Reuse

Facing the Giants”. Wat ‘n inspirerende fliek! Het jy dit al gesien? Dis FANTASTIES!!

‘n Sekere Voetbalspan is neer teen die grond, sonder motivering. Dis alreeds 6 jaar wat hulle ‘n nuwe afrigter het, maar hulle kan net nie wen nie. Vir die afrigter loop alles in sy lewe skeef. Daar is baie persoonlike krisisse en hy staan ook ‘n kans om afgedank te word as afrigter.

Dan gaan hy in sy wanhoop na God. Sy laaste toevlug. Sy laaste hoop. En God antwoord hom in die vorm van ‘n man wat met hom kom praat. Sy hele perspektief verander. Hy begin sy geloof uitleef ook in die afrigting van sy span. Hy getuig teenoor hulle. Die kinders begin glo. Hulle begin speel vir God, en nie meer vir die wen nie. Hulle gee vir God hulle beste. Hulle eer God, of hulle wen en of hulle verloor. Gesindhede verander. Lewens verander. Verhoudings verander.

Ek verander.

Fokus op God! Hy is BAIE groter as die grootste reus!!

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s