Plekke waar ek (en ander blogmaats) al lekker gebly het

Hierdie is ‘n lys van blyplekke in SA waar blogmaats al lekker gebly het.  Al kriteria wat gevolg word, is “lekker gebly” – nie luuks/eenvoudig of duur/goedkoop, ens nie. Ek neem nie verantwoordelikheid vir enige van die plekke nie. Dis voorwaar ‘n spanpoging en hier kom nog gereeld nuwe plekke by, so hou die bladsy dop!!

OOS-KAAP:

In Grahamstad het ons so 3 jaar gelede gebly by ‘n Engelse tannie. Lisagelly. Tel 046 622 4970. (Ek wonder of sy nog ‘n gastehuis het??)

In die Baviaanskloof kuier mens by Runé en Hestelle by Damsedrif. Sy kan tot 20 mense akkomodeer en bied selfs etes aan! Tel: 049 839 1026 of e-pos damsedrif@telkomsa.net .

In Oos-Londen is Kassie van Heerden by The Terrace in beheer.  Tel: 043 735 4348 of Sel 084 626 5532. ‘n Pragtige plek vir glad nie te duur nie.

Naby die Addo Olifant Park is die AVOCA Cabins. Dis ‘n lemoenplaas en die huisies is by die rivier. Tog te lekker. Tel: 042 234 0421.

Sandra beveel aan: Villa Maria Gastehuis in Somerset-Oos, Oos-Kaap. Baie oulike selfsorg gastehuis in die net-so-’n-oulike dorpie met die mooi Bosberg agter dit. Kunsliefhebbers kan ook kom kyk na Walter Battis se museum! 083 556 4998

NOORD-KAAP:

By Van der Kloofdam is die lekkerste gastehuis. Dit kyk uit so oor die dam. Die gasvrou is Rika. ‘n Mens eet ook baie lekker in hulle restourant. Tel: 053 664 0242.

SUID-KAAP:

Net buite Van Wyksdorp is die fantastiese Rooiberg  Lodge. As jy gelukkig is, het jy die hele oord vir jouself. Maar selfs as daar ander mense is, is dit net rustig, fantasties. ‘n Wonderlike wegbreekplek. Hulle etes is net so lekker. Skakel Yolanda by 028 551 2622.

Tussen Swellendam en Heidelberg is die Grootvadersbos. Daar is net een huisie in die bos. Daar is ook kampplekke. Dis HEERLIK!! Vir besprekings, skakel 021 659 3500. Grootvadersbos se telefoonnommer is 028 7222 412.

WES-KAAP:

In Stellenbosch is Jonkershuis, met die gasvrou, Joke, ‘n Hollandse dame.  Dis lekker sentraal en daar heers ‘n baie warm atmosfeer. Tel 021 8866 000.

As ek vinnig verblyf soek in die Kaap, is die Town Lodge in Bellville altyd ‘n goeie roep. Tel 021 948 7990. Ons het al ‘n hele paar keer op die LUGHAWE ook geslaap, veral as ons vroeg moet vlieg. Daar is ‘n Road Lodge wat net die nodigste het, baie skoon met ‘n ligte ontbyt. 021 934 7303

Paula vertel: Waar ek vreeeeslik lekker gebly EN gekuier het met die eienaars was op Brightwater Lodge in Houtbaai. http://www.brightwaterlodge.co.za/
Erika en Gerard is wonderlike mense, wat altyd besig is om jou te help na behoefte.

Kyk ‘n bietjie by hierdie webblad:  http://www.stayhere.co.za/

KAROO:

Vriende van ons het jare gelede vir ‘n hele vakansie in die Karoo Nationale Park gebly by Beaufort-Wes. Ek kon my nie indink hoe hulle hulleself besig gehou het nie. Maar toe ons self vanjaar ‘n nag daar slaap, het ek besef dat die die plek is om te wees! Die rustigheid, die lekker sit op daardie stoep. Hulle kos in die restourant is uitstekend.  Ek sal nogals ‘n paar dae daar kan bly. Tel 012 428 9111

In Graaff Reinet het ons in Heerenhuys geslaap.  Tel 049 892 6088. Hoogs aan te bevele.

VRYSTAAT:

Golden Gate het geen bekendstelling nodig nie. Tel 021 468 7255 (In watter provinsie is Golden Gate???)

