Afgehandel

As dit vir my voel of ek meer agteruit werk as vorentoe, of die hoop op my lessenaar net hoër word en als halfpad is en niks klaarkom nie, as dit voel of ek dit nooit gaan maak nie…. dis DAN wat ek met myself begin ernstig praat en een ding op ‘n slag begin doen en ELKE keer wat ek iets klaarkry, KLIPHARD sê: “Die melksyfers is AFGEHANDEL…. die lone is AFGEHANDEL…. die vorm wat ek moes invul is AFGEHANDEL…” en gou-gou voel dit sommer of ek ‘n klomp werk afgehandel het, en het ek sommer die moed van ‘n leeu!! Probeer dit!!

Toorts se troutip:  Dis SATERDAG!!!! ssssssssssssssssssssssssssssssssss …. Als wat met ‘n s begin….. sag, sensitief, streel, soen, skaterlag, seks, saamwees, srooiwyn, sbraaivleis….. 😆

 

Advertisements

13 thoughts on “Afgehandel

      1. Ek houu nogal daarvan om ‘n lysie te maak en dite goed wat ek klaar gedoen het, dood te trek of af te merk. Dis die lekkerste ding om te doen! Dit voel so goed om elke keer iets waarmee jy klaar is dood te trek! Daar staan dit swart op wit. Jy kan daarna kyk en trots voel oor al die strepies!

        Like

  1. Ongelukkig moet mens vir meeste van daardie singe wat met ‘n s begin ten minste twee wees. Dis moeilik om daai goete te suksesvol te doen as jy alleen is.

    sorry – ek is sommer net sinies en gatvol.

    Like

  2. nog s woorde vir Saterdag vir getroudes…. sjampanje…sjerrie….saam stort… stap onder sterrehemel…. dis bietjie laat vir sonlig, tensy jy aan die ander kant van die wêreld sit… sjee nog voorbeelde…

    Like

  3. Ek hoor vanoggend ‘n dokter sê op die radio ons moet almal in vandag se lewe vol stress, sorg dat ons innerlike vrede met onsself vind.

    Hy raai toe aan dat jy begin by die huis en kyk na al die dingetjies wat jy begin het maar nog nie klaar gemaak het nie. Vat dit en maak dit klaar.

    Wel ek neem toe bietjie tyd en gaan kyk na al die dinge wat ek nie klaar gemaak het nie.

    Ek maak toe die oop-bottel 10 jaar KWV en die halwe bottel J&B en… di oorschiekt braaiflys en die koewart botle kyn en sho anner bottil wyn en daai paki prosak pille ene die tjoklits amla kla.

    Hel ma ek sje jou nou ek veol inrrlik nou somma flippen grênd.

    Shtuur hierie vi anner ouns wat jy dink ok inrrlik vrede kort.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s