatjies  vir hom kom kuier. Hy was mos deel van hulle gemeenskap, al was hy so ongemanierd! En vir die eerste keer in Trollie se lewe, ervaar hy toe liefde! Sies Tog! Hy het nie maklike kinderjare gehad nie, hulle was 6 trolkinders en sy trol-ouers het nie eintlik aandag aan hom gegee nie. Al wanneer hy belangrik gevoel het, was wanneer hy die ander maatjies geboelie het. Dis ook al wanneer hy aandag gekry het van die groot trolle!

In die hospitaal het hy het begin reageer op al die liefde wat hy ontvang het, en het gesien dat, elke keer wat hy liefdevol reageer, hy mooier raak!! Maar as hy lelik en ongeskik is, kry hy ‘n vrat by!! Hy wou nie meer ‘n lelike trol wees nie!! Hy het hard gewerk om liefdevol te wees. Hy het geleer dat die lewe nie net om HOM en SY IDEES draai nie, en dat ander mense ook soms ‘n goeie idee het.  En voor hy hom kom kry, was hy net so mooi soos al die ander blokmaatjies!! En toe was almal sommer mal oor hom!!

Sien, deur LIEFDE bereik ons baie meer!!

7 thoughts on “Tannie Tossel se Trolstorie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s