Speel saam, toe????

Hierdie is die oorspronklike skryfsel wat op 4 Februarie 2011 geskryf is:

Ongelooflik!!! Tot NOU was hier alreeds 9831 besoeke aan my blog!! JA Ja!!! Ek weet! Dis MIN in vergelyking met baie van julle, maar hierdie blog het maar in September 2010 begin!! Ek is baie trots!! En dankbaar vir elke besoek!!! Baie baie dankie!!

Ek het Maandag die wêreldkaart aangeskakel en sedertdien was hier 165 uit SA, 16 uit Ysland!, Brittanje 13; Amerika 10, Duitsland 3, Korea 3 Namibië 2, Indonesië 1, Nederland 1, Kanada 1, Argentinië 1, Nigerië 1 en België 1!!! Ongelooflik!!!  (Sal die kaart die mense of die besoeke tel, want hier was baie meer besoeke as wat die kaart aandui in dieselfde tyd??)  Om by 10 000 klieke te kom, is 169 klieke nodig en as die besoeke aanhou soos die tendens is, behoort hier teen Maandag 10 000 besoeke te wees….

Nou die speletjie!!! As jy wil, sal jy loer waar die syfer staan, en dan die getal by die kommentaar skryf? En as jy wil, waar jy jou nou bevind, sommer net vir die interessantheid. EN die heel BELANGRIKSTE!!! Skryf iets lekker lafs!!! (net bo die belt, gehoor!!!)

Maar….

Ons is nou al lankal verby die 10 000 merk. Tog is hier nog gereeld mense wat hier loer. Ag, speel nog steeds saam en tik in die hoeveelste besoeker jy is, asb? en ek wag nog steeds vir ‘n lekker lawwe storie….

Vandag, 29 November 2016, het ons die 300 000e besoek gekry op hierdie blog! Sjoe! Dankie!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie op Pinterest

20 thoughts on “Speel saam, toe????

  1. Ek het jou “hoe begin a blog” stappe gevolg en is nog in die voor embrio stadium. Dankie vir jou stap tot stap raad. Jy het dit redelik maklik laat lyk. Kry nog nie alles reg nie, maar ek gaan een of ander tyd ook daar kom!
    Dus tel my as nog n besoeker.

    Like

  2. 40031 op 4 April 2012. Uitkyk!
    Kameel, dankie vir jou aandeel. 3 maande 10 000 klieke. Vorige 10 000 het 5 en ‘n half maande geneem, ek dink in daardie tyd het ek ‘n ruk opgehou ook.

    Like

Gesels saam, asseblief!