Wat is daar voor in die pad?

Ek ry nou een dag Swellendam toe en kry ‘n konfooi nuwe voertuie wat van voor af kom. Toe ek by die N2 wil indraai, is daar ook ‘n konfooi. Vreemd??? Koop almal dan vandag nuwe voertuie??? Maar soos ek nader kom, sien ek dat hierdie konfooi nie ‘n normale een is nie. Daar voor in die pad is iets. Dit lyk soos ‘n banier wat oor die pad gespan is met ‘n klomp voertuie agterna… Maar die string karre raak tog korte en toe kon ek naby genoeg kom om te sien wat dit is…

Dis nog ‘n bietjie ver, maar kan julle al agterkom wat dit is? Kyk weer.

‘n BOOT!! Hy word toe afgetrek by die skaal en daar het hy ‘n hele naweek gestaan. Dit was seker weer ‘n geval van een as wat oorlaai was of so iets. Dan moet dit met baie moeite en onkoste geskuif word – dalk net 2 cm!! Maar dis wat die WET sê en ons moet die wet gehoorsaam!!!  💡

Vir julle is dit dalk ‘n algemene gesig om ‘n boot so padlangs te sien ry. Ek is maar gewoond daaraan om hulle op die see te sien ry….

Postaday wys vandag 10 blogs wat baie besonders is. Gaan loer bietjie hier. Ongelooflik!!

Toorts se troutip: Doen hierdie naweek iets baie spesiaals vir jou huweliksmaat… en kom vertel vir ons sodat ons ook idees kan kry!!

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s