Is dit die moeite werd om met 8 plaaskinders te speel???

Aangesien Facebook nou kwansuis gaan toemaak, wat ek natuurlik betwyfel, gaan ek die paar stukkies wat ek daar geplaas het, hier plak.

Ons voel almal maar dikwels dat die oormag so groot is, ons gaan dinge NOOIT regkry hier in ons land nie. En dit is seker waar. Daar is SO baie wat gedoen moet word. “Die oes is groot en die arbeiders min”.  Maar dit laat my altyd dink aan die storietjie van die man wat langs die see loop daar by die Weskus. ‘n Klomp krewe het op die sand uitgespoel (of hulle het uitgeloop of so iets). Daar loop ‘n man wat besig is om die krewe een vir een terug te gooi in die see. Iemand vra hom: “Hoekom doen jy dit? Jy gaan tog nooit AL hierdie krewe kan teruggooi voor hulle dood is nie? Dis net nie die moeite werd nie!” En die man antwoord: “Nee, ek kan nie AL die krewe red nie, maar aan hierdie een (wat hy optel en in die see gooi) en aan hierdie een en aan hierdie een maak dit ‘n verskil.”  Ek kan NOOIT ‘n verskil aan almal maak nie. En die verskil wat ek maak, maak seker nie eers ‘n rimpel op die dam nie. Maar as ek aan EEN ‘n verskil kan maak is dit die moeite werd. Een wie dalk ‘n EFFENS beter toekoms het omdat hy miskien op ‘n vroeë tyd in sy lewe geleer het van rooi en blou en geel. Of omdat hy geleer het om iemand in die oë te kyk as hy hom groet en met hom praat. Of hy het geleer dat HY IETS WERD is in ander mense en in God se oë. Of hy het dalk net geleer om ander mense te respekteer.  Of om die aarde te respekteer en nie rommel te strooi nie, en die rommel wat ander gestrooi het, op te tel. Of, die feit dat hy ‘n klomp liedjies ken en op die noot saamsing, gee hom ‘n voorsprong bo al die ander kinders in die skool wat dit nie kan doen nie. Of hy kry dalk ‘n ervaring wat hy nog nooit voorheen gekry het nie – ‘n “SENSE OF ACHIEVEMENT” omdat hy ‘n puzzle kon klaarpak. Of miskien is hy dalk eendag TROTS op sy werk, en juis daarom lewer hy ‘n BETER KWALITEIT werk, en kry hy juis daarom ‘n BETER SALARIS. Die belangrikste nog – as NET EEN van hulle die Here in sy hart aangeneem het, Hom leer ken het, DAN IS DIT BESLIS DIE MOEITE WERD!!! OOR EN OOR EN OOR!!!! En dalk, net dalk is hier iemand wat hier lees, wat nog nooit so iets gedoen het nie en lus kry om ook so iets te doen!?

Troutip: Bad vanaand saam by kerslig!! mmmmm…..

Advertisements

6 thoughts on “Is dit die moeite werd om met 8 plaaskinders te speel???

  1. Natuurlik is dit die moeite werd!! Gaan vra daardie kind eendag dan sal hy jou kan se. Dit is die moeite werd om met enige kind te speel….en moet dit nie onderskat nie. Al maak mens net vir een dag aan een persoon ‘n verskil is dit die moeite werd. Enige een wat al in ‘n krisis situasie was sal jou kan vertel watse verskil dit gemaak het omdat iemand omgegee het (soveel te meer as dit ‘n vreemdeling was wat nie hoef om te gegee het nie).

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s