My emmertjie

Ek kom die laaste tyd agter dat ek soms neig na die hartseer kant, die trane wil sommer net loop. Maar net soms, hoor! En meestal saans. En dan kan ek myself so bejammer oor nonsens… Ek vra toe vir my siel: “Siel, wat gaan aan???”  My siel antwoord dat ek nooit meer by my vriendinne uitkom nie! Sien, ek is baie besig met baie dinge, soos kinders rondry, die oumas gelukkig maak, uitreik na die plaasmense…. maar wat van myself? Ja, Ek voed myself met die Woord en opbouende leesstof…  

Gisteraand was Valentynsbal op Swellendam, en ek besluit net daar om sommer die aand by vriende te gaan kuier – van 6 nm tot 11 nm.!! Heerlik!!! Sjoe, was dit nou lekker! Ons het daar op hulle stoep gesit in die pragtige tuin, met ‘n lampie wat brand en ‘n kersie wat tussen die plante hang, en gesels en gelag en geëet.  En toe die bal verby is, skiet ek en meisiekind sommer net daar, in die middel van die nag, deur Struisbaai toe. (Ons het seker so amper 2 nm hier aangekom). En vanoggend het ek NOG ‘n vriendin MOEG gekuier…. Die ander vriendinne wat hier woon, weet nog net nie, maar hulle gaan hopelik ook nog ‘n beurt kry hierdie naweek!! Jahoeeeeee!!!! 

En nou? Wat het geword van my??? Ek loop en sing en dans en huppel…. My emmertjie loop oor, my emmertjie loop oor, my emmertjie van vreugde en van blydskap loop nou oor!!! Dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, want die mense is so dors!!

Wat is die lewe sonder dierbare vriende? Sonder lekker maats?? Sielsgenote?

4 thoughts on “My emmertjie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s