Fanaties

Dag 39 in die uitdaging om vir 40 dae elke dag oor ‘n ander onderwerp positief te wees.

Sending, Sendingwerk, Getuienis lewer…

Iemand vra waarom mense (Christene), as hulle na ‘n rampgebied soos bv Japan gaan, nie net kan gaan help nie. Hoekom moet hulle nog met die mense se geloof ook gaan bodder? Ek is seker dis ‘n vraag wat dalk in baie ander se harte ook is. My kommentaar wat ek iewers hier op my blog het, was as volg: 

Iewers baie baie jare gelede (kan 100e jare gelede wees, ek weet nie), was daar iemand wat die moed en oortuiging gehad het om vir een van my voorgeslagte, wie nog nooit van Jesus en Sy wonderlike evangelie gehoor het nie, te vertel daarvan. Ek is seker hierdie voorouer van my was nie GEDWING om te glo nie. Hy/sy het die blye boodskap met blydskap ontvang en het geglo. Dit was sy/haar keuse wat sy met daardie boodskap sou doen. Net so, as mense in rampgebiede gaan help by mense wat nog nooit gehoor het nie, en hulle wonder WAT sal hierdie vreemdelinge dwing om hulle te kom help? Hoekom sal hierdie vreemdelinge vir ons soveel liefde gee? En dan vertel die mense vir hulle van die liefde van Jesus…. dan is dit daardie mense se eie keuse of hulle Hom wil aanneem of nie.
Maar weer oor my voorouer en die persoon wat vir hom/haar vertel het. Ek sal vir altyd en altyd vir daardie vreemde persoon baie dankbaar wees omdat hy/sy uit sy/haar gemaksone geklim het en vir my voorouer kom vertel het. Baie dankbaar!!

Dis hoe ek oor sending voel. Dankbaar. Dankbaar vir elke persoon wat bereid is om sy lewe te waag en die evangelie met iemand anders te deel. Dankbaar vir iemand, al is dit dalk veilig, wat bereid is om sy tyd op te offer en iemand die wonderlike verhaal te vertel en vir daardie peroon ‘n tweede kans in die lewe te gee. Dankbaar vir elkeen wat al in die tronk gegooi is (ek ken sulke mense), voor ‘n vuurpeleton moes sterf, van ‘n woonstelgebou se dak afgegooi is omdat hy/sy geglo het. Dankbaar dat hulle aanhou glo het en nie moed verloor het nie!! Dankbaar vir elke predikant.

POSITIEWE SAAD!! JA!

10 thoughts on “Fanaties

    1. Klippie! Baie beslis!! Die vervolging wat ons in die “vry” lande ervaar, is net baie meer subtiel. Daar word gou vertel dat ons “dweep” of “met die bybel onder die arm loop” of so iets, om ons te ontmoedig.

      Like

  1. HIERDIE IS OOK ‘N TOETS- GEEN PROBLEEM HIER NIE, LYK MY EK KAN SELFS BY OU GOED KOMMENTAAR LEWER, NET NIE BY WAAG DIT OM LIEF TE HE NIE. WORDPRESS SAL GENADER MOET WORD OF JY SAL NOG ‘N WAAG DIT OM LIEF TE HE MOET SKRYF OF IETS. MENS MOET EGTER KYK – DALK IS DIT NET EK WAT GEBLOK IS…….

    Like

    1. Belowe dit was nie EK wat jou geblok het nie!!
      Ek sien iemand anders het nou ook by ‘n ander skrywe kommentaar gelewer. Dis hoekom ek by Waag Dit geskryf het, dat as hulle sukkel by Waag dit, hulle by ‘n ander huwelikskryfsel moet reageer. Sodat ons hulle nie verloor nie.

      Like

      1. ek dink net vir veiloigheid moet jy baie sekr maak hoekom hierdie waag dit nie verdere kommentaar kan kry nie. Vra WordPress. Dit voel regtig of dit moet kan aangaan.

        Like

        1. Ek sal so maak. Dit gaan op die oomblik effens dol, maar ek sal beslis. Ek is SO dankbaar vir vriendinne soos jy!! 😉 Ek vertel nou die dag vir iemand dat ek jou eintlik “ontdek” het met die blogs, maar dat ‘n ander ervaring wat ek EN jy ervaar het, ons eintlik baie naby aan mekaar gebring het.

          Like

          1. Ek is net so dankbaar ek het jou “ontdek”, Toortsie! Al is daar ‘n ouderdomsverskil, voel dit my ek leer elke dag iets by jou. Dankie daarvoor! Ek waardeer die vriendskap!

            Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s