Clarens: Sir Henry’s Guest House. Daar was ‘n dubbele bespreking, en Henry het ons toe by Mill Pond laat slaap. FANTASTIES! Ons het ontbyt by Henry geëet en ek weet nie of ek in my lewe al so ‘n fantastiese ontbyt geniet het nie. Tel: 058 256 1194 Epos: sirhenry@telkomsa.net

KWA-ZULU NATAL:

Underberg: The Old Hatchery Bed & Breakfast. Epos: bookings@theoldhatchery.co.za. Foon: 082 602 7020. ‘n PRAGTIGE plek!

In Port Edward is die Port Edward Resort wat my regtig aangenaam verras het. Tel 039 311 2333

Alta skryf: Haai. ek het ook n B&B hier by ons huis in Cowies Hill Durban. Ons noem dit Brockwell Homestead. Kyk na my webblad http://www.brockwellhomestead.co.za

KLEIN KAROO:

By De Rust in die Klein Karoo is Oliviers Rust, ‘n oord met ‘n hele paar chalets, Tel 044 241 2258.

KNYSNA-OMGEWING:

Vir ‘n baie spesiale ervaring is die Outeniqua Trout Lodge by De Vlug, in die Prins Alfred Pas. 044 753 3140.

Die Protea Hotel, Knysna Quays, in Knysna. Tel 044 382 5005

Vir ‘n boot-ervaring op die Knysna-meer, is Lightley’s die plek. Hulle het kleiner bote en groteres. Selfsorg. Tel 044 386 0007

OVERBERG:

Bredasdorp: Selfsorg 2-slaapkamer woonstel VIR PERSONE OUER AS 55 JAAR, kontak Anne-Marie by 028 425 2724 of 082 897 4737. Vra spesifiek vir SUIKERBOSSIE!! 🙂

Vir verblyf in Struisbaai en L’Agulhas: 084 587 4228 – dis Seegogga wat haar eie oulike plekke verhuur.

Ook op Struisbaai, is Struisbaai Huisverhuring 028 435 6118.

In Struisbaai beveel Butternut The Mermaid Guesthouse aan. Hierdie plek in Struisbaai gee ‘n MASSIVE ontbyt en die personeel is baie vriendelik. http://www.mermaidguesthouse.com/

In Bredasdorp  skakel jy 028 425 2724 vir die Bredasdorp Country Manor. (Ek hoop ek het die naam reg! Skakel net die nommer!)

Maankind beveel die volgende plekkie in Kleinmond aan: Waarde vir geld, beslis! Skoon, gerieflik, goed toegerus en lekker sentraal
http://www.kleinmondselfcatering.co.za/

By Houw Hoek naby Grabouw, is die Houw Hoek Inn, ‘n lekker wegkruipplekkie tussen die berge. Tel 028 284 9646.

TRANSVAAL:

DMI stel die volgende plekke voor: By Nelspruit omgewing – hierdie plekkie in Witrivier is uitstekend! Mooiste tuine met die grootste Jakarandas wat hy seker al ooit gesien het! http://www.victoria-farm.co.za/

In Ermelo het ons by die Amandla Guesthouse gebly. Ons het erg gesukkel om die plek te kry, maar toe ons eers daar was, was die ontvangs uitstekend. ‘n Pragtige kamer, smaakvol versier en glad nie duur nie. Tel 017 811 5830

MAGALIESBURG:

Ook DMI se voorstel: Magaliesburg toe…ons het in die bushlodge gedeelte gebly – baie lekker, en een van die min plekke wat jou sal toelaat om net vir een nag oor naweek te boek. http://www.magaliesriverlodge.co.za/

Jagter stel voor dat ons hier moet kom bly as ons Magaliesburg toe gaan: http://www.wheretostay.co.za/nullarbor/
Die is die ideale naweek plekkie in die winter. Regte plekkie om jou geliefde te “herontdek”.
Kaggel in die sitkamer, groot borrelbad en groot stort. Braaiplek en lapa buite. GEEN TV. :)

En hierdie is ook in Magaliesburg, volgens Jagter:  http://www.wheretostay.co.za/blueroan/
Die plekkie was ook lekker. Baie rustig. Jy MOET lief wees vir diere. Die honde maak elke aand ‘n draai en kom se hallo. Die ene is ‘n opregte Bluetick jaghond, sy is vreeslik cute en BAIE tuis.

