Waar daar baie met voer en graan gewerk word, is daar baie muise. En daarom laat ons toe dat hier baie katte is. Mak katte, maar hulle is wild. Nie wildekatte nie, maar wilde katte. Hulle is hier rondom die huis, hardloop nie weg as ek verby loop nie, maar eintlik is hulle maar bang vir mense.
Die sifdeur by die agterdeur maak nie heeltemal toe nie. Dit gee waaghalsige katte net die ruimte om in die huis te kom. Nou die dag kom ek toe op 3 katte af wat dit binne gewaag het. Een spring toe dadelik dieper in die huis in toe hy my gewaar. Die hond het die ander twee baie vinnig gewys waar die deur is.
Dis daardie ander kat wat toe die probleme maak. Want nou het hy verdwaal in die huis! En hy kruip weg! En bly tjoepstil, so mens weet ook nie of hy nou nog in die huis of buite is nie. Maar toe dit nag word, hoor ons op ‘n gereelde basis – hier is wel ‘n kat in die huis…. Dan val ‘n bak, dan miaau hy… Hy raak verstrengel in die Venesiese blinding, en dan vlug hy weer… En elke keer vlieg ek op en gaan soek. Die probleem is dat ek nie die vensters kan ooplos nie, en los ek ‘n venster oop, weet KAT nie daarvan nie….
Die volgende dag is dit weer herhaaldelik dieselfde storie. Ons hoor kat skree, en hierdie keer is die huishulp darem by om te help luister…. tot ons UITEINDELIK sien waar hy wegkruip. Toe word HOND se hulp ingeroep en sommer so vinnig-vinnig is kat gehelp tot by die deur!!! Darem wonderlik hoe goed die diere mekaar verstaan.
Og, en KAN muise vir mens probleme gee! Daar het eenmaal ‘n muis in die spens op die plaas ingekom. In die 2 weke wat hy daarin was het hy o.a. ‘n hele boks KERSE opgevreet!
LikeLike
Die kans is baie goed dat hier muise en ‘n kat in die huis is!! Ou huis met ou mure. Ek het sulke masjientjies op strategiese plekke wat die muise “glo” weghou!
LikeLike
klink amper soos by ons se: daar’s ‘n muis in die huis! Se-nou daar was ‘n muis en ‘n kat in die huis?
LikeLike
Haha! ……’en, die kat kom weer, want hy wil nie langer wag, die kat kom weer, net die volgende dag’…. onthou nog daai liedjie? ‘Feral cats’, sê dit duideliker in Engels; huis (domestic) katte wat wild groot word; hulle sê enige kat wat nie binne die eerste vier weke van sy lewe menslike aanraking het nie, word wild. ‘n Vriend van my seun, hulle bly op ‘n plaas in Thabazimbi, het blykbaar ‘n wildekat (African Wild Cat) kleintjie in die veld gekry; hulle het haar toe hans grootgemaak. Blykbaar is dit ‘n fantastiese troeteldier; meer soos ‘n hond as ‘n kat. Blykbaar wil sy die heeltyd speel, maar byt flippen seer en daai naels! het ‘n persoonlikheid soos ‘n hond; kom as jy haar roep (watter kat wat sy sout werd is, doen dit?!) . Spring soos ‘n bok; hulle wou haar ‘dip’ en sy hardloop toe weg, reguit huistoe, die agterdeur was toe, maar sy spring met haar hele lyf in die lug, druk die deur se handvatsel af en hardloop binne toe! slim né…
LikeLike
Behoorlik slim! Ek is net dankbaar kat is wel uit die huis uit! Sy hou mens nogals wakker!
LikeLike
ek het een keer gehoor dat sulke wilde mak katte chaos kan veroorsaak tussen volstruiskuikens as hulle toegelaat word om onbeheersd aan te teel
LikeLike
Ja kan glo! Kyk maar na Australië – hulle het iets soos 16 miljoen wilde (feral) katte. Blykbaar huiskatte wat jare terug soontoe gebring is om die haas populasie in toom te bring. Nou vreet hulle al die klein wilde diertjies op – hulle het mos nie eintlik groot wild nie; net ‘possums’ en baie soorte muise ‘marsupials’ en natuurlik voëls; die katte het dus geen natuurlike vyande soos in Amerika bv. waar daar wolve en die coyote is nie; hulle het ‘n m…se probleem!
LikeLike
Daar is een of ander eiland ook wat so ‘n groot probleem het. Nie seker watter een, hier naby aan SA, ook om muise in toom te hou, en nou vang hulle omtrent net voëls
LikeLike