Wie sal dit wees???

Ek weet nie wat aangaan nie!!! Ons het hierdie jaar so op ‘n hoë noot begin met die een tag-speletjie na die ander. En skielik is ons in ‘n woestyn!! Wat gaan aan??? Xena??? Toe ek begin blog het verlede jaar, was jy die groot uitdinker van tag-speletjies en nou hoor ons niks?

Postaday het NET die regte idee!!!  As jy ‘n fiktiewe karakter kon laat lewendig word, net vir een dag, wie sou dit wees? Wat sou julle doen?

En wie is my gunsteling karakter?

Ek was 6 jaar oud toe ek die eerste keer met haar kennis gemaak het. ‘n Tannie het ‘n boek met die verkorte weergawe van haar storie vir my gegee en ek het dit so baie geniet. Later het ek die volledige storie as geskenk ontvang en dit herhaaldelik gelees. En natuurlik heelwat later het ek dit episode vir episode oor en oor gekyk saam met my kinders… Ek was saam met haar bly en opgewonde as sy in die berg by haar oupa was en saam met Peter en die bokke bedags baljaar het. Ek het saam met haar getreur in Frankfort. Natuurlik is dit Heidi!! (Ek het die boek “gescan” maar kan dit net glad nie op my blog geplaas kry nie!! 😦  )

As Heidi vir ‘n dag lewendig kan word (‘n dag is HEELTEMAL TE MIN!!!), sal ek graag saam met haar in haar geliefde berge wil gaan rondloop. Ek is in elk geval heeltemal versot op Switserland, daarom twyfel ek nie dat ek dit sal geniet saam met haar nie. Sy kan vir my al haar gunsteling plekkies gaan wys, en ek sal sommer net die dag kind wees saam met haar! En ek sal graag vir Peter en haar oupa ook wil ontmoet. En ons sal KAAS en BROOD eet, soos die Switsers maar net kan!!

Leon en Seegogga, julle het al altwee kinderboeke geskryf. Daarom sal ek bly wees om te hoor saam met watter karakter julle ‘n dag sal wil deurbring. En wat julle saam met die karakter sal doen. Xena, terwyl ek jou alreeds genoem het, sien jouself “getag”. En ‘n nuwe blogmaatjie wat gereeld hier inloer, maar by Blogspot is, is Anna F. Jy is ook getag!! Onthou om weer iemand te benoem!! Die idee is dat diegene wie ek hier genoem het, op hulle eie blogs ‘n soorgelyke inskrywing sal doen. Die ander wie nie hier genoem is nie, mag natuurlik OOK hier reageer en vertel van HULLE gunsteling karakters, of nog beter, hulle mag hulleself “tag” en op hulle eie blog hieroor skryf!!

27 thoughts on “Wie sal dit wees???

  1. Ek probeer nou vinnig dink , want moet kinders se sport gaan bywoon.. Kom ons begin met Obelix van Asterix en Obelix . Obelix sal my in tuin help om swaar goed te skuif en onwelkome bome te ontwortel en die swaar tak wat deur wind veroorsaak is af te breek en dan MOET hy Maandag saam my skool toe gaan en ‘n paar kinders wat nie wil luister gaan skrikmaak!!

    Like

    1. Klink oulik! Ek wonder of hy enige iemand kan skrik maak! Hy was ook een van my gunstelinge. maar is hy eintlik ‘n sagmoedige reus nie? Kan nie meer so lekker onthou nie.

      Like

  2. Hi Toortsie- Anna F se man hierso, lees ook graag julle blogs!

    Karakter- daardie ou omie met die kierie in die Asterix reeks se beeldskone vrou- kan nie haar naam so vinnig opspoor in my versameling nie.
    Wat sal ons doen? Ek sal graag by haar wil hoor wat in beeldskone vrouens se koppe aangaan- dit behoort die hele dag te vat!

    Like

  3. Ag, ek moet bieg, van alle kinderstories is Heidi ook vir my die allermooiste- en ek het ‘n pragtig geillustreede boek van haar gekry toe ek so 7 – 8 jaar oud was. Ek wil saam met Heidi en Peter met die bokke berg-op gaan, ek wil saam met haar en oupa kaas braai en ek wil bo in haar soderkamertjie op die strooi gaan le o ja, en ek doen dit gereeld- ek gaan staan onder die dennebome as die wind waai en luister na die klank- hulle sing mos, anders as ander bome.

    Ek wil ook baie graag saam met Anne of Green Gables in die begraafplaas sit en gesels, en ek was dol verlief op Krynauw in Keurboslaan. o, darem die oulikste ou!

    Like

  4. Duimelientjie! ek sal mal wees oor so piepklein vriendinnetjie. Ons sal vir haar tee maak in ‘n klein teestelletjie. Sy sal saam koffieshop toe gaan , bo-op die tafel sit en vertel hoe sy my wêreld vanuit haar oë sien.

    Like

  5. Victoria Plum – ek kon wegraak in die prentjies in die boek, en saam met haar in haar boomwortelhuis bly en kruie en sade versame. En al haar dierevriende – oe, sy was gelukkig, en het die mooiste klere gedra.
    Toe ek groter was, was Nancy Drew my heldin. Wat ‘n slim jong dame was sy nie!

    Like

    1. Haai, ek ken hulle nie eintlik nie. Ek dink hulle was gewild in daardie “tussen-in” stadium in ‘n mens se lewe. Wanneer jy te “groot” is vir kinderstories en jy nog nie kinders het nie. Ek het wel in my lewe met Victoria Plum te doen gehad – toe my kinders klein was.
      Wie was Nancy Drew? Wil jy nie ‘n stuk daaroor skryf nie?

      Like

      1. Mmm, nou moet amper ek my ouderdom verraai 😉 Ek het Victoria Plum gelees tussen 8 en 10 (moes eers leer Engels lees :), meer as 20 jaar terug ….

        MAAR wat ek eintlik wou sê, en het daarvan vergeet van loutere hartphysiologie is Stories van Rivierplaas, met Alie op die plaas. Sjoe, was dit nou wonderlik. Kan min onthou, ek sal moet laat iemand vir my die boek saambring as hulle weer oorsee kom.

        Like

  6. Pippie Langkous! Ek wil net so bietjie met haar speel. ‘n Reis na die Suidsee sou beter gewees het, maar klink my ons het net ‘n dag.

    Like

  7. Ek sal ook nogal ‘n avontuur saam met Asterix en Obelix wou beleef – miskien die Olimpiese Spele?
    Ek sou graag vir Liewe Heksie ontmoet en haar ‘n klap agter die kop gee om wakker te skrik, ek like nie dom mense nie 😆
    Ek sal nogal like om Darth Vader te ontmoet en vir hom ‘n pakkie stepsils gee. Die man se arme keel is seker al rouer as ‘n rasper.

    Like

    1. Ek het Asterix en Obelix eers in my “grootmenslewe” ontdek. In my kinderdae was dit nog nie op TV nie. Ek weet van die seuns in ons klas het sulke boeke gehad. maar toe dit op TV was toe my kinders klein was, het ekself nie ‘n episode gemis nie!! Ek het die meeste van daai GROOT ou gehou!
      Sies tog! Arme Liewe Heksie!!! Ek hou dan van haar!! (Ek het in die skoolhoutyd ook beter reggekom met die kinders wat swaarder leer. Dalk het hulle my nie soveel ge”challenge” soos die slimmes nie?? Hulle was net DIERBAAR!)
      Vertel asb meer van Darth Vader? Ken hom nie

      Like

Gesels saam, asseblief!