Wanneer is ‘n mens suksesvol?

Op dag 29 van Positiwiteit vra ek: Wanneer is ‘n mens suksesvol? Dit is ‘n vraag wat op my soekenjin verskyn het. Maar dis ‘n goeie vraag! Wanneer is jy suksesvol?

Ek dink sukses kan op verskillende maniere gemeet word. En jy kan dalk in die een afdeling van die lewe suksesvol wees, terwyl, in ‘n ander afdeling, heeltemal onsuksesvol. Verder kan dit wat vir my sukses beteken, nie noodwendig vir jóú suksesvol wees nie.

Jare gelede was ek by ‘n organisasie wat my geleer het dat jy suksesvol is as jy genoeg GELD en TYD tot jou beskikking het om te kan maak wat en wanneer jy wil. Is dit so? Kan jy reken dat jy dan suksesvol is?

Of is jy suksesvol as jy kon uitstyg bo jou omstandighede? As jy binne die gegewe omstandighede waarin jy is, jou beste gelewer het en selfs gegroei het?

Of is jy suksesvol as jy in jou geloofslewe gegroei het?

As jy akademies presteer het?

Wanneer kan jy sê: “Ek was suksesvol”?

Ekself glo nogals dat daar balans moet wees. As jy jou gesin na die beste van jou vermoë kon versorg, as jy as mens gegroei het, as jy jou beste gelewer het, as jy die Here dien … ek dink dán kan jy sê jy is suksesvol. Maar as jy fanaties een afdeling van jou lewe vertroetel het en daarin die hoogste sport bereik het, maar in die proses die hele res verloor het … was jy dan suksesvol?  Gaan jy aan die einde van jou lewe tevrede wees?

Ek sal maar wat ek ook al doen, voluit doen, na die beste van my vermoë doen, soos vir die Here.

POSITIEWE SAAD! ONTHOU!!

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

21 thoughts on “Wanneer is ‘n mens suksesvol?

    1. ‘n arm mens kan ook baie suksesvol wees. Hy is dalk regtig gelukkig in dit wat hy doen. Sy gesin is dalk saam met hom gelukkig. Dan is hy dalk brandarm, maar baie suksesvol.

      Like

  1. As jy sukses meet teen wêreld(mense) standaard is ek seker hoogs onsuksesvol. Maar as ek dit meet teen hoe suksesvol ek is om ek te wees, dink ek, ek vaar nogal besonder goed 😉

    Like

  2. Ek dink jy meet ‘sukses’ teen verskillende kriteria – afhangende waarin jy die sukses ‘behaal’ het. [of sien], daarom is ‘suksesvol wees’ relevant, tog hou ek van hierdie ‘quote’.

    The secret of success is the ability to survive failure –Noel Coward

    Like

  3. Daar is nie ‘n maatband vir sukses nie…. definitief nie die “Jones” oorkant die pad nie 😉 Ek voel nie soos ‘n kaas vol gate nie, dus is ek tevrede met wie ek is, wat ek het en wat ek bereik het. Wil eendag die woorde “Mooi so getroue diensmaagd……” uit God se mond hoor, dan sal ek weet ek was SUKsesvol in dit waarvoor ek op hierdie aarde geplaas is.

    Like

  4. Hi Lana, ek dink ons almal wat Christene is, stem saam met jou. Natuurlik is daar vir God se werk op aarde NIE ‘n maatband nie. Maar vir die ‘aardse’ daaglikse take, soos ‘n les aanbied vir ‘n klas [en om daarna jou af te vra, was ek suksesvol in dit?] is totaal iets anders as om jou taak as Christen hier op aarde te vervul. [of om die asbliklorrie te bestuur en te vra of jy dit veilig genoeg gedoen het en waar kan jy verbeter volg keer – meer eenvoudige voorbeeld] 🙂 Dis my nederige opinie van wat ek dink ons hier bedoel?

    Like

  5. Ek het nou lanklaas ‘n ding so bedink soos hierdie vraag…. tot in die nagtelike ure toe die slaap van my af weggevlug het – dankie Nikita 😉 Ek kannie vir ander praat nie “looks are deceiving.” Maak nie saak hoe ek die ding bekyk nie, my daaglikste doen en late en my diens vir God kan ek nie skei nie – Whether you eat or drink, or WHAtever you do, do it all to the glory of God. Is ek elke dag suksesvol… by verre nie. Is daar plek vir verbetering… “you bet!!” Maar tog – die vrede binne my en sukses loop vir my hand aan hand.

    Like

  6. Hi Lana, natuurlik kan mens dit nie skei nie, maar jy wil tog jouself deurentyd verbeter – en daardeur God verheerlik. Dalk druk ek myself nie duidelik genoeg uit nie. Ek is nie ‘n predikant wat al daardie ‘geleerde’ woord [woordeskat] het wat hy sal gebruik om dit te verduidelik nie – dink Toorts sal dit beter kan doen as ek. Die een omsluit die ander, maar binne God wil jy jouself tog deurentyd verbeter, jou as menswees hier op aarde. Op aarde werk jy in jou daaglikse omgang met baie dinge – wat ‘aards’ is en daarna streef jy om die beste te wees – om uiteindelik dit moontlik vir God te maak om te se: Mooi so, goeie en getroue diensknegd. – anders as jy in jou daaglikse bestaan met die ‘wereldse’ dinge nie jouself probeer verbeter nie, hoe kan God dit dan vir jou eendag se? Waar is die dominees wat hier lees! LOL

    Like

    1. As ek nou my beskeie mening van die buitekant van julle gesprek mag gee, Lana en Nikita, het ek so ‘n effense gevoelentheid dat julle eintlik saamstem! As ons dinge doen na die beste van ons vermoë, of dit nou vullis verwyder is en of dit nou is om ‘n ingenieur te wees, en terselfdertyd doen ons dit tot eer van God, dan kan ons nie anders as om suksesvol te wees nie. 🙂

      Like

      1. Dankie, Toorts, ek het ook daardie gevoel gehad – van die begin af. Mens doen mos als op die ou end vir Hom – wat jy ookal doen. Verskil is net, ons as mense evalueer ons self gedurigdeur en vra jouself af, het ek sukses gehad, wat ek kan volg beter doen / of anders doen – om meer sukses te he – alles op die ou end om die beste vir Hom te doen.[want dis waarna ons tog mik – hopenlik]

        Like

  7. Sien ons het nie eers ‘n dominee nodig nie, so tussen ons pluis ons die dinge uit 😉 Op hierdie ou aarde gaan ons nie kan se ons het ge-arriveer nie…. daar is altyd die strewe na beter wees vir Jesus… dus beter in ons menswees, beter vroue, moeders, vriendinne, ens. Nou kom ons terug by toortsie se vraag “wanneer is ons suksesvol?” Definitief nie eers die dag as ons arriveer nie, vir myself voel ek suksesvol juis omdat ek strewe na hoer grond… “a higher place than I have found, Lord plant my feet on higher ground.”

    Like

  8. Ek is ongelukkig te moeg [na die week wat verby is] om verder saam met julle hier in ‘gesprek’ te gaan, ek dink ek het gese wat ek wil se. Ek staan ook daarby. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!