Lesotho:  In Pitseng – Aloes Guest House. Netjies, skoon, warm. Die ontbyt was nie so wonderlik nie. Ek sal weer daar gaan bly. Tel: 0026627005626

Algemeen:

Besoek die Pretty Witty webblad vir baie interessanthede, en hul lys van akkomodasie.

Booking.com het my nog nie een keer teleurgestel met hulle besprekings nie.

Nou kan julle ‘n bietjie van julle wegkruipplekke vertel!!! Ons lysie raak al hoe langer! Lekkerrrrrr!!!!! 🙂

Ns. Wil  julle nie die buurlande se lekkerbly plekke ook hier opsit nie?

En onthou, as julle van hierdie kontaknommers gebruik het, kom vertel asb!!

Groete,

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

34 thoughts on “Plekke waar ek (en ander blogmaats) al lekker gebly het

  1. Wel, ek het ‘n hele stukkie geskryf oor Rus ‘n Bietjie op Agulhas,( sien seegogga se bloggie, Rus ‘n Bietjie- ek weet nie hoe om dit hier te link nie), maar dan is daar ook Erika en Annie’s flat op Struisbaai. Elkeen is self catering, het sy eie bekoring en is loopafstand van die see af. By elkeen slaap jy met die soete seegeruis in jou ore en elkeen is baie rustig, met alles in wat jy nodig het. Skakel 0845874228 vir nadere besonderhede.

    Like

  2. Ek kan nie lank terug onthou nie, maar vir enigiemand wat Nelspruit omgewing toe gaan – hierdie plekkie in Witrivier is uitstekend! Mooiste tuine met die grootste Jakarandas wat ek seker al ooit gesien het! http://www.victoria-farm.co.za/
    Dan vir die wat kort wegbreek uit Jozi wil vat Magaliesburg toe…ons het in die bushlodge gedeelte gebly – baie lekker, en een van dei min plekke wat jou sal toelaat om net vir een nag oor naweek te boek. http://www.magaliesriverlodge.co.za/

    Like

    1. My oom en tante is die vorige eienaars van Magalies river lodge, en die mense wat die boskamp ontwikkel het. Dit is ‘n lekker wegbreek plekkie

      Like

  3. Dis ‘n cool idee hierdie. Die plek wat na jare en jare nog onmiddellik uitstaan in my onthou, is die Misty Mountain Chalets in Lydenburg se wereld. Ek weet nie eers of dit nog bestaan nie, maar dit was SO mooi en lekker daar.

    Sal bietjie gaan dink oor nog plekke.

    Like

  4. http://www.wheretostay.co.za/nullarbor/
    Die is die ideale naweek plekkie in die winter. Regte plekkie om jou geliefde te “herontdek”.
    Kaggel in die sitkamer, groot borrelbad en groot stort. Braaiplek en lapa buite. GEEN TV. 🙂

    http://www.wheretostay.co.za/blueroan/
    Die plekkie was ook lekker. Baie rustig. Jy MOET lief wees vir diere. Die honde maak elke aand ‘n draai en kom se hallo. Die ene is ‘n opregte Bluetick jaghond, sy is vreeslik cute en BAIE tuis.

    Like

    1. Alta, ek voeg dit DADELIK by! Ek maak hierdie lys vir almal, maar die meeste van almal vir my omdat ek elke keer so soek as ons iewers heen gaan. Dankie!! O ja, en welkom op my blog!

      Like

  5. Villa Maria Gastehuis in Somerset-Oos, Oos-Kaap. Baie oulike selfsorg gastehuis in die net-so-‘n-oulike dorpie met die mooi Bosberg agter dit. Kunsliefhebbers kan ook kom kyk na Walter Battis se museum!

    Like

  6. Butternut, Plaasjapie, demoerin (ai, vir wie dan?), seegogga (watter een?) maankind (ek ok, maar ek glo nie die maan beinvloed my denke nie) Hallo, Son, KrinaKrulkop (ons skoondogter se naam is Carine, ons noem haar Crien).

    Like

  7. Hi Toortsie. Interessante blog. 🙂 Wens jou net voorspoed.

    Ek sien StayHere kry n “honourable mention”, en dankie daarvoor. Kan ons net die link verander na https asseblief? Ons het ook nou so baie werk ingesit om live availability in te bou.

    Gesels gerus met my, jy het my epos.

    Like

Gesels saam, asseblief!