Gratis?

Dag 34 van Positiwiteit

Hier in die begin van die 40 dae uitdaging, het ek ‘n stuk geskryf oor my omstandighede. Anna F het toe ‘n paar items in die skryfsel uitgelig waarop mens kon uitbrei. Adoonsie het vir my daarop gewys dat alles in vandag se lewe geld kos. Dis so waar, ja. Dit wil ons amper soms depressief maak.  Hy het hierdie fantastiese “lucky list” saamgestel. Dalk moet ons ook so iets doen!

Ek het al soveel keer oor ons geldsake geskryf. Die media se hoofwerk is om vir ons te wys wat ons alles nodig het.Vandag kyk ons na die dinge in ons omgewing wat ons gratis kan geniet. Ek kan ongelukkig nie namens julle praat nie. Julle sal hier vir my moet skryf wat julle omgewing bied. Dalk ‘n pragtige park waar dit veilig is om te kan piekniek hou of sit en lees, en sommer iemand ontmoet ook? Is daar nie wandelroetes nie? Sondag se kerkdiens is gratis, behalwe natuurlik die kollekte!! Sluit aan by die sending-kommissie of die jeugbediening. ‘n Bybelstudiegroep. Gaan op ‘n uitreik, hulle soek gewoonlik ekstra mense, dis gesellig, opbouend en gewoonlik kos dit jou niks. Gaan kyk ‘n bietjie skole-rugby, of as jou plaaslike span oefen. Bied die plaaslike skole nie dalk ‘n kultuuraand of iets aan nie? Dit kos ook gewoonlik baie min. Gaan draf half 5 – jy sal soveel ander drawwers raaklo0p, of ry met jou fiets! Die heel belangrikste van alles – ons moet wegbreek van hierdie reghoekige elektroniese apparaat waarna ek en jy nou staar! Ek wonder nogals of die rekenaar ons nie stelselmatig help om meer depressief te raak nie??? Maak tuin! Tuinmaak kan duur wees, maar tuiniers is gewoonlik nie suinig om ‘n stiggie of plantjie weg te gee nie. Kom in die natuur.

Op die plaas het ek baie te doen. Maar dis natuurlik nie te sê dat ek die baie altyd raaksien nie! Ekself kan ‘n slaggie ‘n bietjie innoverend dink oor hoe ek dit wat binne my bereik is, baie beter te kan benut en dit te geniet. Dis GRATIS! Ek HOEF nie net goed te doen wat geld kos nie. Die planter is VANDAG net hier onder my huis besig. Ek dink dis tyd dat ek en die kinders ‘n slag gaan saam ry met die trekker! Njam!!

6 thoughts on “Gratis?

  1. Ek het nogal destyds in Johannesburg gewroeg omdat daar geen gratis plek is waar mens sommer kan gaan braai of piekniek maak nie. Toe het ek en my vriende eendag op ‘n eiland tussen twee baie groot hoofpaaie gaan piekniek maak. Ek kan nie meer die straatname onthou nie, maar dis daar naby RAU, as mens van die stad se kant af kom, en die groot hoofpad ‘n split na regs maak Melville se kant toe. Dit was heerlik! Ek het later jare weer daar gery en weet glad nie hoe ons dit reggekry het nie. Maar hier by ons, Toortsie, hier is die paradys!

    Like

  2. Ek kan gratis met my vrou gaan vry! Ek kan gratis met my kinders op die grasperk gaan speel (hoekom het ek dit so lanklaas gedoen?) Ek kan op die huis se dak gaan sit en die sonsondergang oor die Bosveld vir ‘n slag waardeer. Ek kan ‘n vriend se koffie of wyn gaan opdrink- gratis vir my, nie vir hom nie! Maar anderdag polish hy weer myne- gratis vir hom. Ek gaan stap deesdae baie kilometers uit die dorp uit- dis nog gratis. Hoe meer ek daaroor dink hoe meer besef ek die heel beste goeters in die lewe is nog steeds gratis!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s