tjieng

Ai tog! Die geldsake wat net nie wil uitwerk nie!! Dag 31 van 40

Ek het al voorheen oor geld geskryf, oor die tiende en dat ons MOET   spaar. Maar ons kom nie met ons geld uit nie! Waar moet die geld dan vandaan kom om nog te spaar ook en vir die kerk te gee?

Vandag gaan ons ‘n bietjie na ons uitgawes kyk. Ek weet ons almal gee geld uit vir goed wat onnodig is. Ek glo regtig aan ‘n begroting, maar op die oomblik klop my eie begroting ook nie! 😦  So, die Toorts sal die meeste van almal vandag moet luister!! Ek het ondervind dat as my geld net te vinnig uithardloop, ek net ‘n maand of 3 nodig het om ernstig te kyk wat ek uitgee, en dan is dit gewoonlik weer in lyn. Nou praat ek nie van skielike groot uitgawes wat oor my pad kom waarvoor ek nie voorsiening gemaak het nie. Nee, ek praat van ons gewone gang van die lewe.

Wat is daar waarvoor ek geld uitgee wat ek dalk nie meer gebruik nie.

  • Is dit nodig dat ek inteken op die Huisgenoot, Sarie EN Rooi Rose? Kry ek ooit een van hulle regtig gelees, of blaai ek dit net deur en vergeet daarvan?
  • DSTV. Is dit nodig dat ek die volledige pakket koop? Het ek al na die beskikbare pakkette gekyk? Is daar nie dalk ‘n pakket wat goedkoper is wat ek kan gebruik en nog steeds als kyk wat ek nou kyk nie?
  • Het jy nie dalk twee jaar gelede by die GYM aangesluit, sommer ‘n aftrekorder geteken en toe nooit gegaan nie? Is daardie aftrekorder al gestop?
  • Aan watter klubs behoort jy almal, wat jy nie ten volle benut nie? Is daar nie van hulle wat jy dalk kan kanselleer omdat ‘n ander een dieselfde voordele gee en jy reeds daarvan lid is nie?
  • Het jy die koste-effektiefste selfoonkontrak?
  • Gaan jy soms deur die verskeie bankkoste-opsies om te sien of jy wel vir jou doeleindes die minste betaal?
  • Moet ons nie dalk ‘n keer minder uiteet nie, die biefstuk vir ‘n kwart van die prys koop en dit self braai nie?
  • As ons uiteet, is dit regtig nodig om die duurste disse te bestel? Of, eet jy regtig jou bord leeg? Dalk ‘n kleiner porsie bestel? Is dit nodig vir voorgereg, hoofgereg EN nagereg?
  • Bak jou eie koek of beskuit! Dit kos baie minder en is BAIE lekkerder!

Watter voorstelle het julle nog??

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s