Wat kan jy met ‘n miljoen doen?

Postaday-onderwerp:   What would you do with a million dollars, tax free?

Uit nagedagtenis en respek aan Lukas Maree vra ek vir jou: Wat sal jy doen as jy vandag Een Miljoen rand in jou skoot kry?

Ons almal onthou die TV-weergawe waar Lukas in die sinkbad sit en so lekker lag oor die miljoen. Ons almal het saam met hom gedroom.

Vandag is ‘n miljoen rand nie meer so baie nie en jy sal nie te ver kom daarmee nie. Maar gestel jy het nie skuld wat jy daarmee moet afbetaal nie. Of dalk het jy nie so baie geld dat jy dit net by die ander sal sit nie. Wat sal jy doen? Gestel dis ‘n miljoen wat jy nou regtig vir jou eie plesier mag gebruik?

Hier is wat ek sal doen:

Eerstens is die 10e vir my van uiterste belang. So ek sal my tiende, wat ek tans bereken as 12.5%, met lus spandeer: R125 000. Dalk sal ek daarvan vir elke werker op ons plaas, en sy vrou en kinders, ‘n lekker warm baadjie koop.  Die 10e-geld wat oor is kan vir verskeie organisasies gaan, soos ons kerk, Geopende Deure wat buitelandse sending doen, Veritas College wat opleiding van sendelinge behartig, Die Bybelhuis van Suid-Afrika, Sending sonder Grense, die Ouetehuis op Bredasdorp. Ek het ‘n lys, en sal daarop kyk vir wie ek almal geld kan stuur.

Ek sal R125000 in aandele belê, net omdat dit “die regte ding is om te doen”.

Dan is daar nog R750 000.00 waarmee ek mag doen NET WAT EK WIL!!!

Die kans is goed dat ek daarmee sal toer! En sommer my kinders en hulle aanhangsels en natuurlik my MAN sal saamneem! Wat van ‘n eksotiese toer na Rusland? Of ‘n bootreis in die Skandinawiese lande? Ons sal sommer op pad soontoe by die familie in Wes-Australië ook gaan draai. Dit wat oor is, sal ek bêre vir ‘n volgende toer. In Afrika sal ek graag Kenia en Malawi wil besoek. Dalk is daar genoeg geld om vir elke kind ‘n klein motortjie te koop?? En vir my dogter ‘n egte silwer dwarsfluit!!! 😆

En nou is dit JOU beurt!!  VERTELLLL!!!!

Groete

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

21 thoughts on “Wat kan jy met ‘n miljoen doen?

  1. dis n tameletjie. Ek glo ‘charity starts at home’
    kinders het alreeds eie karre. Dit beteken glad nie hul los myne uit nie, maar nou ja. Die buiteland staan my nie aan nie. Ou geboue, skilderye en standbeelde ook nie. As ek n foto daarvan gesien het, dan weet ek mos hoe dit lyk. Ek sal waarskynlik helfte bele en ander helfte op homer en 4 uitgee.

    Like

    1. Ek sal dadelik al my skuld kla betaal en kla maak by my werk en klein beesagheid oop maak en voltyds in bediening gaan,bedien reeds baie yt maar dis my droom om dit elke dag te doen.

      Like

  2. Ek dink jy het ‘n baie goeie idee om eers ‘n deeltjie te gee vir mense wat minder het, soos Lucas ook in sy liedjie “Die weduwee se kruik” gesê het: Dis die goeters wat mens weggee wat jou ryk maak.

    Die reis-idee klink ook vir my baie verloklik, maar vir nou dink ek ek sal die oorblywende deel alles in ‘n stukkie grond belê, wat hopelik later weer vir my ‘n geldjie vir reis sal oplewer. Intussen kan mens die stukkie grond solank as ‘n droomplekkie gebruik. (Alhoewel ‘n miljoen nou vandag glad nie meer “‘n plaas se prys” is nie.)

    Like

        1. Behalwe dat ek my 10e uit gehoorsaamheid aan God gee, gee ek dit ook uit DANKBAARHEID!! Dankbaarheid omdat Hy my in die verlede gesorg het. Dankbaarheid omdat Hy ook vir my hierdie inkomste waarop ek NOU my 10e gee, voorsien het. En saam met dit die VERTROUE dat Hy my ook in die toekoms sal versorg. God laat Hom nie omkoop nie!! En hy trek niemand voor nie!! En deur jou 10e te gee, koop jy nie vir jou gesondheid en rykdom nie. Slegte goed kan nog steeds met jou gebeur.

          Like

  3. vir wat hul ookal mag nodig he, toortsie. Vir die 4: Goeie meubels, linne kan n belegging wees. Sterker bakkie vir homer. Paar oumensies winkel toe neem vir goeie gemaklike skoene, klere wat gemaklik pas. n fliek met popcorn en koffie en koek agterna. Dis goed wat seker nie eers op meeste oumensies se lyste is nie.

    Like

  4. ‘n Miljoen is nie eers die prys van ‘n droom nie. Ons almal – wel die van ons wat nog nie is nie – gaan nog miljoenêrs raak en dit beteken glad nie dat ons sal ryk wees nie.

    Ek sal daarvan hou om ‘n koffieshop te hê, maar ek dink nie ‘n miljoen dek dit nie. Dalk ‘n Harley of 2? 😉

    Praat van die powerball wen en dan gaan hier nie genoeg plek wees nie.

    Like

  5. Ek het so ‘n koevertjie waarin ek my tiende sit. Jy kan nie glo hoe gou word dit baie nie. Dan gebruik ek dit vir liefdadigheid soos nodig. Skielik het ek genoeg geld vir liefdadigheid! Dis lekker. Ek het vir myself ook so ‘n koevertjie begin, maar ek moet kort-kort iets uithaal omdat daar nie ander geld is nie- so jy kan maar van jou miljoen vir my ook ietsie gee, Toortsie. Ek belowe as ek my miljoen kry, sal ek dieselfde vir jou doen.

    Like

  6. Om te seg is een ding om te doen ‘n ander. Ou bloedbek het in 20 jaar net van een persoon die versoek gekry om presies ‘n tiende aan haar kerk te betaal uit die opbrengs van haar pensioengeld. As ek mag droom sal ek dit in R10 note omskakel en dit op ‘n vliegtuigie laai en dan uit die lug strooi na die weses benede. Dan sal ek graag hulle gesigsuitdrukkings wil sien. Dis natuurlik die droom deel, die werklikheid is om van die “private number” op my se selfoon ontslae te raak en dit wat oorbly op Liefie te spandeer, maybe ‘n Wimpy brekfis en dan los ek haar innie winkels en ek gaan visvang en sy shop till she drops seg ek jou.

    Like

Gesels saam, asseblief!