‘n fluit, ‘n rok en ‘n mannetjie

Die storie oor die fluit, die rok, en die mannetjie gaan oor ‘n klomp menslike krisissies wat sommer in ‘n baie kort tydjie oor my pad gekom het. Krisissies rondom ‘n rok wat nie wil werk nie; ‘n kind se musiek-eksamentye wat net bly bots en waar daar net geen alternatiewe is nie; ‘n fluit wat breek 10 dae voor die eksamen en dis die een vakansiedag op die ander en die persoon wat die fluit kan herstel is met vakansie net mooi tot die dag van die eksamen. Krissise wat dalk in ander mense se oë na onbenullighede lyk, maar vir die persoon met wie dit gebeur, GROOT krisisse is. Wanneer mens op ‘n punt kom van net nie weet watter kant toe nie. Wanneer jy in jou nood net een iets het om te sê, en dit is: “Here, nou sal U moet help asseblief, want ek het geen raad meer nie.” Dis DAN wanneer jy keer op keer jou hande  in verwondering saamslaan omdat die onmoontlike net skielik moontlik raak. DIT het ek die afgelope paar dae keer op keer gesien.

Hoekom is dit so dat als dood goed verloop, totdat die program so ‘n bietjie voller raak? Dan is daar mos ‘n mannetjie wat lekker kry uit die idee om dinge net NOG ‘n bietjie meer deurmekaar te krap. Plaas dat hy iets opbouends kry vir sy hande om te doen! Maar ELKE KEER kom ‘n oplossing. En die mannetjie moet op sy neus kyk omdat sy planne ook maar net nie wil uitwerk nie…

Wat het al hierdie dinge met positiwiteit te doen? ALLES!! Op dag 28 van positiwiteit dink ek aan al die kere wat ek met my rug teen die muur gestaan het en geen uitkomkans gesien het nie. Toe dit menslik onmoontlik was om ‘n oplossing te bring. Die kere wat die oplossing gekom het uit ‘n Ander Oord. Ek hou daarvan om goeie nuus oor te vertel. Of as iemand vir my iets goeds gedoen het, daarvan te vertel. Daarom sal ek nie stil bly as dit so duidelik is dat die oplossing van God af gekom het nie.  Aan Hom al die eer!

Ek daag jou uit om ook vandag te dink aan al die kere wat God vir jou die oplossing gebring het.

POSITIEWE SAAD! DIS WAT DIE VERSKIL MAAK!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 40 Dae van Positiwiteit, Geleefde Christenskap and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to ‘n fluit, ‘n rok en ‘n mannetjie

  1. Ons en goeie vriende sit gisteraand in ons pizzaplek. Dié ou gaan maar deur ‘n moeilike tyd. Maar toe hy gisteraand begin tel, het hy die afgelope paar dae ten minste ses wonderwerke beleef. Baie mense sien dit nie raak nie. ‘n Wonderwerk is ‘n bonatuurlike (vir ons Goddelike) ingrype in die normale gang van die lewe. Onder andere het sy nuwe besigheid toe nie daardie R100 000 fout gehad, wat maklik kon eskaleer tot R4.5 miljoen rand skade nie. Die agnostici sien hierdie goeters net as toeval. Ek sien te veel toevalle elke dag, Iemand is besig om in te meng…

    Like

  2. BB sê:

    Ek het ook nie genoeg vingers aan albei hande om myne te kan tel nie… ek is ryk. Baie ryk!! :mrgreen:

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s