Moeder van die bruidegom

‘n Moeder van die bruidegom het mos maar min te doen met die reëlings van die troue. Dis iets soos…. dra beidge en….   Maar daar is darem ‘n paar verantwoordelikheidjies, soos ‘n paar mense wat moet klere kry…

Eerstens is daar twee oumas. Die een ouma kan al 5 maande voor die tyd aan niks anders dink as aan wat sy gaan aantrek nie. Terloops, sy het TWEE kleinkinders wat in ‘n kwessie van ‘n maand trou~!!! Genoeg om enige dame van 80 wat daarvan hou om by die mode te hou, opgewonde te maak. Die probleem is net dat die regte seisoen se klere nog nie in die winkels hang nie en sy nie meer self kan bestuur “oor die berg” nie. Planne word gemaak. En oorgemaak.  Daar word sommer mense uit ‘n kantoor ontbied vir inkopies, ens.

Die ander ouma is weer heeltemal die teenoorgestelde. Ag, sy het so baie klere in haar kas! Sy het nog die rok wat sy op haar oudste seun se troue gedra het, en ook die pakkie klere wat sy op haar jongste kind se troue gedra het. So, wat is die moeilikheid?? Nee Ouma! Ons gaan iets nuuts koop vir die geleentheid.

Die pa van die bruidegom HET nog die pak wat sy skoonpa aangehad het toe hy en sy vrou 25 jaar gelede getrou het. ‘n Bokhaarpak. Ag, die moue is so ietwat te kort, maar eintlik is die pak ook mos heeltemal geskik????  Nee, nee, nee!!!  ‘n Nuwe pak moet dit wees!!! Elke mens behoort ‘n goeie pak in sy kas te hê.

Dan is daar nog die tiener! Dis nie elke dag dat jou broer op JOU 18e verjaarsdag trou nie!!! En terwyl dit nou die bruid se verjaarsdag ook is….  ‘n Spesiale skepping sal dit wees!

Die bruid het gevra dat die moeder van die bruidegom sal help met die pak van die bruidegom… ek vermoed die bruid gaan dalk self moet inspring!

Die broer van die bruidegom is mooi groot en selfstandig, hy sal sekerlik self sorg.

En laaste, en die minste, is die moeder van die bruidegom. Sy kan darem seker nie in verlede jaar se kerkrok gaan nie? Gelukkig is haar eie trourok wat in die gang hang, heeltemal te klein!!

As dit net die werk van die moeder van die bruidegom wil ek nie weet wat die moeder van die bruid doen nie!!! Sies tog! Sy en die bruid slaap seker die 5 maande voor die tyd nie een nag nie om alles klaar te kry! Want hulle het ook mos ‘n klompie kledingstukke, en nog ‘n hele klomp ander reëlings ook!!

Maar ons gaan partiekie, troue hou, dans op die tafels!!! Tot nanag in ons heel mooiste “outfits”. Dié moet jy weet!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

12 thoughts on “Moeder van die bruidegom

  1. Ons het ons troue per e-pos gereël van Switserland af met klomp gawe mense op Nieu Bethesda. Ek dink dalk was albei ouerpare verlig dat hulle nie veel te hoef gereël het, ja, behalwe hulle eie klere nie! My eie rok was ‘n pragtige lentegroen shi-shi romp (of wat noem mens nou weer daai mooi patroontjie materiaal wat mens tot onlangs net nog op die platteland kon koop?) en ‘n wit bostuk wat ‘n vriendin van my ma gemaak het – die materiaal het alles R30 gekos, dink ek. Toe ek later hier in CH die romp wou laat kleiner maak om andersins te dra (aangesien dit “normale materiaal” was) het dit omgereken R700 gekos! Ons troue was op die 31 Desember, dus groot makietie 🙂 en baie van ons vriende het na die tyd saamgegaan op ons wittebrood Gamkaskloof toe waar ons gekamp het. Ons sien hulle so min, en almal het so ver gery, waarom nie nog verder kuier nie?
    Geniet die troue!

    Like

  2. Die bruid is gelukkig ook 100% aan die stuur en ek weet dit gaan Heerlik wees! Dit klink my die duurste item by jou was die verandering aan jou romp! Ek dink jul het verskriklik lekker troue gehou!

    Like

  3. Ek sien vreeslik uit daarna! Ek wou eintlik sommer net vertdl het van die uiteenlopende persoonlikhede in die heel nabye familekring. My lap is nou net gekoop, mal daaroor. En pappa gaan nou sy pak koop! Als verlonp baie goed

    Like

  4. Ag, geniet die troue- mos ‘n eerste in die gesin, dan nie? Ek self is kliphard besig met my jongste se troue ( tweede troue in die gesin) oor 2 weke. My niggie maak my rok- sommer sonder veel pas, daar is nie tyd nie. Hierdie naweek is laaste reelings gefinaliseer, Pa dra selfde pak wat hy nuut gekoop het vir dogter 1 se troue. Gelukkig dra mens mos nie baie pak op Bredasdorp nie, so dis nog nuut, maar die ma van die bruid moet nog ‘n lap verf- ‘n Parys scene met le sacre coer( sp) in die agtergrond, 4 m hoog, 6 m lank…….

    Like

    1. Vriendin gaan my rok maak, ek wil juis gou die lap vir haar neem. Pappa se pak is gekoop en meisiekind het ook ‘n rok gekry – erg somers vir ‘n winterstroue, maar wel. Dis net die OUMAS…

      Like

Gesels saam, asseblief!